Kos is op die tafel!

2013-02-23 23:01

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

GENOEG VIR 6 TOT 8 MENSE
BEREIDINGSTYD 10 MINUTE
GAARMAAKTYD 70 MINUTE

QUICHE met BOKMELKKAAS

SAAMGESTEL DEUR JEANNE CALITZ

WYNWENK

Danie Steytler jr., wynmaker by Kaapzicht, sê die vars vrugtegeure van hulle Chenin Blanc 2012 (R35) sal die romerigheid van die quiche balanseer.

* Vir nog smullekker resepte, besoek die webwerf  www.tastemag.co.za.

BESTANDDELE
1 kg botterskorsie-stukke
15 ml olyfolie
500 g blaardeeg
250 ml room
125 ml melk
1 knoffelhuisie, fyngekap
3 eiers
100 g bokmelkkaas
1 brandrissie, ontpit en opgekap
vars roket, om voor te sit

AANWYSINGS
1 Voorverhit die oond tot 200 °C.
2 Drup die olyfolie oor die botterskorsie en meng goed, geur na smaak met sout en peper en versprei op ’n bakplaat. Sit ’n paar klontjies botter by en rooster vir
30 minute tot sag maar nog ferm.
3 Smeer ’n tertbak met botter en voer die bak uit met die deeg. Bak blind* in die oond vir 10 tot 15 minute. Haal uit en hou eenkant.
4 Sit die room, melk en knoffel in ’n pot op die stoof oor ’n lae hitte en verhit tot dit liggies prut. Haal van die plaat af en laat afkoel.
5 Klits die eiers, en klits dit dan by die melkmengsel.
6 Rangskik die gaar botterskorsie in die tertbak, gevolg deur die bokmelkkaas, in skywe gesny, en gooi die melkmengsel bo-oor.
7 Strooi die brandrissie bo-oor, geur na smaak en bak vir 25 minute of tot die mengsel gestol het en goudkleurig is.
8 Strooi roket oor. Sit warm voor. 

WENK
Deur die deeg blind te bak, verseker jy die kors is stewig. Voer die tertbak uit met die deeg en prik die deeg ’n paar keer met ’n vurk. Plaas ’n vel bakpapier bo-oor die deeg (die oppervlak moet effens groter wees as die tert) en vul met droë bestanddele soos rys, boontjies, of bakgewiggies voor jy dit in die oond sit. Wanneer die deeg gaar is, haal uit en verwyder die papier en droë bestanddele.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 14-17°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 3-17°C Sunny. Mild.
Jhb: 2-13°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 1-15°C Sunny. Cool.
Dbn: 9-25°C Sunny. Mild. PE: 12-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Aquarius Suites - Blouberg Strand, Cape Town

Spend 2 nights for R2 710 per person sharing at Aquarius Suites - Blouberg. The special includes accommodation, return flights, airport taxes, car rental and local travel insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Winskopie van die week – kry tot 60% afslag!!

Kry tot 60% afslag op DVD’s, Blu-rays, speletjies en musiek dié week by kalahari.com. Aanbod geldig tot 23 Junie solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Leapster GS Explorer + gratis speletjie

Ervaar al die vinnige aksie, nou met ’n nuwe opwindende ontwerp, wat volgepak is met opvoedkundige elemente vir kinders en kry ’n gratis speletjie. Koop nou!

Asus VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm

Bespaar R1000 op Asus se VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm, dubbelkernverwerker, Windows 8, 2GB RAM en 500GB se bergingsruimte. Afgelewer binne 24 uur + gratis aflewering. Koop nou!

Ashes-krieket 2013

Kry die amptelike video-speletjie van die 2013 Ashes-krieketreeks. Beskikbaar vir Wii U, PS3, Xbox & PC. Vandeesweek beskikbaar. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.