Kortverhaal: Die dankbaarheid van Barney Milford

2013-01-05 23:21

Die vlooi tussen Barney Milford se linkerduim en wysvinger weier om op te hou kriewel. Die bron van die pes, naamlik Barney se buurvrou se kat, Feltus, staan met sy bene effe wydgestrek en sy boud senuweeagtig ingeknyp op ’n staaltafel in die teater van dr. H.S. Niemand, professionele jagter en noodveearts, 25 Desember 1997. Barney is aanspreeklik vir die dier se versorging. Sy buurvrou ?is by familie.

Feltus het vanoggend, oorval deur ’n vlaag katlike nuuskierigheid en ’n verbysterende honger, hom misgis met die grootte van ’n ligpienk Lego-blokkie, bedek met ’n smeersel harde tamatiesous afkomstig van ’n hot dog in die hand van Elveline September (Linden Heights 29A), vier jaar oud en verwonderd oor die meervoudige effek wanneer ’n mens volspoed met jou driewiel oor ’n akkedis ry terwyl jy jou hot dog eet.

Nou staan dr. H.S. Niemand en wikkel ’n nr. 2- stainless steel-tangetjie in die bek van ’n onbekende kat, ingebring deur ’n man wat lyk soos Demis Roussos, en wat duidelik iets in sy linkerhand agter sy rug wegsteek.

Barney Milford bedoel nie kwaad nie. Hy het bloot in ’n oomblik van besondere kognitiewe paraatheid, toegeskryf aan sy getroue daaglikse dosis vitamien A, ’n vlooi in die harige vlaktes van Feltus se pels gewaar. Met onverbeterlike koördinasie het hy die gediertetjie opgepik en nou staan hy met sy linkerhand agter sy rug omdat hy nie wis wat om met die produk van sy heldedaad te maak nie.

Dr. H.S. Niemand sukkel. Die kat weier om stil te staan, onbewus van die lewensgevaarlike lokasie van die speelding in ?sy keel en die toenemende waarskynlikheid van ’n noodoperasie op Kersdag, uitgevoer deur ’n man wat veel eerder by die huis wil wees.

Barney Milford het geen idee hoe baie hy en dr. H.S. Niemand op hierdie oomblik gemeen het nie. Barney sou ook op hierdie Kersdag êrens anders wou wees. Miskien met vakansie. Verkieslik naby die see, in ’n restaurant met matte en klein glasblompotjies, elkeen gevul met ’n enkele krisant. Hy sou graag wou dink dat hy belangriker dinge het om te doen as om met ’n kat in ’n teater te sit, ’n kat waaraan hy, behalwe nou vandag, nog nooit eens geraak het nie. Hy sou graag wou trifle eet in ’n regte huis met ’n tuin en nie in ’n eenmanwoonstel op die derde verdieping wat uitkyk op nog eenmanwoonstelle nie, vloere een tot ses.

Hierdie dinge dink Barney terwyl hy homself deurgaans herinner om die vlooi nie te hard vas te druk nie.

Barney Milford word, te midde van ’n belofte aan homself dat hy nooit weer ’n feesgety alleen sal deurbring nie, uit sy gedagtes weggeruk deur ’n byna epileptiese kat en ’n noodkreet uit die mond van dr. H.S. Niemand.

Dit pas glad nie by Barney Milford se feesgety-gedagtes nie.

Gryp! gil die veearts.

Barney Milford frons.

Aan die nek, man! Gryp hom aan die nek!

Barney Milford weet nie wat om te doen nie. Red hy die kat, verloor hy die vlooi. Red hy die vlooi, vermoor hy die kat. Dis in hierdie oomblik, 12:45 nm., Kersdag 1997, dat Barney Milford, aangedryf deur ’n vier en dertig jaar lange stryd tussen sy talmende passiwiteit en sy begeerte om dié toestand te oorkom, se lyf oorgaan tot aksie. Met sy regterhand gryp hy die kat agter die nek, met sy linkerhand sit hy die vlooi terug op die kat se rug.

Die kat hik. Dr. H.S. Niemand kyk bewonderend na sy reghoekige pienk trofee, tamatiesous steeds hard op die hoeke. Barney Milford sug. Hy weet nie hoekom nie. Hy vul drie vorms in. Hy kry ’n plastiek-instrument, wat lyk soos ’n oorgrote paperclip, as geskenk. Volgens dr. H. S. Niemand knyp ’n mens dit aan jou kat se tandepastabuisie om te verseker dat jy nie ’n milligram mors nie.

Toe sê Barney Milford dankie, baie dankie.

* Alida Eloff was die naaswenner in NB Uitgewers se eerste kortverhaalwedstryd. Haar verhaal, “Wentzel”, verskyn in die bundel Nuwe stories 2012. (Tafelberg, R140)


 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 14-19°C More sun than clouds. Mild. Pta: 9-22°C Sunny. Mild.
Jhb: 9-18°C Sunny. Mild. Bfn: 4-21°C Sunny. Mild.
Dbn: 13-26°C Sunny. Mild. PE: 16-21°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.