Kortverhaal: Leentjie van Vergelegen

2012-12-29 20:14

ILLUSTRASIE: JACQUES STRAUSS

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Dis baie eenvoudig. Sewe sakke perlemoen, bestemming Hong Kong via Mowbray. Groot geld vir Daylin, Fidel en LaFontyn. Daylin se suster, die nursie, het die uniforms en ambulans georganise.

Hermanus kan Oukersaand met een minder ambulans.

Daylin se sussie reken hulle lyk soos die real thing.

Die perlemoensakke onder ’n ambulanskombers lyk soos ’n moerse vet pasiënt.

“Lekker festive season,” glimlag Fidel. Hy mission die ambulans verby Hawston.

Sirene oopgetrek. Bie-ba-bie-ba teen die bult af. Die Arrabella se Krismisliggies blink in die lagoon.

Fidel vloek.

Blou ligte flits net voor die brug oor die Botrivier-brug aankom.

Ongeluk.

Fidel swaai die ambulans skuins langs die cops tot stilstand.

LaFontyn kriewel. Hulle was seker van ’n oop pad tot by die Chinks in Mowbray. Die aand voor Krismis.

Daylin en LaFontyn spring uit om te hoor wat aan die gang is.

Behalwe die cops se wa is daar net die een kar langs die pad.

Weird, dink Fidel. Daar’s net een kar langs die cops s’n.

 ’n Vrou sit met een been by die oop agterdeur uit.

Daylin hardloop terug.

Fidel hoor die deur agter hom oopgaan.

Pregnant vrou,” skree Daylin. “Kar is fucked-up.”

Jy trek my ketting, dink Fidel.

Daylin vou die sakke perlemoen in die kombers toe. Gooi dit in ’n hoekie.

Fidel draai terug, staar deur die venster na Daylin en LaFontyn wat aangaan asof hulle die genuine article is.

Die vrou kry haar lê op die ambulansbed.

Daylin en LaFontyn stoot dit terug. Kry die bed by die ambulans in sonder probleme.

Hy hoor LaFontyn vir Daylin sê: “Sit jy by haar. Jy’t jou suster al gehelp.”

LaFontyn slaat die deur toe en skielik is hy terug, langs Fidel.

“Move,” skreeu Daylin.

Fidel swing terug in die verkeer in.

Hy skakel alles aan wat kan. Ligte, siren.

“Wat stink so?” vra die vrou aan Daylin.

“Shurrup!” Daylin gee plenty houding.

Hy bel sy suster.

Fidel en LaFontyn hoor hom instruksies vra.

Daylin vra: “Jou water al gebreek?”

“Nee.”

“Nee,” skree hy in die foon.

Daylin se suster is besig om mentals te kry.

“Ek vra haar,” sê Daylin. Hy rig hom tot die vrou: “Hoekom het julle nie Hermanus se hospitaal toe gegaan nie?”

“My bed is in Vergelegen op Somerset-Wes bespreek.”

“Jy van Hawston?”

“Somerset-Wes. Ons was by familie, toe kramp ek.”

Fidel sit voet neer teen die Houwhoek-pas uit.

“Hoekom het haar man agtergebly?” vra hy vir LaFontyn.

“Bang sy kar word gesteel.”

Fidel hoor hoe die vrou begin kreun.

By Houwhoek is sy en Daylin ewe histeries aan die praat.

Daylin slaan weer die mobile na sy suster.

“Kry ’n plek om te parkeer!” skree hy vir Fidel.

Fidel slaan uit van die sweet.

Hy hou net aan met ry.

“Fokkit Fidel!” skreeu Daylin.

Fidel trek in by Peregrines. Dit is stikdonker by die verlate padstal.

Hy en LaFontyn klim uit en klouter van agter in.

Die vrou kyk met groot oë na hulle op.

Daylin het sy selfoon teen sy skouer vasgeklem, staan op sy knieë.

Hy help haar uit haar broekie uit.

Nie nou die tyd vir koekeloer nie.

LaFontyn moet haar arms en skouers help in toom hou. Fidel staan senuagtig en kyk terwyl Daylin sy ding doen, skree op sy suster, die vrou kalmeer en haar aanpraat om te druk.

Waar Fidel hurk, sien hy hoe die baba se kroontjie begin uitpop.

Tyd staan vir hom stil. Die koppie kom. Daylin se growwe hande help hier, stut die koppie daar.

Daylin se foon val op die grond.

Fidel tel dit op, en wanneer hy sy oë oplig, sien hy Daylan met die baba in die hande staan.

Dan syg hy neer. Die duisternis van ’n floute verlos hom.

Wanneer hy bykom, troon Daylin bo hom uit, steeds besig met sy suster.

Fidel kom orent, sien die vrou met die baba op haar bors. Die naelstring wat baba steeds met ma verbind.

Eers dan hoor hy dat die baba huil, en dat sy hom troos.

“Wat’s jou naam?” vra LaFontyn terwyl hy die perlemoensakke uit die kombers skud. Hy bedek haar met die kombers, asof dit sy eie vrou en kind is.

 “Leentjie,” sê sy, uiteindelik, amper ingedagte.

Daylin sit plat op sy gat. Sy krag is gone.

“Nou toe, Leentjie,” sê Fidel. “Ek gaan nou ’n lang wheelie maak tot in Somerset-Wes. Hou vas.”

LaFontyn en Daylin bly by haar sit.

Hulle dink nie aan die stink geskenk vir Mowbray nie.

Vergelegen is nou als.

* Kerneels Breytenbach het Hartland van Deon Opperman in ’n roman herskep. (Tafelberg, R220)

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 14-19°C More sun than clouds. Mild. Pta: 9-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 9-18°C Sunny. Mild. Bfn: 5-21°C Mostly sunny. Mild.
Dbn: 13-26°C Sunny. Mild. PE: 15-21°C Afternoon clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.