Leermeester: ANNIE MALAN

2012-07-07 14:35

FOTO: Marijke Willems

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Annie Malan is 'n besige vrou. Sy's besturende direkteur vir haar promosiemaatskappy, 'n beoordelaar vir die nuwe realitietsreeks Die Sanger, sy't 'n rolprent in die pyplyn en oefen vir die New York-marathon. En so tussenin vul sy haar massiewe skoenversameling aan...

Wat is jou rol as beoordelaar in kykNET se Die Sanger?

Dis ’n deftige kompetisie om ’n dapper man te kry wat die musiek-bedryf kan skud en ’n nuwe produk kan gee. Ek kyk dat deelnemers hulleself as ’n “diens” daarbuite kan verkoop. Ek gee vir elkeen raad wat hom gaan bou.

Jy was ’n kinderster met rolle in onder meer die fliek Fiela se kind en TV-reeks Saartjie. Was dit moeilik?
Met Fiela se kind was ek 11 – jy’s ’n kind, maar jy moet kontraktuele pligte nakom. Jy moet jou woorde ken, sesuur in die oggend by die stel aanmeld en presteer soos die grootmense. So dit was ’n vinnige grootwordproses.

Op 19 het jy jouself mondig laat verklaar deur die Hooggeregshof weens al jou sakeverantwoordelikhede. Hoe so?
Ek het ná skool deeltyds regte geswot deur Unisa, in die TV-reeks Glaskasteel gespeel en ek was ’n waitress. Ek was ook ’n versekeringsmakelaar met 15 bemarkers wat aan my gerapporteer het en jy kan nie heeltyd dat jou voog langs jou teken nie. Jy kan ook nie ’n verband beswaar op ’n minderjarige se naam nie en ek wou ’n huis koop. My pa, Hendrik, is ’n prokureur en hy’t my gehelp.

Annie Malan Promosies is nege jaar gelede gestig. Wat behels dit?
Ek het 14 kantore landwyd met 3 000 bemarkers. Ek werk met jongmense, ek lei hulle op en dan gee ek ’n bemarkingsproduk aan my kliënt. As daar byvoorbeeld by Pick n Pay ’n meisie vir jou sê: “Probeer hierdie kaas,” dan is dit my bemarker.

Wat is jou beste raad aan iemand wat beroepsukses wil behaal?

Omring jouself met mentors en konstruktiewe, produktiewe inligting. Besluit ook baie vroeg waar in die samelewing jy ’n verskil gaan maak.

Wat is jou belangrikste sakebeginsels?

Integriteit en ’n “will do”-houding. Jy moet ook bereid wees om hard te werk. Mense sien net die blonde Annie, maar vieruur in die oggend is ek op en vanaand tienuur is ek nog by my laptop.

Waaroor gaan die fliek waaraan jy tans werk?

Vir die laaste 10 jaar weet ek al my doel is inspirasie. Dis ’n eg Suid-Afrikaanse fliek wat die nasie gaan inspireer. Daar’s stories om te vertel om mense lief te laat wees vir mekaar – ek dink dis belangrik. Die teks word nou ontwikkel en dit word volgende jaar vervaardig.

Wat doen jy as jy nie werk nie?

Ek is mal oor flieks en om te gym. Ek oefen nou vir die 42 km New York-marathon in November. Sondagaande gaan ek graag kerk toe. Dan voel ek grounded.

Jy’s ook betrokke by liefdadigheid…
’n Kind se ma is sy nommer een-bemarker – my mamma, Jeannette, inkluis. Dis vir my goud werd en daarom reik ek uit na kinders in kinderhuise, soos Abraham Kriel-kindersorg, want daai kinders het niemand wat hulle bemark nie. Ek’s ook beskermvrou vir die Christelike Maatskaplike Raad.

Het jy ’n spesiale persoon in jou lewe?

My Malawiese butler, Redson. Hy bring vir my ontbyt, kyk na my katjies as ek nie by die huis is nie, sorg dat daar kos in die yskas is… Hy doen alles.  

Die Sanger begin Dinsdag 10 Julie om 17:00 op kykNET.


Hoeveel pare skoene het jy?
Laat ek eers dink… Seker 450? Die meeste van hulle is Jimmy Choo, Prada, Gucci, Louis Vuitton... My heel gunsteling is seker my New Balance-hardlooptekkies. Ek het ’n swartbelt in skoene koop…

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 10-17°C Partly cloudy. Cool. Pta: 6-20°C Sunny. Mild.
Jhb: 4-16°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 2-18°C Sunny. Mild.
Dbn: 9-24°C Sunny. Mild. PE: 11-18°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Aquarius Suites - Blouberg Strand, Cape Town

Spend 2 nights for R2 710 per person sharing at Aquarius Suites - Blouberg. The special includes accommodation, return flights, airport taxes, car rental and local travel insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Winskopie van die week – kry tot 60% afslag!!

Kry tot 60% afslag op DVD’s, Blu-rays, speletjies en musiek dié week by kalahari.com. Aanbod geldig tot 23 Junie solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Leapster GS Explorer + gratis speletjie

Ervaar al die vinnige aksie, nou met ’n nuwe opwindende ontwerp, wat volgepak is met opvoedkundige elemente vir kinders en kry ’n gratis speletjie. Koop nou!

Asus VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm

Bespaar R1000 op Asus se VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm, dubbelkernverwerker, Windows 8, 2GB RAM en 500GB se bergingsruimte. Afgelewer binne 24 uur + gratis aflewering. Koop nou!

Ashes-krieket 2013

Kry die amptelike video-speletjie van die 2013 Ashes-krieketreeks. Beskikbaar vir Wii U, PS3, Xbox & PC. Vandeesweek beskikbaar. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.