Klein wonders

2012-10-21 14:52

Soos ’n kind hom vergaap aan ’n karnaval, staan ek soms vasgevang in die oomblik as klein wonderlikhede onverwags tussen die alledaagse opduik.

Ek wil dit meestal vir myself hou, want vertel jy daarvan, neem dit straks die betowering uit die herinneringe.

Maar hier is drie van hulle…

Onlangs, op pad na Rustenburg, verskyn ’n sukkelende bakkie voor my. Kans vir verbysteek is min, dus karring ek maar saam. En toe, sommer so onverwags, spoeg die blou bakseil ’n engelwit veertjie uit. ’n Rukkie daarna glip nog enetjie uit onder die seil. Toe nog een en nog een…

En skielik is dit lekker om agter die voortploe-te-rende gevaarte te ry en na die vere te kyk.

’n Ander keer beland ek in spitsverkeer in Bloemfontein. (Ja, lag maar.)

Die werksdag se probleme talm nog in my gedagtes toe ek dit sien, hier reg op die sperstreep in die pad: ’n opblaas-swembadseemonster oortrek met helderkleurige kolle. Daar sit hy met ’n vrolike wyebek-glimlag en kyk vir almal wat verbykom.

’n Laaste een: Op pad na ’n restaurant wag ek een aand by ’n verkeerslig. Meteens dartel ’n hand vol blou en geel ballonne verby, en kort op hulle hakke volg ’n motoroppasser. Sy glimjas is los en waai oor sy gesig, maar hy is vasberade om die ballonne te vang.

Die verkeerslig is naderhand groen, maar al die motors wag vir hom. By tye trap hy ligvoet soos ’n danser, dan weer lyk dit of hy op die maan loop, of hy tel sy knieë hoog op voor sy gebukkende lyf.

Surrealisties mooi in die gloed van die stadsligte. ’n Klein wonderlikheid wat ’n mens so maklik kan miskyk.  

Fanie Viljoen skryf kinder- en jeugverhale. Sy tiener-roman
Leeus met letsels het pas verskyn.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 11-17°C High level clouds. Cool. Pta: 6-20°C Sunny. Mild.
Jhb: 4-17°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 3-18°C Sunny. Mild.
Dbn: 11-24°C Sunny. Mild. PE: 10-18°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Aquarius Suites - Blouberg Strand, Cape Town

Spend 2 nights for R2 710 per person sharing at Aquarius Suites - Blouberg. The special includes accommodation, return flights, airport taxes, car rental and local travel insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Winskopie van die week – kry tot 60% afslag!!

Kry tot 60% afslag op DVD’s, Blu-rays, speletjies en musiek dié week by kalahari.com. Aanbod geldig tot 23 Junie solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Leapster GS Explorer + gratis speletjie

Ervaar al die vinnige aksie, nou met ’n nuwe opwindende ontwerp, wat volgepak is met opvoedkundige elemente vir kinders en kry ’n gratis speletjie. Koop nou!

Asus VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm

Bespaar R1000 op Asus se VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm, dubbelkernverwerker, Windows 8, 2GB RAM en 500GB se bergingsruimte. Afgelewer binne 24 uur + gratis aflewering. Koop nou!

Ashes-krieket 2013

Kry die amptelike video-speletjie van die 2013 Ashes-krieketreeks. Beskikbaar vir Wii U, PS3, Xbox & PC. Vandeesweek beskikbaar. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.