Herman se pavlova-roomys

2012-09-12 14:20

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

BEDIEN 10

BEREIDINGSTYD 30 minute

GAARMAAKTYD 45 minute

Dis mos deesdae groot mode om jou huis vir een aand te omskep in ’n opskiet-restaurant – die Engelse praat van ’n pop up-restaurant. Alles draai om ’n tema.

Van hoe jou gaste moet aantrek tot die kos wat jy voorsit, en selfs wat die aand se vermaak gaan wees.

Ek gaan dit dié somer vir die eerste keer probeer, met ’n outydse fliek-aand in my tuin. Op die spyskaart is kos wat jy alles sommer so kuier-kuier met die hand kan eet. En nagereg is geen uitsondering nie: pavlova-roomyshorinkies wat elke gas self aanmekaar kan slaan. Sit groot bakke met meringues, roomyshorinkies en roomys op die tafel.

*Koop die Oktober-uitgawe van Sarie vir die res van Herman se spyskaart vir ’n lekker fliek-aand by jou huis. Nog resepte op www.sarie.com.

Pavlova-roomys


4 eierwitte
320 g strooisuiker
20 ml witasyn
15 ml mielieblom
5 ml vanieljegeursel
pienk koskleursel
10 wafel-roomyshorinkies
1 liter roomys van jou keuse

1 Verhit die oond tot 140 oC.
2 Gooi die eierwitte in ’n skoon mengbak en klits op hoë spoed tot sagte punte vorm – so twee tot drie minute. Gooi dan die strooisuiker lepel vir lepel by terwyl die menger loop. Hou aan klits vir nog vyf tot agt minute tot die mengsel blink en styf is.
3 Voeg die asyn, mielieblom, vanieljegeursel en koskleursel by en meng dit deur.
4 Voer ’n bakplaat met bakpapier uit en spuit goed met kleefwerende kossproei. Skep die meringue-mengsel in ’n spuitsak met ’n 1,5 cm-riffelrandtuit. Spuit die helfte van die mengsel in plat sirkels van sowat 2 cm in deursnee en die ander helfte in rosette van 2 cm in deursnee en so 2 cm hoog.
5 Bak vir 30 tot 35 minute tot die buitekant bros is, maar die binnekant nog malvalekker-agtig.
6 Skep ’n bol roomys in elke horinkie, sit ’n plat meringue bo-op, dan nog ’n bol roomys en rond af met ’n meringue-roset. Sit dadelik voor. 

Wenk: Jy kan die meringues die dag voor die tyd bak. Bêre dit in ’n lugdigte houer tot jy dit gaan gebruik.

Roomys en wyn?

Blink gedagte! Die wynplaas Clos Malverne buite Stellenbosch bied nou roomys-en-wynproeë. Hoe klink wortelkoekroomys en pinotage, of appelliefie-en-macadamianeutroomys saam met ’n gehoute chardonnay?
www.closmalverne.co.za

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 16-22°C Sunny. Mild. Pta: 9-21°C Morning clouds. Mild.
Jhb: 8-16°C Afternoon clouds. Cool. Bfn: 7-20°C Morning clouds. Mild.
Dbn: 15-26°C Morning clouds. Mild. PE: 13-25°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Drama- & liefdes-DVD’s – 2 vir R99

Moenie ons spesiale aanbiedinge van liefdes- en drama-DVD’s, wat jou ure voor jou skerm vasgenael sal hou, misloop nie. Die aanbod is geldig vir solank daar voorraad is. Koop nou.

Eksklusiewe spesiale aanbod op Wii U

Spaar R999 op hierdie wonderlike aanbod: Wii U 8GB-konsole, basiese pakket, + ’n bykomende stel + Nintendo Land. Nou net R4399.95. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Opruimingsuitverkoping! Spaar tot 60%

Besoek ons opruimingsuitverkopingwinkel vir asemrowende aanbiedinge en spaar tot 60%. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Witwarm winskopie van die week! Bespaar R2000 op die Samsung Galaxy SIII

Kry die Samsung Galaxy SIII vir slegs R4999.95. Dit is ontwerp vir die mens, maar geïnspireer deur die natuur. Word binne 24 uur versend. Terwyl voorraad hou. Koop nou!

Dan Brown’s se jongste roman, Inferno

In Dan Brown se nuwe roman, Inferno, is die Harvard-simboolkenner Robert Langdon weer aan die stuur van sake. Dit speel af in die hartjie van Europa, waar Langdon ingetrek word in ’n raaisel rondom een van die geskiedenis se oudste en geheimsinnigste literêre meesterwerke. Die langverwagte roman word vandeesweek uitgereik. Plaas jou bestelling nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.