JONG TALENT: Jade De Waal

2012-07-24 12:53

Foto: Jan Ras

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Ek’s altyd vuur en vlam,” sê die borrellende Jade de Waal tydens die onderhoud en fotosessie by haar ouerhuis in Tuine, Kaapstad.

Ons het haar leer ken in die werklikheidsreeks vir aspirantsjefs MasterChef South Africa as die posi-tiewe meisie met die unieke uitrustings… en vreemde aksent.

“Ja, ek wonder soms self oor die aksent, maar ek dink dis  omdat ek tussen verskillende kulture groot-geword het – van Xhosa tot Mexikaans,” sê die 21-jarige finalejaarstudent skouerophalend.

Jade het die toptien van die realiteitsreeks gehaal.

“MasterChef is een van my beste memories ooit – van die  oomblik toe ek die inskrywingsvorm voltooi het tot my grootste  flop. Dit sal my energie gee vir die res van my lewe…”

Jade se ander groot liefde is haar saxofoon en om jazz te speel. Sy het op skool begin saxofoon speel en behoort nou aan die musiekgroep The Little Giants. “Dis ’n projek vir jongmense tussen die ouder-dom van  15 en 24 van Langa, Delft, Rondebosch, oraloor en ons speel Suid-Afrikaanse musiek. ’n Hele nuwe wêreld het vir my oopgegaan met dié groep.”

Nadat sy in 2008 aan die Hoërskool Jan van Riebeeck gematrikuleer het, het Jade besluit om ’n alge-mene BA-graad  aan die Universiteit Stellenbosch te studeer. “Daar het ek by  Darryl Walters, ’n pro-fessor in saxofoon, ekstra lesse geneem.”

Dis toe dat sy besef het sy móét eenvoudig jazz studeer. “Ek was een aand by my ouers en ek het re-gop gesit in die bed  en vir hulle gesê: ‘Ek wil regtig graag jazz swot,’ neergeslaan in die bed en ges-laap,” sy demonstreer die “neerslaan” en lag.

“Hulle sal dit nooit vergeet nie.”

Haar familielede is haar steunpilare. “Hulle is awesome. Dis so cool, want ons is almal so verskillend – my ma, Doreen, is ’n eiendomsontwikkelaar, my pa, Meyer, is ’n prokureur, my ouer broer, Uno, is ’n sosialemedia-strateeg en my sussie, Olivia, is op hoërskool. En almal gee vir mekaar spasie om te doen wat hulle wil.”

Jade het in 2010 geskuif na die Universiteit van Kaapstad en haar BA-graad voortgesit met Frans en jazz-studies as hoofvakke.

“Ek het baie gedink oor wat my eintlike groot liefde is – kos of saxofoon – en tydens MasterChef besef as ek nie die een aan die gang hou nie, gaan die ander een dood. En dan verloor ek my vuur.”

Intussen is Jade se Food Jams, waar ’n groep mense by haar ouerhuis bymekaarkom en almal saam kook en eet, steeds aan die gang en sy doen ook kort internetvideo’s vir eenvoudige geregte.

Sy en haar tannie, die kosskrywer Sonia Cabano, se kookboek, Luscious Vegetarian, word einde vanjaar uitgereik. Haar groot droom nou is om saam met Jamie Oliver te werk. “Ek het vir hom ’n brief geskryf met my planne. Ek het natuurlik nog nie van hom gehoor nie. Maar ek wíl by hom leer.”

En soos ons haar leer ken het, begelei sy seker vir Jamie binnekort in die kombuis op haar saxofoon…  

Wie’s jou gunsteling-MasterChef-deelnemer?

Ek’s baie lief vir Khaya. Ons het groot vriende geword en al het sy uitgeval, is sy steeds my wenner.

Die finale episode van MasterChef SA word Dinsdagaand om 19:30 op M-Net uitgesaai.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 14-19°C More sun than clouds. Mild. Pta: 9-22°C Sunny. Mild.
Jhb: 9-18°C Sunny. Mild. Bfn: 4-21°C Sunny. Mild.
Dbn: 13-26°C Sunny. Mild. PE: 16-21°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.