Jong talent: Digter Loftus Marais

2012-09-20 14:08

Lesersfoto’s Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Ondanks sy indrukwekkende CV is Loftus Marais (30) nie een van daardie gemaak diep digters wat met ’n pen in die hand gebore is nie. Op skool het dié Paarlse mannetjie eerder oor die fliekbedryf gedroom.

“Toe sê my ma, dis reg, sy sal betaal vir filmskool, maar eers moet ek ’n graad kry.” En dis hier, by die Universiteit Stellenbosch, waar die literatuur hom beetgekry het – danksy ’n BA in taal en kultuur en ’n honneursgraad in Engels.

“Dis waar ek besef het die digkuns is nie net ’n ambag nie, dis ’n soort ingesteld-heid, ’n manier van kyk en dink en voel. En dit was vir my wonderlik, die wete dat jy daardie gevoel kan kweek en kan versorg.”

Daarna is hy tog wel filmskool toe. “Maar twee maande by AFDA in Kaapstad en ek het geweet dis nie vir my nie. Ek het op ’n dag uit die klas in Observatory opgestaan, oor die pad geloop en vir Marlene van Niekerk (van die departement Afrikaans en Nederlands by die US) gaan bel om te vra kan ek asseblief my meesters in Afrikaans by haar kom doen? Ek moes vir haar ’n voice mail los van ’n treurige tiekieboks af. Is daar enigiets meer tragies as dit?” spot hy.

Maar hy is gekeur, het sy graad met lof geslaag en kort daarna as reklame-beampte by NB-uitgewers begin werk. In 2008 het sy debuutbundel, Staan in die algemeen nader aan vensters, die rakke getref – en al wat literêre prys is, gewen. Loftus lyk steeds effens verbaas oor dié reaksie. “Kyk, die vorige prys wat ek gewen het, was in standerd drie vir die beste vordering in tennis!”

En toe skielik kom al hierdie lof – plus ’n hele klomp prysgeld.

“Ek het nie vreeslik planne gehad vir die geld nie. Maar ná ’n ruk het ek besluit ek wil ’n blaaskans neem om te skryf, en ook om soveel te reis en te lees as wat ek wil.” Hy het uit sy werk bedank en vir twee jaar net dít gedoen – Londen, Amsterdam, New York. En natuurlik geskryf. 

Sy tweede bundel val in die kategorie van sogenaamde “stedelike verse” en fokus op Kaapstad, sy mense en plekke en buie. Dit kry reeds lof.

En wat is volgende? “Ek sal altyd aanhou skryf, maar vir eers soek ek werk.

Ná twee jaar van rondreis, wil ek graag weer ’n mediese fonds hê!”

Hy is min gepla dat party mense dink poësie is akademies en onverstaanbaar.

“Poësie is nie almal se ding nie, maar dis oukei. Mense is gewoond aan taal wat funksioneel moet wees, en ’n gedig werk nie so nie. Dis eintlik presies die teenoorgestelde van ’n SMS. Poësie is eintlik net ’n moerse gekompliseerde manier van op jou eie sit en mompel… ”

Ondanks dié nederige uitkyk is hy opgewonde oor die Afrikaanse digkuns soos dit nou lyk. “Ek voel goed oor kontemporêre Afrikaanse poësie. Daar is soveel opwindende goed wat gebeur. Dit voel asof ek deel is van iets groots.” 

*Loftus neem van 20 September deel aan die Open Book Festival in Kaapstad en sal onder andere met Alan Hollinghurst gesels. openbookfestival.co.za

Wat lees jy, meneer die digter, vir ontspanning?

As ek wil afskakel, lees ek slegte wetenskapfiksie of fantasie. Niks verfris die vermoeide siel soos ’n ontploffende ruimteskip of ’n apprentice magician wat met wolwe kan praat nie…

Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 12-16°C Showers early. More sun than clouds. Cool. Pta: 8-20°C Sunny. Mild.
Jhb: 5-14°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 0-13°C Sunny. Cool.
Dbn: 11-21°C More sun than clouds. Cool. PE: 11-17°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Kry tot 25% afslag op die 25 gewildste media-produkte!

Bespaar tot 25% op die jongste topverkopers van boeke, flieks, speletjies en musiek. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar R700 op die Hisense LED TV

Kry die Hisense 32” HD LED TV vir slegs R2499. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Nuwe musiek-CD’s & DVD’s teen R99 elk

Kry gewilde nuwe musiek-CD’s en DVD’s teen R99 elk. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Soos gesien op TV – Nuwe boeke teen slegs R199 elk

Kry besparings wat jou kop sal wegblaas op nuwe boektitels. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar tot 40% op modetoebehore

Bespaar tot 40% op uitgesoekte handsakke, beursies, horlosies, juwele en nog baie meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar tot R2000 op die gewildste elektroniese ware

Kry elke dag besparings wat jou kop sal wegblaas op die gewildste elektroniese ware. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!