Heilie se panna cotta
2012-02-04 14:43
- Artikelopsies
- Deel
- Kry Rapport op
Panna cotta
Lewer omtrent 6 porsies
25 ml (5t) gelatien
80 ml (1/3 k) water
750 ml (3 k) vars room
125 ml (½ k) melk
125 ml (½ k) suiker
8 ml vanieljegeursel of 1 vanieljepeul, in lengte deurgesny
Aarbeisous
250 ml (1 k) water
250 ml (1 k) suiker
250 g vars aarbeie, verpulp
10 ml (2 t) mielieblom
1. Sprinkel die gelatien oor die water en laat vir ’n paar minute staan. Plaas oor warm water en laat oplos tot glad en deurskynend.
2. Verhit die room, melk en suiker in ’n swaarboomkastrol. As die suiker opgelos is, verwyder van hitte en voeg die vanieljegeursel by. (As ’n vanieljepeul gebruik word, skraap die saadjies van die peul uit en voeg die saadjies en peul by.) Bedek en laat trek vir 30 minute. Verwyder die peul, maak weer effens warm.
3. Giet die gelatien by die warm melkmengsel en roer deur. Verdeel die mengsel in koppies of bakkies, wat met water uitgespoel is. Plaas in die yskas vir minstens 4 uur of tot geset.
4. Aarbeisous: Verhit die water en suiker in ’n swaarboomkastrol en roer totdat die suiker opgelos is. Kook vir omtrent 5 minute. Voeg verpulpte aarbeie by en prut vir ’n paar minute. Los mielieblom op in ’n bietjie water, voeg by aarbeisous, roer deur en prut verder vir omtrent 3 minute of totdat sous verdik. Verwyder van hitte en laat afkoel.
5. Gebruik die punt van ’n mes om die panna cotta effens los te maak. Keer uit op ’n opdienbord. Giet aarbeisous oor en sit voor.
Wenk
Indien tyd beperk is om dit te laat set, sit dit voor in glasies. Dan hoef dit nie uitgekeer te word nie.

www.foodstylist.co.za
heiliep@mweb.co.za