HOOP en 'n paar skool-engele

2012-09-12 14:20

Angie Krynauw by van die leerders van Qhayiya Sekondêr.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Sekondêre Skool Mbilwi in Limpopo

Dié hoërskool in Sibasa naby Thohoyandou in einste Limpopo is ’n baken van gehalte-onderrig en ’n gesogte wiskunde- en wetenskapskool met honderde trofeë om sy sukses te bewys. Byvoorbeeld: In 2009 is die skool deur die Sunday Times as die top-wetenskapskool in Suid-Afrika aangewys – uit 100 toppresterende skole. Die skool was algeheel agtste in die land. Mbilwi se slaagsyfer is sedert 1997 amper elke jaar 100%, en sowat 93% van sy matrikulante kry universiteitstoelating.

Die skoolhoof, mnr. Nyambeni Cedrick Lidzhade, glo die skool se wenresep is dat hy sy leerders al in gr. 8 begin voorberei op matriek-vraestelle. Die skool bied ook ’n Saterdag- en Winterskool aan, sê hy, wat deur leerders van reg oor die provinsie bygewoon word. Te danke aan sy goeie naam is daar vanjaar 1 200 te veel leerders, maar die skool wil niemand wegwys nie.

Soos die oudskoolhoof, mnr. Nditsheni Ramugondo, in ’n tydskrifonderhoud gesê het, is die skool se ou-ou resep ’n wenner.

“Dit gaan alles oor harde werk en toewyding aan ons leerders. Ons het toegewyde personeel en ons almal het opofferinge gemaak sodat ons leerders goed kan doen.”

Die skool, wat tot in 2007 nie eens ’n laboratorium gehad het nie en jaarliks steeds, ondanks die armoede van sy gemeenskap, talle wiskunde-, taal- en wetenskappryse wen, is ’n voorbeeld vir enige ander skool van hoe dinge kán werk.

Loran Klaasen van Atlantis


Kyk maar ook na Saxonsea Primêr op Atlantis naby Kaapstad. Daar wys die skoolhoof, mnr. Loran Klaasen, trots die skool se hidroponika-projek, waar hulle onder meer blomkool, uie, beet, spinasie, olywe en broccoli kweek.

Dit gaan meestal na die skool se sopkombuis waaruit meer as 600 kinders elke dag ’n bord kos kry, maar word ook in die gemeenskap teruggeploeg. “Ons slaag baie goed daarin om ons leerders én hulle ouers se leef- en eetgewoontes te verander,” vertel Loran.

By die opslaanswembad waarin die skool sy chemiese plantvoeding aanmaak, beduie hy oor die skoolgrond na die vier groot kweekhuise, of “plastiektonnels”, soos hy dit noem. Dis baie spesifiek aangelê vir die plant van tamaties, wat binnekort weer sal begin. Loran en sy skool bedryf dié projek gedeeltelik as inkomste waarmee hulle die skool se provinsiale atlete geldelik bystaan, maar ook as deel van die skool se voedingskema.

“Ons leerders presteer op bykans alle gebiede – akademies, kultureel, sport. Ons is die bobaas-atletiekskool op Atlantis en omgewing. In 2011 was ons koor die provinsiale wenner vir primêre skole in die nasionale eisteddfod se Eie Keuse-afdeling.” Een van sy tienjarige leerders hou ook die nasionale rekord vir die 100 m-baanitem.

Die skool kry geen addisionele geld van die onderwysdepartement nie en het self gesorg dat daar ’n MIV-vigssentrum, ’n geletterdheids- en syfervaardigheidsentrum, asook pawiljoene en ’n gr. R-klaskamer aangebou word. Op elke denkbare skryfplekkie, selfs bo die trappe en agter die toilette, pryk idiome, woorde vir spelling en Afrikaanse sêgoed, asook raad oor sindelikheid.

Op die rugbyveld kom een van die seuns na Loran aangehardloop en gee hom spontaan ’n drukkie. “Ek gee om vir hulle, wie kan hulle nou wegwys?” sê hy.

Theo en Angie Krynauw van Hermanus


Nóg twee mense wat groot welslae met leerders in hulle gemeenskappe behaal, is Theo en Angie Krynauw van Hermanus.

Met die toestemming van die skoolhoof van Qhayiya Sekondêr, mnr. Nkosilungile Lolwana, bedryf die Krynauws vanuit hulle huis ’n Christelik-kulturele hawe vir leerders van dié hoërskool. Elke vierde week slaap ’n groepie van tien leerders oor.

Van die kinders deel tuis sinkhuisies met agt tot tien mense, wat sekerlik nie bevorderlik is vir skoolwerk nie. Die Krynauws neem die kinders na kunsgalerye, doen kelnerkursusse met hulle, eerstehulp, selfs selfverdediging en neem hulle vir besoeke na dokters en tandartse.

