Hou dit in die familie

2012-09-21 11:19

Lesersfoto’s Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Dit klink soos een van daardie stories-met-’n stertjie… jy kry ’n oproep: “Hi, ek is jou aangenome niggie wat jy nog nooit ontmoet het nie. Kan ek by jou kom bly?”

Dit was verlede jaar. Vandag is Garry van Vuuren (33), broer van die akteur-komediant Rob van Vuuren, oftewel Corné van Corné en Twakkie-faam, en die negentienjarige Paige MacMahon ’n musieksensasie.

Net ’n paar weke gelede nog het die twee hulle eklektiese mengsel van akoestiese soul, reggae, funk en rock voor klein gehore in plaaslike klubs en kroeë opgetower. Toe hoor ’n musiek-grootbaas hulle en bied hulle ’n kontrak vir vier albums aan. En dit onder die internasionale Universal-vaandel!

“Ek kan dit nog nie glo nie,” sê Garry.

Paige is net ná matriek saam met haar beste vriendin, Kassie Paschke, Kaap toe. Hulle het in Kaapstad se woelige Langstraat in ’n rugsak-lodge slaapplek gekry en Paige het werk gekry in ’n plaaslike musiekwinkel. Maar hulle geld sou nie lank hou nie. Dis toe dat Paige van haar onbekende “neef” onthou…

Op Garry se uitnodiging is die twee met die trein na Vishoek – Paige in ’n pienk rok, tas in die een hand, kitaar in die ander.

“Net toe Garry by die stasie opdaag, waai ’n rukwind my rok tot bokant my ore op. Maar hy’t my nie eens gehelp nie. Hy’t net oë gehad vir my vriendin!” Garry sê dis nie heeltemal wat gebeur het nie: “Ek was nog besig om uit te werk watter een van julle my niggie was!”

Sy niggie was Paige. Onthou nou die naam – Paige Mac. Want dis ’n naam wat sing…

HAAR storie is een van plaaskind tot die musiekliggies van die stad. Paige is as ’n baba deur die MacMahon-familie aangeneem en sy het grootgeword op hulle beesplaas in KwaZulu-Natal. Sy’t nooit formele musiekopleiding gehad nie, maar op ’n dag, toe sy net nege was, het sy haar aangenome ouer broer Ryan se kitaar opgetel.

“Ek was gefassineerd,” vertel sy. “Die oomblik toe ek die kitaar vashou, het ek gevoel dit hoort in my hande. Dit was asof die snare ’n verlenging van myself was, al het dit nie so geklink toe ek die eerste keer probeer speel het nie!”

As skoolkind het sy haarself leer speel en het dikwels musiek gebruik om haar gevoelens uit te druk.

“Paige is gelukkig om so ’n wonderlike uitlaatklep vir haar emosies te hê,” sê Garry byna vaderlik. “Sy’t ’n stem wat jou agtervolg, ’n moeitelose stem. Almal het probleme in die lewe, maar nie baie mense het die vermoë om negatiewe ondervindings in ’n positiewe boodskap om te sit soos sy nie.”

Haar aangenome ma is oorlede toe Paige net nege jaar oud was, en sy het haar natuurlike talent om liedjies te kan skryf gebruik as ’n manier om haar hartseer te verwerk.

“Ek het ’n donker binnestryd, maar ek vind inspirasie oral om my,” sê sy oor haar vermoë om aangrypende lirieke te skryf.

Haar inspirasie kom onder andere van Adele, Amy Winehouse, Nina Simone, Michael Kiwanuka en Nat King Cole.

Daar is duidelik ’n sterk band tussen Garry en Paige – sy’s die kunssinnige jongeling met die blink oë en ’n wenner se glimlag; hy die beskermende ouer “broer” met die grootste respek vir haar musikale talent, wat hom oor haar ontferm het.

“Toe ek haar daai eerste slag met die kitaar sien, het ek gedink ‘Wow! Dis interessant.’ ”

Garry, ’n enkelloper wat as wildbewaarder opgelei is, het toevallig ’n heeltydse loopbaan in musiek maak opgegee om saam met sy ma in hotelbemarking te gaan.

