Heilie se Pesto-broodrolletjies
2012-02-11 12:42
- Artikelopsies
- Deel
- Kry Rapport op
Pesto-broodrolletjies
Lewer omtrent 10 – 12
7 50 ml (3 k) witbroodmeel
5 ml (1 t) sout
5 ml (1 t) suiker
10 g (1 sakkie) kitsgis
omtrent 300 ml louwarm water
45 ml (3 e) pestosous
geklitste eier en 15 ml (1 e) melk vir glasering
1. Sif die meel en sout saam. Voeg die suiker en gis by.
2. Voeg genoeg louwarm water by droë bestanddele en meng tot ’n sagte deeg. Plaas deeg op ’n droë oppervlakte, liggies bestrooi met meel en knie vir 5 tot 10 minute of tot deeg glad en elasties is. Plaas in ’n liggies ge-oliede groot mengbak. Bedek en laat rys op ’n warm plek vir omtrent 20 minute of totdat dit verdubbel in grootte.
3. Knie deeg af totdat dit glad is. Rol dit dan uit in ’n reghoekige vorm van omtrent 24 x 36 cm.
4. Smeer pestosous oor deeg, maar los ’n rand oop van 1 cm breed. Rol dit styf op van die wye kant. Sny in skywe van 2 cm dik. Plaas rolletjies in ’n sirkelpatroon in ’n gesmeerde 23 cm- ronde los-bodem-koekpan. Bedek en laat rys op ’n warm plek vir sowat 15 minute of totdat dit verdubbel in grootte.
5. Borsel rolletjies met geklitste eier en melk. Bak vir 20 tot 25 minute in ’n voorverhitte oond teen 200 °C tot goudbruin. Los in pan vir ’n paar minute om effens af te koel voordat dit uitgekeer word. Trek rolletjies los van mekaar om te bedien.
