LYFTAAL: MA HOE GESOND IS EK?

2012-06-09 11:37

Foto: WILMA STASSEN

Lesersfoto’s Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Jy’t nie net jou ma se blou oë, krulhare of breë heupe geërf nie, maar dalk ook die gene wat jou kan siek maak. Vra haar ’n bietjie uit om te weet waarvoor jy op die uitkyk moet wees om jou gesondheid op te pas.

1. Ly Ma aan enige hartkwale of het iemand in die familie op ’n vroeë ouderdom hartsiektes ontwikkel?
Navorsing het ’n duidelike verband vir koronêre siektes (die slagaar wat die hart van bloed voorsien) tussen ma’s en dogters gevind. As jou ma of suster ’n koronêre siekte voor 55 ontwikkel het, of as een van jou ouers ’n hartaanval gehad het voor 60, loop jy ’n hoë risiko vir hartsiektes of ’n hartaanval. Ander oorerflike toestande wat jou kanse op hartprobleme verhoog, is hoë cholesterol en hoë bloeddruk.
“Jou gene is net een van baie faktore wat hoë bloeddruk en cholesterol veroorsaak, maar ’n mens kan dit grootliks beheer deur ’n gesonde dieet en leefstyl,” sê Ayesha Seedat, ’n dieetkundige by die Hart-en-Beroertestigting van SA.   
Slaan dit hok deur gereelde oefening, ’n gesonde laevetdieet, op te hou rook en elke jaar jou cholesterol en bloeddruk van ouderdom 25 af te laat toets.


2. Op watter ouderdom het Ma se menopouse begin?

Dit kan ’n aanduiding wees van wanneer jy ook kan verwag om jou menopouse te bereik. Dit begin gewoonlik tussen 45 en 55, maar as jou ma al in haar laat 30’s simptome ervaar het, moet jy liefs vroeër as later met ’n gesin begin. Moet jou nie te veel bekommer as jou ma erge simptome ervaar het nie. Hoewel jy dan ’n groter risiko loop om dieselfde simptome te ervaar is daar baie wat jy kan doen om dit in toom te hou.
Slaan dit hok deur jou kafeïen-inname ná 40 te verminder, gereeld te oefen, jou stresvlakke laag te hou en nie te rook nie. Jy kan ook hormoonterapie gebruik.

3. Het Ma of enige nabye familielid diabetes?

Hoewel gene ’n rol speel in die ontwikkeling van tipe 1-diabetes (wat gewoonlik in jou kinderjare voorkom en insulien-inspuitings nodig maak) is dit slegs een van ’n verskeidenheid faktore wat daartoe lei en in minder as 10% van gevalle is daar ’n familie-verband. Maar dieselfde geld nie tipe 2-diabetes nie (wat gewoonlik eers later in oorgewig mense ontwikkel). Hoe nader jou familieverwantskap aan iemand met tipe 2-diabetes is, hoe groter die kans dat jy dit ook sal kry. Jou kans op dié soort diabetes styg met 15% as een van jou ouers daaraan ly, en as albei dit het, is jou kanse 75% meer.
Slaan dit hok deur ’n gesonde gewig  te handhaaf en gereeld jou bloedsuiker te laat toets.

4. Ly Ma aan enige oogsiektes?
As een of albei jou ouers bril dra, is daar ’n goeie kans dat jy dit ook in een of ander stadium in jou lewe sal nodig hê, te meer as jou ouma en oupa ook bril dra. Daar is ’n groot verskeidenheid oorerflike oogsiektes waarvan gloukoom een van die algemeenste en gevaarlikste is.
Gloukoom is eintlik ’n groep oog¬toestande wanneer die oogsenuwees beskadig word weens verhoogde drukking binne-in die oogbal. (Die drukking kan deur ’n eenvoudige toets bepaal word.) Dis ’n ernstige toestand wat tot permanente sigverlies kan lei, maar dit kan genees word as dit vroeg opgespoor word.
Slaan dit hok deur gereeld jou oë te laat toets, jaarliks ná 40.

5. Het Ma al ooit aan depressie gely?
Depressie is oorerflik en jou kans om dit te ontwikkel styg met tussen 10 en 20% as jou ma aan kliniese depressie gely het. Hoe jonger sy was en hoe erger haar simptome, hoe hoër is jou kanse om dit te kry. Gene is egter nie die enigste oorsaak nie – baie ander faktore speel ’n rol.
Slaan dit hok deur jou stres te bestuur en jou gemoedstoestand dop te hou – hoe vroeër jy behandeling kry, hoe beter die uitkoms.