Tog het nuuskierigheid hom en Paige gedryf om te begin note uitruil.

“Dit was aanvanklik moeilik,” erken Garry. “Veral om die skuif te maak van harde rock na musiek waaragter jy nie kan wegkruip nie, nie tegnies of emosioneel nie. Die emosionele element was vir my die moeilikste om te begryp. Dit het baie sielsondersoek geverg – en toe snap ek dit.”

En met dié het die twee musiekmakers, met verskillende agtergrond en styl, mekaar gevind.

Paige stem saam: “Dit was nie so lekker toe ons die eerste keer saam gespeel het nie. Maar toe ons stilbly en die musiek laat praat, het wonderlike goed begin gebeur.”

Ná ’n goeie ontvangs in die gewilde Purple Turtle by Groentemarkplein in Kaapstad is hulle gevra om vir die Johannesburgse groep Son of a 1000 te open by ’n konsert in Augustus verlede jaar.

“Ons was baie senuweeagtig, maar het dit gedoen,” sê Garry. Daarna het die twee ’n demo met vyf snitte in net een dag opgeneem en dit op soundcloud.com gelaai om die reaksie te toets. Terselfdertyd het ’n plaaslike musiek-entoesias ’n YouTube-video van Paige gesien en dit ge-Facebook aan die musiek-ghoeroe Benjy Mudie van Universal Music.

“Jy kon my met ’n veertjie omtik,” sê Benjy. “Ek het my hande agter my kop gesit, my weggeskop van my lessenaar af en met oë toe net geluister. Dis nie aldag dat jy iets so rou en perfek, met soveel aanklank oor verskillende genres heen, hoor nie.”

Hy het sy kollega Ross Collum, grootbaas van Universal in Engeland, gekontak.

Collum het al gesorg vir albums van groot name soos Paul McCartney, Enya en Björk. Wat daarna gebeur het, beskryf Garry steeds as “ondenkbaar”.

“Benjy en Ross was in my sitkamer in Vishoek terwyl ons (die groep het intussen ook ’n tromspeler, Giorgio Laporta, bygekry) vir hulle speel! En agterna het Ross teen die muur geleun en gesê: ‘Julle het geen idee watter soort album ons vir julle kan maak nie… julle gaan gróót wees’.”

Die uiteinde? The Paige Mac Band se eerste kortspeler word in Oktober uitgereik en sal optree as ’n lusmaker vir die debuutalbum, wat in die eerste helfte van 2013 op die rakke sal wees. En Garry en Kassie gaan uit!

Wat meer kan ’n mens sê? Behalwe om die laaste woord aan Paige oor te laat: “Ek skryf vir myself en ek sing soos ek voel.”

Op 19.

Kry hulle hier

Kyk www.youtube.com/paigemacband
facebook www.facebook.com/
paigemacband
webwerf www.paigemac.com
twitter @paigemacband

Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 13-16°C Showers late. Afternoon clouds. Cool. Pta: 4-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 6-18°C Sunny. Mild. Bfn: 2-22°C Sunny. Mild.
Dbn: 8-24°C Sunny. Mild. PE: 10-26°C Morning clouds. Pleasantly warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Tablet Asus Nexus 7'' 3G met 32GB nou R1 999

Kry die Nexus 7”-tablet met Wifi & 3G vir slegs R1 999 en bespaar R500! Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Plaas ’n voorafbestelling vir die Xbox One

Die vermaaksentrum wat jou alles-in-een bied – regstreekse TV, flieks, sosiale netwerke en speletjies. Plaas jou voorafbestelling nou!

Tot 50% afslag op haarsorgprodukte!

Bespaar tot 50% op professionele haarsorgprodukte by kalahari.com. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Nuwe e-boeke beskikbaar!

Maak jou gereed vir ’n lekker leeservaring wat e-boeke insluit soos Good Morning, Mr Mandela; Laaste dans, Drienie; Die brug na Haven en nog baie meer. Koop nou!

Hisense Infinity Prime-slimfoon

Bespaar R1 000 op die Hisense Infinity Prime 1-slimfoon. Nou R1 999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!