JONG TALENT: Filmregisseur Adam Heyns

2012-08-29 10:42

Foto: Celeste Muller

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Op 16-jarige ouderdom het sy eerste TV-reeks al op DStv gewys. Tog sien Adam homself as ’n underdog. En hy hou daarvan.

Met die byderwetse stywe kortbroek en fedora op sy kop lyk hy pure hipster. Maar jy sal jou lelik misgis as jy hom as net nóg ’n pretensieuse 23-jarige Pretorianer wil brandmerk.

Adam Heyns, kleinseun van prof. Johan Heyns (destydse moderator van die NG Kerk wat in 1994 in ’n sluipmoord gesterf het), is immers een van daardie ouens wat oor ’n seldsame gawe beskik: die vermoë om lekker nonsens te praat – én dan daardie idees tot ’n eindproduk deur te voer. In 2011 was hy die wenner van drie verskillende kortfliekkompetisies en sy jongste kortfliek is pas aangewys as finalis by kykNET se Silwerskerm-fees.

Oor dié projek sê Adam: “Like my Profile is ’n riller. Die reklamereël is: ‘Die enigste ou sonder Facebook kry ’n friend request van homself.’ Dis snaaks, onheilspellend en vinnig. Ek wil nie té veel daaroor uitlap nie.

“Daar was meer as 600 inskrywings, waarvan net 11 befondsing gekry het. ’n Kortfilm is ’n baie duur besigheidskaartjie en ek is baie dankbaar kykNET en NuMetro betaal daarvoor. Ek het al té veel flieks met my eie geld (en my ouers s’n!) gemaak. Nouvanaand Films het ook ’n droom-produksiespan aanmekaargesit – ek vertrou almal ten volle.”

Nouvanaand Films, die produksiemaatskappy wat hy saam met vriende begin het, is egter nie die enigste projek waarmee hy sy hande vol het nie. Onder TheAvantgods het Adam saam met die kunstenaar Michael Stopforth die satiriese kortfilm Fokofpolisiekar van Pretoria gemaak – ’n draakstekery met die regte Fokofpolisiekar waarin Adam en Michael probeer om die naam van dié bekende groep vir hulleself toe te eien. Dié stukkie skreeusnaakse parodie het soos ’n veldbrand op die internet versprei.

“En dan is daar die Die Pretoria Film Sosatie – iets wat ek en Christiaan Pretorius begin het met die hoop om die nog-nie-bestaande filmbedryf in Pretoria aan die gang te skop.”

Is meewerking met ander kreatiewe siele dus iets wat noodsaaklik is vir die skeppingsproses? “Ja, ek skryf komedie die heel maklikste in ’n groep. As ons begin lag, weet ons dis goed. Wanneer ek aan ’n nuwe storie werk, toets ek dit graag op vreemdelinge. As ek sien ek verloor iemand se aandag, jok ek iets by – dikwels word daardie leuens deel van my stories.”

Vir Adam het sy passie vir fliekmaak reeds op Hoërskool Menlopark begin. “In graad 10 het ek en twee vriende kort video’s begin maak. Dit was nog voor YouTube en ons het dit op CD’s en hardeskywe landwyd versprei. MK het ons gekontak en ’n kort TV-reeks aangebied. Die komedie-reeks, FOPtv, is uitgesaai en ons familie en vriende het daarin gespeel. Dit was maar lame, maar ons het soos rock stars gevoel.”

Ná skool het Adam BA aan die Universiteit van Pretoria gaan swot met Frans, Filosofie en Drama- en Filmkunde as hoofvakke. Maar al kan hy vier tale vlot praat, verkies hy om in Afrikaans te werk.

“Ek skryf die gemaklikste in Afrikaans. Ek het al flieks in Frans, Engels en Afrikaans gemaak. Party stories werk beter in sekere tale. Hel, Afrikaans is cool, dis soos ’n bende-taal aan die punt van Afrika.”

En met sulke bendeleiers lyk die toekoms van die Afrikaanse filmbedryf inderdaad opwindend. 

Kyk na Adam se kortfilms op be.net/adamheyns, nouvanaand.co.za en onder “avantgods” op YouTube.com.

Wie inspireer jou?
Ek hou van die Amerikaanse filmmakers Christopher Nolan, Charlie Kauffman en David Fincher. Verder kry ek inspirasie van mooi meisies en kunstenaars soos Banksy.

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 13-21°C Sunny. Mild. Pta: 12-24°C Mostly sunny. Mild.
Jhb: 11-19°C Mostly sunny. Mild. Bfn: 5-22°C More sun than clouds. Mild.
Dbn: 17-24°C Haze. Mild. PE: 12-20°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.