Kuns op 'n selfoon

2012-01-28 13:36

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die verbaasde uitroepe oor die selfoon-kunswerke van Sumi Gous laat haar glimlag. Nou onlangs weer by die Helderberg-wynfees wat verlede jaar in Somerset-Wes gehou is, het sy mense aan die praat gehad met haar iPhone-kuns.

Gous is bekend as grafiese ontwerper, mo­saïekkunstenaar en verwer, en beskou haar nuwe kunsrigting soos enige ander skilderdoek, “waar ek kuns en tegnologie kombineer”. Die eindresultaat is kleurvolle skermbeelde van kreatiwiteit.

Sy doen die iPhone-kuns op die skermpie van haar selfoon, wanneer sy ook al ’n paar minute te spaar het: of dit voor ’n kliëntevergadering, by die huis, by ’n restaurant of op die lang pad is (dis nou as sy nie self bestuur nie). Haar foon lê snags op haar bedkassie, darem nog nie in haar bed nie, skerts sy.

“Op die wynfees-uitstalling, het ek spesifiek gefokus op die invloede van die San-rotskunsfigure in die Sederberge, maar met my eie interpretasie.” Sommige kunswerke is op kunsdoek gedruk. Ander is met ’n projektor teen die ruwe mure van die wynkelder gegooi om reuse-kunswerke te vorm.

“Die projeksies was ’n eerste vir my. Dit werk goed omdat my kuns soos rotskuns lyk. Met projeksies is die enigste beperking die grootte van die muur waarop jy jou werk wil projekteer. Dié soort uitstalling is nie so algemeen in ons land nie. Ek het dit vir die eerste keer in België gesien, waar hulle projeksies met animasie teen geboue gedoen het.

“Ek dink nie iPhone-kuns sal in almal se smaak val nie. Ek verkies self die natuurlike. Maar dit is so ’n lekker medium waar niks jou terughou nie. Jy kan kinderlik mal gaan en teken. Ek hou van naïwiteit in kuns en die iPhone-kuns bind my nie.”

Dit skeel haar nie wanneer mense dink haar werk is kinderkuns nie. Trouens, “ek hou daarvan en dit pla my nie. Ek glo die beste werke kom van kinders, want hulle het geen inhibisies nie.”

Haar foon-kuns verskil nie veel van haar ander meer konvensionele kuns nie. Sy hou van kleur en dis in al haar werk duidelik. “Maar ek het deur die selfoon-kuns my styl meer begin ontwikkel. Jy kan dadelik jou werk in kleur sien en dit is dus ’n vinniger medium. Vinniger beteken nie afskeep nie, maar gee my meer tyd om met teksture te eksperimenteer.”

Gous het ’n groot stap geneem om sommer dadelik op groot skaal te gaan hiermee, maar die geleenthede is legio. Kyk maar na Artisan, haar nuwe reeks handgemaakte sjokolade-etikette.

Sy het haar foon al sowat twee jaar en het toevallig afgekom op die toepassing (of “app” soos die Engelse sê) Brushes.

“Ek het dadelik belang gestel omdat ek reeds my eie groot digitale tablet het waarmee ek soms illustreer.”

Gous woon in Somerset-Wes, maar geniet die lewe en kreatiwiteit wat Stellenbosch haar bied en het haar ateljee daar ingerig. Sy en haar man, Tertius, het in 2007 die wynland hul tuiste gemaak.

Gous het in 1992 haar nasionale diploma in grafiese ontwerp aan die destydse Pretoriase Technikon verwerf. Sy het vir verskeie advertensie- en ontwerpagentskappe gewerk voordat sy haar eie onderneming begin en in verpakking vir die wynbedryf begin spesialiseer het.

In 2007 het sy die wynetiket vir die nuwe wynplaas AlexKia Wyne in Robertson ontwerp. Die etiket se mosaïek-beeld van ’n Afrika-swartwindswael in vlug het vir haar heelwat roem besorg toe dit die 2007 (plaaslike) en 2008 (internasionale) eerste pryse in die etiket-kategorie van die FTA International Printing Excellence Awards losgeslaan het.

Maar roem is nie vir haar belangrik nie. Dit moet pret wees, dit moet uitdagings bied en sy hou daarvan om iets te ontwerp wat vars en nuut is. Dis hoe sy onder meer by die antieke kuns van Bisantynse mosaïek tot funky meubelontwerp en rotsornamente beland het.

Gous doen beperkte afdrukke van elke kunswerk – twee kleiner werke, klein en middelslag-grootte, want “ek stel nie belang in massaproduksie nie en glo elke koper hou van die uniekheid van sy ontwerp”.

“Ek doen steeds mosaïekwerk, maar tans fokus ek op uitbreiding in die wynbedryf as spesialis in verpakkingontwerp.”

* Gaan loer by www.sumi.co.za of loer in by haar ateljee in die Oude Bankgebou op die hoek van Kerk- en Birdstraat in Stellenbosch.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 13-19°C High level clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 15-25°C Sunny. Mild. PE: 14-26°C Sunny. Warm.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Senior .Net Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R500000 - R550000

.Net Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R300000 - R350000

C# Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R300000 - R350000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.4 Trendline MY05
2007
R 109,995.00

FORD

Bantam 1.3i XL AC PU MY09
2010
R 104,990.00

NISSAN

Hardbody 2400i D-Cab 4x4 PU
2005
R 135,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.