Heilie se hoender-paella
2012-01-28 13:36
- Artikelopsies
- Deel
- Kry Rapport op
Hoender-paella
Lewer 4 porsies
45 ml (3 e) olyfolie
600 g hoenderfilette
4 middelslag-tamaties, grofgekap
Omtrent 1 liter (4 k) hoenderaftreksel
3 ml (½ t) fyn paprika
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
saffraan
300 g (1½ k) wit rys
410 g-blik botterbone
410 g-blik groenbone, gedreineer
30 ml gekapte vars tiemie of 10 ml droë
Metode
1. Verhit die olie in ’n groot paella- of plat pan. Sny die hoender in kleiner stukke en braai tot goudbruin.
2. Voeg die tamatie, hoenderaftreksel, paprika en geurmiddels by. Voeg ’n paar stukkies saffraan in ’n bietjie warm water en voeg die water met die saffraan by die gereg. Kook oor matige hitte vir omtrent 10 minute.
3. Voeg die rys by en prut vir omtrent 20 minute of tot die rys sag is. Roer aanhoudend gedurende die gaarmaak. Voeg nog aftreksel by indien nodig.
4. Voeg die bone en tiemie by en verhit vir ’n paar minute. Bedien warm.
Variasie
Vervang die geblikte groenbone met vars groenbone.

www.foodstylist.co.za
heiliep@mweb.co.za