6. Het Ma of iemand in die familie al bors- of eierstokkanker gehad?
Hoewel daar nie in alle borskankergevalle ’n familiegeskiedenis van die siekte is nie, word geglo dat jou kanse daarop verdubbel as jou ma of suster dit gehad het. Bors-kanker is die algemeenste kanker onder Suid-Afrikaanse vroue en volgens KANSA sal 1 uit elke 29 vroue dit ontwikkel.
Genetika is een van die hoofoorsake van ovariumkanker en dit kom nie noodwen¬dig net van jou ma se kant van die familie nie. Dit kan ook van jou ouma aan jou pa se kant af kom of van ander vroue in die familie.
Slaan dit hok deur gereeld jou borste te ondersoek vir enige knoppe en gaan jaarliks vir ’n mammogram as jy ouer as 30 is. Gaan ook gereeld vir ginekologiese ondersoeke en hou dop wat jy eet: Vars groente en vrugte (veral groen soorte soos broccoli of kool) het ’n kankerwerende effek. Beperk jou inname van vetterige kosse en alkohol.
Rook verhoog jou kanse 25 keer om bors- of eierstokkanker te ontwikkel.
Jy kan ook jou dokter vir ’n inenting teen die menslike papiloomvirus vra, aangesien dit ’n algemene virus is wat met servikale kanker verbind word.

7.  Het Ma osteoporose?
“Osteoporose – ’n toestand waarin jou skelet bros raak en jy dus maklik ’n arm, heup of ander skeletbene kan breek – kom in families voor,” sê Teréza Hough van die Nasionale Osteoporose¬stigting van Suid-Afrika. Boonop is baie van die faktore wat jou risiko verhoog ook geneties – lae estrogeenvlakke weens vroeë meno¬pouse en ’n klein, delikate liggaams¬bou, blonde hare, blou oë en ’n ligte gelaat.
Slaan dit hok deur gewigdraende oefe¬ning soos draf, stap, gewigte en aëro¬biese oefening te doen en baie kalsium (1 000 mg/dag) deur jou dieet in te neem.
Suiwelprodukte, vis en donkergroen blaargroente bevat baie daarvan. “Hou ook op met rook, moenie meer as twee alko¬holiese drankies per dag drink nie en wees versigtig vir middels wat toksies is vir jou bene, soos kortisoon,” maan Teréza.

8. Het Ma gesukkel om swanger te word of  ’n mislukte swangerskap gehad?
Endometriose is een van die hoofoorsake van onvrugbaarheid. Medici kon nog nie bepaal hoekom dit voorkom nie, maar navorsing het bevind jou risiko verdubbel as jou ma dit ook gehad het.
Hoewel miskrame nie oorerflik is nie, word baie van die oorsake daarvan wel deur gene oorgedra, bv. trombose, hoë bloeddruk en preëklampsie.
Slaan dit hok deur nie te lank te wag om met ’n gesin te begin as jy vermoed jy is ’n risikogeval nie. Bespreek ook enige kommer oor preëklampsie met jou dokter/gine¬ko-loog as jy beplan om swanger te word. 

• Volgende week kyk ons na mediese vrae wat jy jou pa moet vra.


Kry hulp
• Hart-en-Beroertestigting van Suid-Afrika. Besoek www.heartfoundation.co.za of skakel
0860 143 278 (0860 1 HEART).
• Diabetes Suid-Afrika. Besoek www.diabetessa.co.za of skakel
086 111 3913.
• Suid-Afrikaanse Glukoomstigting. Besoek www.sags.co.za of skakel
011 468 5339.
• KANSA (Kankervereniging van Suid-Afrika). Besoek www.cansa.org.za of skakel 011 616 7662.
• Suid-Afrikaanse Menopousestigting. Besoek www.samenopausesociety.co.za.
• Nasionale Osteoporosestigting van Suid-Afrika. Besoek www.osteoporosis.org.za of skakel 021 931 7894.
• Die Suid-Afrikaanse Depressie- en Angsgroep. Besoek www.sadag.org of skakel 011 262 6396.

Lees Rapport se kommentaar beleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 19-24°C Sunny. Mild. Pta: 10-24°C Sunny. Mild.
Jhb: 9-19°C Afternoon clouds. Mild. Bfn: 11-23°C Morning clouds. Mild.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 17-26°C Sunny. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Escape winter, head to Mauritius

Escape winter by spending 7 nights in Mauritius' tropical bliss from R13 215 per person sharing. Includes return flights, airport transfers and accommodation.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Gewilde nuwe flieks

Frozen, The Hobbit: The Desolation of Smaug, Thor: The Dark World, Leon Schuster: Schuks! Your Country Needs You en nog baie meer. Koop nou!

25% afslag op topverkoperboeke!

The Real Meal Revolution van Tim Noakes, Jeffrey Archer se Be Careful What You Wish For, Man’s Search for Meaning van Victor E. Frankl en nog baie meer titels. Koop nou!

Baie eiers in een mandjie!

Speletjie-pakkette: 2 Super Hits-speletjies vir R99, 3 Disney-speletjies vir R99 en nog meer + eksklusiewe pakkette vir toebehore – slegs beskikbaar op kalahari.com. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 30% afslag op toestelle & huisware

Bespaar tot 30% op toestelle en huisware dié Paasfees. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Storieman Omnibus 6

Storieman 6 van Leon Rousseau. Beskikbaar 30 April. Plaas jou voorafbestelling nou!

gobii se 7” Kleur LCD e-leser nou R399

Kry kalahari.com se topverkoperproduk vir slegs R399 en kry gratis e-boekkoopbewyse ter waarde van R120. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!