Kortpad met ’n ompad

2012-10-17 14:12

Wil jy weet hoe die ander helfte van hierdie land elke dag op genade oorleef? Ry taxi.

Jy kyk met nuwe respek – byna ootmoed – na die mense wat met strak gesigte agter venters sit en hulle lot verduur.

Met die trein se gang tussen die noorde en die kus deesdae so ongereeld soos sirkus op die platteland, besluit ek om taxi te ry.

Ongeveer 240 kilometer na Port Elizabeth.

’n Vinnige heen-en-weer.

Kwart voor vier die nag kom stotter ’n enjin onsamehangend voor die hek.

’n Assistent stoei die deur oop, korrel by ’n spikkeltjie selfoonlig my naam op die agterkant van ’n sigaretdosie raak.

“Met dié skedonk?” wil ek met gedempte stem by my reisgenoot weet.

“Nee,” stel sy gerus, “dié een neem ons na die sentrale staanplek.”

Dáár verruil ons dit vir beter Japannese gerief. Maar ’n kilometer verder, ’n uur later, wag agt van ons met ’n ander bestuurder langs die hoofpad. Die mannetjie agter die stuur: geboë hoof en ’n hoody. Bid seker, dink ek, ons is in goeie hande!

’n Passasier is ongeduldig: “Hoekom wag ons?”

“Vir die driver,” mompel hy.

Ek kyk na hom, besef dat die kop-onderstebo-gesprek nie na Bo is nie, maar ’n tegnologiese uitreik na sy Mxit-medemens.

Uiteindelik… die driver! Hardhorend, sy selfoon lui vergeefs.

Ons ry. Ek maak oë toe, sluimer. Dink aan die digter Vincent Oliphant: “die E-20 gee vet/tot anderkant die wet.”

Skielik voel ek die effe swaai, die hard¬horende driver wat luid boontoe roep. Sien toe wáár ons is: Langs ’n vragmotor, blinde hoogte, die hoofligte van ’n aankomende motor ongemaklik naby.

Hy maak dit net-net. Ons ry in stilte verder.

En tóé lyk die landskap anders – word die kyk ’n blik van genade, die rit ’n reis met wawyd oop oë…  

Clinton V. du Plessis is ’n rekenmeester en skrywer van Cradock.


Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 12-18°C Morning clouds. Mild. Pta: 4-21°C Sunny. Mild.
Jhb: 4-16°C Sunny. Cool. Bfn: -2-17°C Sunny. Mild.
Dbn: 8-21°C More sun than clouds. Cool. PE: 11-17°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Tablet Asus Nexus 7'' 3G met 32GB nou R1 999

Kry die Nexus 7”-tablet met Wifi & 3G vir slegs R1 999 en bespaar R500! Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Plaas ’n voorafbestelling vir die Xbox One

Die vermaaksentrum wat jou alles-in-een bied – regstreekse TV, flieks, sosiale netwerke en speletjies. Plaas jou voorafbestelling nou!

Tot 50% afslag op haarsorgprodukte!

Bespaar tot 50% op professionele haarsorgprodukte by kalahari.com. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Nuwe e-boeke beskikbaar!

Maak jou gereed vir ’n lekker leeservaring wat e-boeke insluit soos Good Morning, Mr Mandela; Laaste dans, Drienie; Die brug na Haven en nog baie meer. Koop nou!

Hisense Infinity Prime-slimfoon

Bespaar R1 000 op die Hisense Infinity Prime 1-slimfoon. Nou R1 999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!