Kriezas

2012-12-16 00:04

Kriezas is nie ’n grênd blom of iets nie – dis sommer net ’n kleintyd-woordjie vir Kersfees.

’n Week voor die skole sluit, sukkel Pa nog met puntelyste en skoolrapporte. Ek en Ousus help merk die Engelse opstel, “Christmas”.

Pa blaas amper ’n dosyn gaskets. Een van sy standerd twee-leerlinge het net twee sinne geskryf: “Christmas in Upington. Christmas in Upington is hand shakes, cakes bakes and cooldrinks makes.” Punt.

Of die outjie regtig van Upington af was, weet ek nie. Wat ek wel weet, is dat hy die somtotaal van my eie Kersfees-onthou weergegee het.

Die kwik staan op 40 grade. Ma is besig om seeppoeierskuim aan ’n soetdoringboomtak te smeer. Sy en Bing Crosby het op ’n “White Christmas” besluit – Karoohitte ofte not!

Wanneer die huis en Ma se hande na gemmer begin te ruik, weet ons: Krismis is op hande. Die gloeiende Welcome Dover skiet vuurtonge uit. Soos al die ander het Ma ’n klam lap om haar nek. Sy lyk soos ’n trein-driver. Wanneer sy uitgaan vir asem, skree sy vir die buurvrou: “Hoeiii, Naomi, hierie ingat kôbys maak wee’ vi’dag lattie sweet
val warie son nie skyn nie!”

Daar’s twee slapies oor. Springbokradio gooi carols van vroeg tot laat. Kleinboet kry skel oor hy Stillike Nag pleks van Stille Nag sing.

Oukrismis breek aan. Die wegsteek-brêndies word uitgehaal en glasies geskink vir die Krismis-luck. Pa-hulle kuier vanaand by oom Baba onder die bult. Aan die voetklopritme weet ek die oom het sy banjo uitgehaal. Ons hoor net hêppieeeee!!!

Ek het nie my kewpie-pop gekry nie – net Pick-up-Stix en ’n Paper Doll, maar voor die kas het die mooiste blou lace dress gehang. Ma het een van haar evening gowns opgeknip.

Die somerdag roep wraak. Ons is pensdik van neutbruin jaartshoender en tiekiepoeding. Namiddag haal Pa klam klondaaik-waatlemoene onder die nat goiingsakke uit. Die meslem girts deur die harde groen skil.

Ons eet krone soos konings.  

Wendy Anthonie is ’n leser en bestuurder van die Beaufort-Wes-gemeenskapsteater.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 10-17°C Partly cloudy. Mild. Pta: 5-19°C Sunny. Mild.
Jhb: 3-16°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 1-17°C Sunny. Mild.
Dbn: 12-23°C Sunny. Mild. PE: 11-18°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Aquarius Suites - Blouberg Strand, Cape Town

Spend 2 nights for R2 710 per person sharing at Aquarius Suites - Blouberg. The special includes accommodation, return flights, airport taxes, car rental and local travel insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Winskopie van die week – kry tot 60% afslag!!

Kry tot 60% afslag op DVD’s, Blu-rays, speletjies en musiek dié week by kalahari.com. Aanbod geldig tot 23 Junie solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Leapster GS Explorer + gratis speletjie

Ervaar al die vinnige aksie, nou met ’n nuwe opwindende ontwerp, wat volgepak is met opvoedkundige elemente vir kinders en kry ’n gratis speletjie. Koop nou!

Asus VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm

Bespaar R1000 op Asus se VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm, dubbelkernverwerker, Windows 8, 2GB RAM en 500GB se bergingsruimte. Afgelewer binne 24 uur + gratis aflewering. Koop nou!

Ashes-krieket 2013

Kry die amptelike video-speletjie van die 2013 Ashes-krieketreeks. Beskikbaar vir Wii U, PS3, Xbox & PC. Vandeesweek beskikbaar. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.