Jong talent: Grafiese ontwerpstudent - Adri le Roux

2012-08-01 13:37

Sy’t nog altyd gewonder hoe dit sal wees om die grafika van ’n vliegtuig te ontwerp en nou pryk Adri se wenskets op niks minder nie as SAL se Olimpiese vliegtuig.

Adri le Roux vertrek vandeesweek Londen toe op die Suid-Afrikaanse Lugredery (SAL) se Airbus A340-300-vliegtuig wat ons Olimpiese en Paralimpiese spanne Londen toe vervoer. En die kleurryke skets op dié vliegtuig is háár handewerk.

Adri se skets is uit byna 400 inskrywings as wenner gekies van SAL se nasionale kompetisie op soek na die beste skets vir hulle Olimpiese vliegtuig.

Toe ons kort voor haar vertrek gesels, was dié 21-jarige eerstejaarstudent in visuele kommunikasie-ontwerp aan die Universiteit Stellenbosch, in ekstase.

Sy’t maar net ’n paar weke gelede die goeie nuus gekry en boonop uitgevind sy wen as deel van haar prys ’n reis na die Olimpiese Spele!

“Die feit dat ek my passie kan gebruik om my land te verteenwoordig gee vir my die grootste bevrediging. Ek’s dol oor kuns en ek’s dol daaroor om ’n Suid-Afrikaner te wees en dié vliegtuig is ’n viering van albei,” vertel sy.

Adri is ’n oopkop, dinamiese meisie wat in Bellville, Kaapstad, grootgeword het in ’n huis met ’n dowe gesin: Sowel haar ma, Karin, pa, André, en ouer broer, Nathaniel, is doof.

“Ek was die enigste horende persoon in die huis totdat my jonger boetie, Benjamin, gebore is toe ek vyf was. Ek was ’n stil kind en het daarvan gehou om myself besig te hou met enigiets kreatiefs. Ek het ’n ooraktiewe verbeelding gehad.”

Sy’t haar tekentalent by haar ma geërf, vertel sy.

“Sy’s ’n briljante illustreerder en as kind het ek altyd probeer om nes sy te teken, totdat ek my eie styl ontwikkel het.”

Adri was een middag in Mei op pad huis toe van klas af toe sy oor die radio van die kompetisie hoor.

“Dit het dadelik my aandag getrek. Ek was van die eerste oomblik af opgewonde en het net geweet ek moet inskryf. Ek het vir ’n week of twee tydens my eksamen oor die ontwerp gedink en daarna navorsing gedoen oor watter sportsoorte ek wil uitbeeld. Ek het vir ’n dag of twee net verf op ’n bladsy rondgegooi om beweging vas te vang en toe ’n paar figure gekrabbel. Daarna het ek vir ’n hele dag, aand en oggend gesit en die volle ontwerp op ’n bladsy geverf.”

Haar wenontwerp gaan oor lewendigheid en beweging, vertel sy.

“Dis kleurryk en vloeiend. Ek wou iets skep wat baie mooi in die lug sal lyk, daarom het ek die kleure van die landsvlag gebruik om vyf sterk strepe te skep wat dwarsoor die vliegtuig gaan. Toe het ek verskillende sportmanne- en vroue geteken wat binne én saam met die strepe beweeg.

“My skets gaan oor spoed en uitnemendheid en terselfdertyd ’n ontploffing van kleur en energie. Ek hoop dit dra van die passie wat die Suid-Afrikaanse sportmanne- en vroue vir hulle sport het, oor.”

Adri was in Botswana op ’n gemeenskapsuitreikprogram toe SAL haar kontak oor die prys. Hulle het haar na Johannesburg gevlieg vir die seremonie. “Ek het eers uitgevind ek het gewen toe ek daar aankom. Ek het gedink ek’s net ’n finalis. My beste vriendin, Candace Warner, was saam met my. Ons het mekaar gedruk en ’n bietjie geskree! Dit was baie lekker om ’n oorpak aan te trek, ’n masker op te sit en ’n streep verf op die vliegtuig te spuit om die prys te vier.”

Adri kon as deel van haar prys iemand saamnooi Londen toe en het haar kêrel, Clayton Nel, gekies, want volgens haar is niemand so entoesiasties oor haar kuns soos hy nie.

Dis ook Adri se eerste besoek aan Londen. “Ek wil ’n klomp plekke sien, soos die London Eye, die Big Ben, Trafalgar-plein, Westminster Abbey, Buckhingham-paleis. En om die atlete in aksie te sien. My gunsteling-deel van die Spele is altyd die gimnastiek.”

Ná die Spele is dit terug universiteit toe en Adri het reeds ’n paar toekomsplanne.

“Ek hoop om ’n beurs te kry sodat ek my studies in 2015 kan voltooi, waarna ek vir ’n paar jaar as ’n webontwerper of grafiese ontwerper wil werk. My droom is egter om as ’n illustreerder in my eie ateljee by die huis te werk én om te reis. En die reisdroom is reeds besig om waar te word…” 

Volg Adri se werk op haar blog by  adrileroux.wordpress.com.

Watter Olimpiese atleet wil jy graag ontmoet?
O, Oscar Pistorius. Hy’s fenomenaal! ’n Mens kan sien hy weet hoe om homself te motiveer en te druk, ongeag wat die wêreld dink, en ek bewonder dit.

binne rapport

Weer
Ksd: 12-16°C High level clouds. Cool. Pta: 2-20°C Sunny. Mild.
Jhb: 2-14°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: -3-15°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 8-23°C Sunny. Mild. PE: 13-16°C More sun than clouds. Cool.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Sales Consultants

Johannesburg
New East Consulting Services (Pty) Ltd
R5 500 - R28 000 Per Month

Sales Representative - Automation

Cape Town
Headcount Personnel
R8 000 - R12 000 Per Month

Hotel IT Manager

Cape Town
Headcount Personnel

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Kry tot 25% afslag op die 25 gewildste media-produkte!

Bespaar tot 25% op die jongste topverkopers van boeke, flieks, speletjies en musiek. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar R700 op die Hisense LED TV

Kry die Hisense 32” HD LED TV vir slegs R2499. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Nuwe musiek-CD’s & DVD’s teen R99 elk

Kry gewilde nuwe musiek-CD’s en DVD’s teen R99 elk. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Soos gesien op TV – Nuwe boeke teen slegs R199 elk

Kry besparings wat jou kop sal wegblaas op nuwe boektitels. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar tot 40% op modetoebehore

Bespaar tot 40% op uitgesoekte handsakke, beursies, horlosies, juwele en nog baie meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar tot R2000 op die gewildste elektroniese ware

Kry elke dag besparings wat jou kop sal wegblaas op die gewildste elektroniese ware. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!