Jong talent: Motiveringspreker Vicki Fourie

2012-07-14 16:02

Vicki skrik nie maklik vir ’n uitdaging nie. Dié 23-jarige Bloemfonteinse skoonheid moes haarself al telkemale moed inpraat en nou’s daar vir haar niks lekkerder as om ander mense te motiveer nie.

Vicki is in 2009 as Mej. Dowe SA gekroon en was eerste prinses by die 2010 Mej. Dowe Internasionaal-kompetisie. Sedertdien kan sy nie voorbly met motiveringspraatjies nie.

Haar outobiografie, Viva La Vicki!, is onlangs uitgereik en sy skryf gereeld rubrieke – sy het ’n twee jaar lange skryfkuns-kursus van Amerika oor die internet voltooi.

“Ek was in 2010 op die televisieprogram Kwêla en ’n uur ná die uitsending het ek ’n e-pos van Naledi Boeke gekry wat gesê het: ‘Skryf ’n boek oor jou lewe!’ Ek is so dankbaar vir hulle. Vandag kan ek met trots sê my boek is geskryf en dis net die eerste van vele.”

Vicki se ouers, Gerhard en Bonita, by wie sy tans op ’n kleinhoewe buite Bloemfontein woon, het toe sy twee jaar oud was, uitgevind sy het 97% gehoorverlies.

“Die keuses wat my ouers gemaak het oor my lewe het my toekoms geweldig beïnvloed. Hulle het my gevat na Carel du Toit, ’n voorbereidingskool vir dowes in Bellville, Kaapstad. Daar het ek geleer hoe om te praat en te liplees. My ouers moes elke dag met my sit en my leer om te praat. Toe ek ses was, het hulle my in ’n Engelse skool, die Lifestyle Christian Academy op Worcester, gesit. Ek het toe al vlot Afrikaans gepraat soos ’n horende. Die laaste twee jaar van skool het ek home schooling in Bloemfontein gedoen en in 2007 gematrikuleer in Engels én Afrikaans. “Ek’s veral dankbaar my ouers het my gedruk om in die horende wêreld te funksioneer. Nou is die hele wêreld vir my oop.”

Vicki was nie altyd so borrelend en positief nie. Sy was op hoërskool in ’n skietongeluk en wou in ’n stadium selfmoord pleeg. “Ek’s op 14 per ongeluk deur die skouer geskiet. Ek en my skoolvriende was op ’n wildsplaas en die een meisie wou ’n jaggeweer vashou terwyl ons ’n groepfoto neem. Dit het per ongeluk afgegaan en my in my linkerskouer getref. Ek het uiter-aard niks gehoor nie, dit net gevoel; trouens, niemand wou my eers glo toe ek sê ek’s geskiet nie…

“Ek het soveel waardevolle lesse uit dié traumatiese ervaring geleer, soos om mense te vergewe, hoe om verwerping te verwerk en hoe om te kies om positief te wees. Ek het by die Here uitgekom en my siening oor die lewe het drasties verander. Ek is so dankbaar ek het nie destyds selfmoord gepleeg nie. My nuuskierigheid oor die lewe het my gered.”

Vicki wil nog baie bereik en sy fokus nou net op die posi-tiewe. “Ek wil graag betrokke raak in die film- en televisie-bedryf – as aktrise, televisie-aanbieder en draaiboekskrywer. En ja, daar ís tye wat ek uitgesluit voel. Ek kan byvoorbeeld nie op die foon praat en gaan fliek nie. Maar ek pas aan. Ek sal SMS of e-pos en ek neem ’n DVD uit met onderskrifte.

“Ons is almal survivors met nog sterker survival skills. Ons kán leer om die beste van ons situasies te maak.”  

Lees Vicki se blog by www.vickifourie.blogspot.com.

Kontak haar by vicki@247mail.co.za vir motiveringspraatjies.

Wat laat jou glimlag?
Diere! Ek het ’n pragtige wit kat, Ally. Ons het ook ’n Great Dane, Sasha, ’n Jack Russell, Nala, en twee hoenders vir wie ek elke oggend kos gee. Ek sal so graag eendag ’n plaas wil hê…

BOEKBONUS
Vyf My Tyd-lesers kan elk ’n eksemplaar gratis kry. E-pos die woord VICKI in die onderwerpveld, jou naam, kontaknommer en posadres vóór 23 Julie 2012 aan mytyd@newmediapub.co.za.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 10-17°C Partly cloudy. Cool. Pta: 6-20°C Sunny. Mild.
Jhb: 4-16°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 2-18°C Sunny. Mild.
Dbn: 9-24°C Sunny. Mild. PE: 11-18°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Aquarius Suites - Blouberg Strand, Cape Town

Spend 2 nights for R2 710 per person sharing at Aquarius Suites - Blouberg. The special includes accommodation, return flights, airport taxes, car rental and local travel insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Winskopie van die week – kry tot 60% afslag!!

Kry tot 60% afslag op DVD’s, Blu-rays, speletjies en musiek dié week by kalahari.com. Aanbod geldig tot 23 Junie solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Leapster GS Explorer + gratis speletjie

Ervaar al die vinnige aksie, nou met ’n nuwe opwindende ontwerp, wat volgepak is met opvoedkundige elemente vir kinders en kry ’n gratis speletjie. Koop nou!

Asus VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm

Bespaar R1000 op Asus se VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm, dubbelkernverwerker, Windows 8, 2GB RAM en 500GB se bergingsruimte. Afgelewer binne 24 uur + gratis aflewering. Koop nou!

Ashes-krieket 2013

Kry die amptelike video-speletjie van die 2013 Ashes-krieketreeks. Beskikbaar vir Wii U, PS3, Xbox & PC. Vandeesweek beskikbaar. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.