Jan Taks en Vader Jakob

2012-11-11 23:03

Al maande lank droom ek drome en sien ek gesigte van alles wat ek met Jan Taks se terugbetaling aan my gaan doen.

Maar dit bly net by wensdenkery, want ek is ’n administrasofoob. Stel papierwerk uit tot die kalf én haar ma in die put spartel. Nou is “Liewe Jan” se spertyd vir die indien van belastingopgawes my nagmerrie.

Ek sit drie weke verlof in om stelselmatig – met goeie rusposes tussenin – kaste en laaie op te ruim. Só sal ek al die verlore papiere en strokies vind. Maar my kritieke uitstelsindroom laat my eers elke briefie, skryfding en uitknipsel deurlees.

Jan Taks kom neuk weer tussenin.

Aangename kennis, sê ek vir hom, o, rentmeester wat my duisende skuld! Ek is nou-nou by jou… net eers hierdie ou notaboekies deurgaan om te kyk watter kan waai. Die notas oor moord, misdaad, aantygings en ontkennings, smart en vreugde, bewaring, boerdery en vrek lekker menseverhale lees soos ’n klomp onvoltooide kortverhale.

Op ’n omgevoude bladsy kry ek Albert Japhta se woorde: “Ons is sonder geld gebore. Misdaad kom van sukkel.”

Dis al jare terug, maar ek sien hom nog daar sit met sy halwe witbrood by Graaff-Reinet se stadsaal.

“Mense is nie stout gebore nie, maar sukkel bring hongerte, en niemand is die master van hongerte nie. Ek wil werk. Maar dis net sekere mense wat binnefit en ons fit mos nie in nie.”

My dink gooi draaie deur die geskiedenis. Wanneer die armes se fit te tight raak, kom daar opstand, revolusie of burgeroorlog. Die gevaarlikste mens is die een wat niks meer het om te verloor nie – en kwaad is daaroor.

’n Kindertydse liedjie kom draal in my kop: “Vader Jakob, Vader Jakob, slaap jy nog… ”

Toe vul ek my belastingvorm in…  

Mariska Spoormaker is ’n joernalis van die Oos-Kaap.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 14-23°C Sunny. Mild. Pta: 10-19°C Afternoon clouds. Mild.
Jhb: 8-15°C More sun than clouds. Cool. Bfn: 9-20°C More sun than clouds. Mild.
Dbn: 14-23°C Sunny. Mild. PE: 12-24°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Drama- & liefdes-DVD’s – 2 vir R99

Moenie ons spesiale aanbiedinge van liefdes- en drama-DVD’s, wat jou ure voor jou skerm vasgenael sal hou, misloop nie. Die aanbod is geldig vir solank daar voorraad is. Koop nou.

Eksklusiewe spesiale aanbod op Wii U

Spaar R999 op hierdie wonderlike aanbod: Wii U 8GB-konsole, basiese pakket, + ’n bykomende stel + Nintendo Land. Nou net R4399.95. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Opruimingsuitverkoping! Spaar tot 60%

Besoek ons opruimingsuitverkopingwinkel vir asemrowende aanbiedinge en spaar tot 60%. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Witwarm winskopie van die week! Bespaar R2000 op die Samsung Galaxy SIII

Kry die Samsung Galaxy SIII vir slegs R4999.95. Dit is ontwerp vir die mens, maar geïnspireer deur die natuur. Word binne 24 uur versend. Terwyl voorraad hou. Koop nou!

Dan Brown’s se jongste roman, Inferno

In Dan Brown se nuwe roman, Inferno, is die Harvard-simboolkenner Robert Langdon weer aan die stuur van sake. Dit speel af in die hartjie van Europa, waar Langdon ingetrek word in ’n raaisel rondom een van die geskiedenis se oudste en geheimsinnigste literêre meesterwerke. Die langverwagte roman word vandeesweek uitgereik. Plaas jou bestelling nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.