Kantlyn: Die naelstring van Groot Geluk

2012-05-05 15:20

Dan (70) en Johnny (76) lyk nie juis soos twee ouens met groot geluk aan hulle kant nie. Maar hulle het.

Dan lyk ’n bietjie soos P.W. Botha en die tatoeëermerk op Johnny se arm is só gebleik dat jy jou oë op skrefies moet trek om dit te ontsyfer. Maar, in die geheel beskou, lyk hulle soos ’n mens sou kon verwag van twee kranige gholfspelers wat op Hermanus kom aftree het.

En wie is hierdie joernalis oorkant hulle? Wat hulle uitvra oor hulle “groot geluk¬skoot”? Waar pas hy in? Ook hulle is nie seker nie.

“Hoe het dit gevoel?” vra die joernalis op meer as een geleentheid aan Johnny in ’n onderhoud buite die gholfklubhuis. “Hoe voel dit om elkeen ’n kolhou te behaal – en dit boonop tydens dieselfde toernooi?”

Die joernalis verklaar hy is self geen gholfspeler nie en Dan en Johnny kyk met beleefde verveling na mekaar.

“Gholf is soos geen ander balspel nie,” verklaar Dan uiteindelik. “Die bal is staties. Jy gebruik nie die bal se momentum soos in ander sportsoorte nie.”

Die joernalis sit vir ’n oomblik en wag vir die stelling om te rol en te val soos ’n la-a-a-ng suksesvolle sethou.

“Maar hoe voel dit om kolhoue te behaal tydens dieselfde toernooi – boonop by dieselfde gaatjie?” vra die joernalis weer.

Hy wil weet of hulle dalk ’n onsigbare naelstring van geluk deel en verbeel hom hoe dié Dan en Johhny hulle pensioentrekkerrondes op hierdie sjarmante kusdorp doen met tussen hulle die buigsaam maar onbreekbare naelstring van Groot Geluk.

Die soort naelstring wat maak dat twee ou mans iewers in Januarie odds van 32 000:1 kon klop tydens ’n potjie gholf met vriende.

Die tipe naelstring wat hulle nou onbepaald bind, wat verstrengel sou kon raak om lamppale en selfs fietsryers onthoof as Dan en Johhny nie hulle bewegings voortaan baie mooi beplan nie.

Maar die joernalis vra liefs nie daaroor uit nie.  

Le Roux Schoeman is ’n video-joernalis by Media24.



Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 13-21°C Sunny. Mild. Pta: 10-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 11-19°C Mostly sunny. Mild. Bfn: 5-22°C More sun than clouds. Mild.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 12-20°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Procurement Manager

Goodwood
Emanate Recruitment Solutions
R600000 - R800000

Sales Representatives

Gauteng
Quantum Recruitment
Market Related

Financial Manager

Cape Town CBD
Emanate Recruitment Solutions
R500000 - R600000

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.