Kantlyn: Busboerboel vannie Baai

2012-08-22 13:57

Die Baaise “Busboerboel” wat Oos-Kapenaars onlangs nog laat regop sit het van verbasing was ’n wonderlike hond met uitsonderlike talente.

Nee, hy het nie soos my oorle’ ouma se boerboel, Tsjaka, my broer as kannetjie aan die binneboud gebyt nie. Inteendeel, dié boerboel het nóg byt nóg blaf gehad. Hy was pure sjarme.

Verbeel jou egter jy is ’n busbestuurder en skielik is daar g’n passasier agter jou nie. Net ’n onbekende roesbruin boerboel. Jy skrik dat jou bloedsomloop na jou ore afgesny word. Daarna word jou ore koud en slaan toe.

Nou werk jou balans nie meer so lekker nie.

Jy gooi die bus amper om. Rem dat ’n swaar reuk van brandende bande in die lug hang. Trap die deur met albei skoenhakke oop. Spring uit om sover moontlik van die bus af te land.

Beland met albei hande in ’n doringbos en word begroet met beesdorings in jou hande. Hardloop die Wille Weste in. Kyk terug en sien stomverbaas hoe rustig die boerboel na jou staar vanuit die bus. Nou loop jy met ’n helse skuldgevoel dog versigtig terug.

Einde Junie het Busboerboel dié bynaam gekry toe hy sonder ’n buskaartjie op ’n bus geklim het. Dit nadat al die passasiers afgeklim het. Ná ’n 15 km-rit is Busboerboel in die sorg van die DBV geplaas.

Sy baas het egter nooit opgedaag om hom op te eis nie. Ná weke se nuusberigte en GESOEK-kennisgewings was dié vriendelike hond steeds “wees”.

Treur en eensaamheid het seker sy immuniteit laat afneem, want bosluiskoors het sy organe aangeval. En gewen. En al is Busboerboel vandag op ’n plek waar geen trauma of dieremishandeling toegelaat  word nie, is die trane nog maar vlak daar by Nelson Mandela-baai se busterminus.  

Jason Lloyd is ’n joernalis, boekemens en rubriekskrywer.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 15-24°C More sun than clouds. Mild. Pta: 10-22°C Sunny. Mild.
Jhb: 8-18°C Sunny. Mild. Bfn: 6-21°C Sunny. Mild.
Dbn: 14-26°C Sunny. Mild. PE: 13-22°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Python Developer

Sandton
Communicate Cape Town Engineering
R250000 - R300000

Java Developer

Sandton
Communicate Cape Town Engineering
R60000 - R62000

Senior Business Analyst

Sandton
Communicate Cape Town Engineering
Market Related

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Robo Fish – die troeteldier wat jy moet hê

Robo Fish is die nuutste witwarm speelding! Dit is ongelooflik hoe dit aanskakel sodra dit onderwater is en begin swem. Kry joune nou en kyk hoe jou vis lewendig word. So lewensgetrou die kat sal nie eens die verskil kan sien nie. Plaas jou voorafbestelling nou!

Sylvia Day’s Entwined with You - beskikbaar 31 Mei 2013

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Disney-versameling beskikbaar op DVD - 2 vir R99

Is jou kinders gek oor Disney? Hierdie is die aanbod net vir jou – kies enige 2 van jou gunstelingtitels vir net R99. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.