Jy ruik vir my so…

2012-07-24 12:53

Ek lees in Philadelphia in die VSA is verlede maand ’n wetenskaplike studie gepubliseer waarin bewys is dat mense mekaar se ouderdom kan ruik.

Blykbaar het dié wetenskaplikes mense van verskillende ouderdomme ’n paar aande met sponsies in hul onderarmholtes laat slaap. Daarna is die sponsies langs mekaar in ’n laboratorium uitgepak en ’n tweede groep mense wat daaraan kom ruik het, moes raai watter sponsie was in die deurleefde kieliebak van ’n ouer persoon en watter was in die hormoonbelaaide oksels van ’n jonger proefkonyn.

Die meeste mense het reg geraai, en nou is dit ’n wetenskaplik bewese feit dat ou en jong mense verskillend ruik.

Dit verras my natuurlik glad nie, want sedert ek die verkeerde kant van 35 getref het, raak ek soms soggens wakker en dan voel dit so half asof ’n ou man iewers by my in die vertrek geslaap het. Ek het eers gedink dit is die hond op haar matrassie langs my bed, maar toe ek met vakansie gaan, tel ek steeds daardie iets op wat herinner aan die naklank van Old Spice en die leersitplekke van ’n ou bakkie wat in die son gestaan het.

Veral jonger mense snuffel dit uit, kom ek agter. Ek sou byvoorbeeld dink ek lyk glad nie na die eerste fase van middeljarig¬heid nie. Maar beweeg ek deesdae op plekke waar mense van iets in die twintig hulle bevind, tree hulle onverklaarbaar op asof daar ’n grootmens in hul geselskap is.

Jong mans vloek nie meer so baie voor my nie. ’n Meisie op Tukkies se kampus het my die ander dag “oom” genoem. Dit kan nie my voorkoms wees wat my weggee nie. Ek blameer daai dêm oumensreuk.

Die Philadelphiërs se studie bevat darem troos. Die mense wat aan die sponsies moes ruik, moes ook sê watter ouderdomsgroep se perspirasie is die sagste op die neus. Die wenners? Mense tussen 75 en 95.

So, ek hoef net die volgende 40 jaar lank die ouderdom met naskeermiddel te verdoesel. Daarna sal ek régtig oud wees, maar niemand se neus sal dit optel nie.  

Johannes de Villiers is ’n redaksielid van Rapport en ’n skrywer.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 16-22°C Sunny. Mild. Pta: 9-21°C Morning clouds. Mild.
Jhb: 8-16°C Afternoon clouds. Cool. Bfn: 7-20°C Morning clouds. Mild.
Dbn: 15-26°C Morning clouds. Mild. PE: 13-25°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Drama- & liefdes-DVD’s – 2 vir R99

Moenie ons spesiale aanbiedinge van liefdes- en drama-DVD’s, wat jou ure voor jou skerm vasgenael sal hou, misloop nie. Die aanbod is geldig vir solank daar voorraad is. Koop nou.

Eksklusiewe spesiale aanbod op Wii U

Spaar R999 op hierdie wonderlike aanbod: Wii U 8GB-konsole, basiese pakket, + ’n bykomende stel + Nintendo Land. Nou net R4399.95. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Opruimingsuitverkoping! Spaar tot 60%

Besoek ons opruimingsuitverkopingwinkel vir asemrowende aanbiedinge en spaar tot 60%. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Witwarm winskopie van die week! Bespaar R2000 op die Samsung Galaxy SIII

Kry die Samsung Galaxy SIII vir slegs R4999.95. Dit is ontwerp vir die mens, maar geïnspireer deur die natuur. Word binne 24 uur versend. Terwyl voorraad hou. Koop nou!

Dan Brown’s se jongste roman, Inferno

In Dan Brown se nuwe roman, Inferno, is die Harvard-simboolkenner Robert Langdon weer aan die stuur van sake. Dit speel af in die hartjie van Europa, waar Langdon ingetrek word in ’n raaisel rondom een van die geskiedenis se oudste en geheimsinnigste literêre meesterwerke. Die langverwagte roman word vandeesweek uitgereik. Plaas jou bestelling nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.