“Ons leer die kinders as jy na die beeld van die Skepper gemaak is, dan raak jy ’n mede-skepper, en só skep jy jou eie realiteit en toekoms. Ons leer hulle om te droom en ’n realistiese visie vir hulle lewe te kry,” verduidelik Theo.

Die gemeenskap is ook nou by hulle projekte betrokke. Die Krynauws het ’n geborgde Ford Figo en van hulle vriende – ’n dokter en tandarts – help die kinders met gratis konsultasies, terwyl hulle slegs vir medisyne hoef te betaal.

En een van die skool se trotsste oomblikke… toe mnr. Lolwana aan die begin van die jaar vir die kinders vertel die gemiddelde gr. 12-slaag-syfer is ná baie jare op van 32% na 66%.  

Martie Swanepoel van Parys


Op Parys in die Vrystaat “tussen ’n spul mielielande staan ’n reuse-Senwes-silo, en voor die silo is die skooltjie”.

Dis hoe Martie Swanepoel, vryskutjoernalis en onderwyseres, na die Weiveld Landbou- en Hotel-skool, sowat 30 km buite Parys, verwys. Sy het, toe sy die River Sisters-projek vir werklose vroue in die Tumahole-gemeenskap daar bedryf het, met baie van die swaarkry van die gemeen-skap en sy kinders te doen gekry.

“Daardie vroue het my geleer hoe moedeloos van die ma’s is as hulle as enkelma’s kinders moet grootmaak met min geld,” vertel sy.

Deesdae ploeg sy haar tyd en energie eerder in die skool self. Sy sien meer in haar leerders as net armoede.

Martie het onlangs haar hele groep na ’n tegno-ekspo in Bloemfontein geneem.

“Ek het hulle skaamteloos by al die stalletjies ingeprop waar hulle die meeste freebies kon kry. Ek het sommige uitstallers sommer blatant ingelig hulle beter my kinders bedérf, want van hulle het dit nie so breed nie.”

Maar die mooi verhaal van Weiveld, vertel sy, is dat die skool twee jaar agtereenvolgens matriekslaagsyfers van 96% en 94% behaal het… 

Nog goeie nuus

’N MENTORSKOOL

Hoërskool Westerford in Rondebosch, Kaapstad, is ’n paar jaar gelede deur die onderwysdepartement gevra om ’n nuwe skool te stig en te mentor. Die skoolhoof, Rob le Roux, en sy personeel het die geleentheid aangegryp en die Claremont Sekondêre Skool het in 2011 geopen. “Die Claremont-onderwysers gebruik dieselfde sillabusse as ons en woon ook ons vakkommitee-ver-gaderings by,” sê Rob. Claremont beoog om binnekort 500 leerders te hê. “Ons leerders is ook betrokke by die aanbieding van Claremont se buitemuurse aktiwiteite. Dié mentorstelsel werk uitstekend. Ons hoop dat die departement dit elders sal toepas,” benadruk Rob.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 15-23°C Sunny. Mild. Pta: 10-18°C Morning clouds. Mild.
Jhb: 8-14°C Morning clouds. Cool. Bfn: 9-19°C More sun than clouds. Mild.
Dbn: 14-22°C Morning clouds. Mild. PE: 12-24°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Drama- & liefdes-DVD’s – 2 vir R99

Moenie ons spesiale aanbiedinge van liefdes- en drama-DVD’s, wat jou ure voor jou skerm vasgenael sal hou, misloop nie. Die aanbod is geldig vir solank daar voorraad is. Koop nou.

Eksklusiewe spesiale aanbod op Wii U

Spaar R999 op hierdie wonderlike aanbod: Wii U 8GB-konsole, basiese pakket, + ’n bykomende stel + Nintendo Land. Nou net R4399.95. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Opruimingsuitverkoping! Spaar tot 60%

Besoek ons opruimingsuitverkopingwinkel vir asemrowende aanbiedinge en spaar tot 60%. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Witwarm winskopie van die week! Bespaar R2000 op die Samsung Galaxy SIII

Kry die Samsung Galaxy SIII vir slegs R4999.95. Dit is ontwerp vir die mens, maar geïnspireer deur die natuur. Word binne 24 uur versend. Terwyl voorraad hou. Koop nou!

Dan Brown’s se jongste roman, Inferno

In Dan Brown se nuwe roman, Inferno, is die Harvard-simboolkenner Robert Langdon weer aan die stuur van sake. Dit speel af in die hartjie van Europa, waar Langdon ingetrek word in ’n raaisel rondom een van die geskiedenis se oudste en geheimsinnigste literêre meesterwerke. Die langverwagte roman word vandeesweek uitgereik. Plaas jou bestelling nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.