Kos is op die tafel!

2012-11-11 23:03

Die Uitsonderlike Snowflake Versameling (R180, Struik)

Lesersfoto’s Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

AARBEI-EN-ROOMKAASMUFFIN

MAAK 6 - 10
BEREIDINGSTYD 10 minute
GAARMAAKTYD 25 minute

Heilie Pienaar deel een van die resepte uit haar nuwe kookboek, Die Uitsonderlike Snowflake Versameling.

Muffins bly maar gewild en dié aarbei-muffins sal baie reaksie en komplimente uitlok. Die vars aarbeie maak dit soet en sommer net anders. Jy kan die aarbeie ook deur ander vars vrugte soos piesangs vervang.

WENK
Skink ’n koppie tee saam met dié muffins. Die plaaslike produsent Carmien se nuwe blomtee, met onder meer rooibos, heuningbos, roosblare en laventel (R30),
is veral lekker hierby.

RESEP

Bestanddele
100 g roomkaas
60 ml (50 g) strooisuiker
200 g vars aarbeie, grofweg
  gekap
375 ml (210 g) koekmeel
10 ml bakpoeier
1 ml sout
125 ml (100 g) suiker
2 ekstragroot eiers
80 ml kookolie
5 ml vanieljegeursel
versiersuiker om oor te sif

Aanwysings
1 Klop die roomkaas met die helfte van die strooisuiker om dit sag te maak.
2 Sit die aarbeie en die res van die strooisuiker in ’n klein swaarboomkastrol en verhit vir sowat twee minute tot die aarbeie begin sag word. Haal van die plaat af, druk effens fyn en laat afkoel.
3 Sif die meel, bakpoeier en sout saam. Voeg die suiker by.
4 Klits die eiers, olie en geursel saam. Voeg die droë bestanddele by en meng tot net gekombineer. Moenie oormeng nie; die mengsel moet nog klonterig wees.
5 Voeg die roomkaas- en aarbeimengsels by en meng liggies deur. Smeer muffin-panne en skep elke holte twee derdes vol beslag.
6 Bak in ’n verhitte oond teen 180 °C vir 20 tot 25 minute, tot gaar en goudkleurig.
7 Keer op ’n draadrakkie uit en laat afkoel. Sif ’n bietjie versiersuiker oor en sit warm of teen kamertemperatuur voor.

BONUS
Vyf My Tyd-lesers kan elk ’n eksemplaar gratis kry. E-pos* die woord BAK in die onderwerpveld, jou naam, kontak-nommer en pos-adres voor 19 November na mytyd@newmediapub.co.za.

* Net een inskrywing per persoon
 

Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 17-25°C Sunny. Mild. Pta: 5-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 4-18°C Sunny. Mild. Bfn: 2-21°C Sunny. Mild.
Dbn: 8-22°C Morning clouds. Cool. PE: 13-25°C Sunny. Pleasantly warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Kry tot 25% afslag op die 25 gewildste media-produkte!

Bespaar tot 25% op die jongste topverkopers van boeke, flieks, speletjies en musiek. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar R700 op die Hisense LED TV

Kry die Hisense 32” HD LED TV vir slegs R2499. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Nuwe musiek-CD’s & DVD’s teen R99 elk

Kry gewilde nuwe musiek-CD’s en DVD’s teen R99 elk. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Soos gesien op TV – Nuwe boeke teen slegs R199 elk

Kry besparings wat jou kop sal wegblaas op nuwe boektitels. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar tot 40% op modetoebehore

Bespaar tot 40% op uitgesoekte handsakke, beursies, horlosies, juwele en nog baie meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

The Real Meal Revolution (boek & e-boek)

Die doel van The Real Meal Revolution is om jou lewe te verander deur jou eetgewoontes te leer wat jou in beheer plaas van jou gewig en jou gesondheid. Bestel nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!