KANTLYN: Die kat kom weer

2012-08-01 13:15

Ander skrywers het my al vertel dat hulle soms sukkel met die swart hond van depressie. Dat hulle daardie dae kry wanneer die woorde net nie wil kom nie.

Ek het nie ’n swart hond van depressie wat my keer om te skryf nie. Ek het ’n swart kat. Letterlik. Minky.

Soos die spreekwoordelike swart hond, keer Minky my as ek wil skryf. Is dit dalk professionele jaloesie? Het sy iets teen literatuur?

Ek sal ure lank worstel met ’n sekere gedagte en dan, die oomblik wanneer ek vlam vat en op volle spoed begin tik, daag Minky op. Met ’n ligte purr-miaau-klankie kondig sy haarself aan. Met ’n verleidelike swaai van haar lyf spring sy bo-op my lesse¬naar en begin haarself teen my skuur.

Sy wil saamspeel op die klawerbord. Sy wil deel wees van die kreatiewe proses. Sy wil hê ek moet haar streel met die een hand terwyl ek tik met die ander hand.
Sy kom staan wyds¬been bo-oor my koppie koffie en dreig om dit om te stamp op my notas.

Elke keer wanneer ek haar aftel van my lessenaar en neersit op die vloer sodat ek verder kan skryf, spring sy weer op. Dan stap sy heen en weer met haar groot swart lyf tussen my en die skerm, sodat ek my nek moet rek om verby haar te probeer kyk.

Wanneer sy klaar haar lope geloop het, gaan lê sy… ALTYD bo-op my MUIS! En as ’n kat eers haar lê gekry het op ’n muis, LÊ sy!

Laat ander skrywers maar aangaan oor hulle depressie en writer’s block en hulle muses en goed. Ek het ’n regte probleem. En dis nie ’n probleem wat sommer gaan verdwyn nie. Dis ’n probleem wat weer en weer gaan terugkom…  

Koos Kombuis is ’n sanger, skrywer en digter.


Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
6 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 13-16°C Numerous showers. Afternoon clouds. Cool. Pta: 4-20°C Sunny. Mild.
Jhb: 4-13°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 0-9°C Sunny. Cool.
Dbn: 13-19°C More sun than clouds. Cool. PE: 10-18°C Rain showers. Afternoon clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Tablet Asus Nexus 7'' 3G met 32GB nou R1 999

Kry die Nexus 7”-tablet met Wifi & 3G vir slegs R1 999 en bespaar R500! Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Plaas ’n voorafbestelling vir die Xbox One

Die vermaaksentrum wat jou alles-in-een bied – regstreekse TV, flieks, sosiale netwerke en speletjies. Plaas jou voorafbestelling nou!

Tot 50% afslag op haarsorgprodukte!

Bespaar tot 50% op professionele haarsorgprodukte by kalahari.com. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Nuwe e-boeke beskikbaar!

Maak jou gereed vir ’n lekker leeservaring wat e-boeke insluit soos Good Morning, Mr Mandela; Laaste dans, Drienie; Die brug na Haven en nog baie meer. Koop nou!

Hisense Infinity Prime-slimfoon

Bespaar R1 000 op die Hisense Infinity Prime 1-slimfoon. Nou R1 999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!