Leermeester: Dr. Elliot Shevel

2012-06-16 16:05

Foto: Debbie Yazbek

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Wou jy altyd ’n dokter word?

Ek het van kleins af geweet ek wil ’n dokter word, maar ek het nooit gedroom dat ek nuwe behandeling vir migraine sou ontwikkel wat internasionaal aanvaar is nie. Ek is gekwalifiseer in tandheelkunde en medies, maar het in kaak-gesig-en-mondchirurgie gespesialiseer. Dié kombinasie het my die geleentheid gegee om migrainelyers te help.

So wat presies is jou teorie oor migraine?


My teorie, waarvoor daar nou wetenskaplike bewyse is, is dat die pyn nie afkomstig is van die brein nie, maar van die strukture buite die skedel. Die Suid-Afri-kaanse en Italiaanse regerings het finansieel gehelp dat ek navorsing kon doen om my teorie te bevestig.

Hoekom het jy The Headache Clinic gestig?


Dit is in 1992 gestig nadat ek toevallig ’n suksesvolle behandeling ontwikkel het vir spierspanningpyn, wat ’n belangrike komponent is van migraine. Daarna het ek geen keuse gehad as om voort te gaan nie!

Wat presies doen julle by The Headache Clinic?


Ons spesialiste identifiseer en behandel al die moontlike bydraende faktore van ’n migraine, soos sinusprobleme, sooibrand en baie ander. Ons doel is om van pille ontslae te raak. Die nuwe behandelinge behels terapie met ’n binnensmondse prostese, asook slagaar-, spier- en senuwee-chirurgie.

Jy het onlangs by die World Congress of Controversies in Neurology in Oostenryk ’n debat oor migraine teen van die wêreld se top migraine-spesialiste gewen. Wat beteken dit vir jou?


Ek hoop dit sal die begin wees van ’n beter begrip van hoofpyn en migraine. Ons is reeds leiers in dié veld by The Headache Clinic en ons doel is om dit só te hou.

Hoe bly jy aan die voorpunt van jou veld? 


Ek aanvaar niks wat ek nie maklik kan verstaan nie, en ons is deurentyd besig met navorsing om nuwe behandelingmetodes te ontwikkel.

Jy werk en reis baie. Hoe behou jy ’n balans?


My lewe is hoegenaamd nie gebalanseerd nie, dis vir my ’n obsessie om my kennis te versprei.

Maar wat doen jy dan om te ontspan?


Vir my en my vrou, Shirley, is die geselskap van goeie vriende die lekkerste ontspanning. Ek hou ook van kreef duik en ek gaan met elke geleentheid wat ek kry, Kaap toe (ek woon in Johannesburg).

Wat is die hoogtepunt van jou loopbaan?


Die ontwikkeling van ’n chirurgiese behandeling vir migraine, asook die jongste ontwikkeling, ’n chirurgiese behandeling vir troshoofpyn. Ook elke keer wanneer ek ’n brief van ’n dankbare pasiënt kry.  

Ten slotte

Ek lees jy kan baie tale praat…

Ek leer tale in my motor met CD’s. Buiten Engels en Afrikaans het ek ’n redelike kennis van Zoeloe, Tswana, Sotho, Duits, Nederlands, Frans, Spaans, Portugees, Italiaans, Grieks, Hebreeus en Turks – en ek leer nou Chinees. Dit maak dit makliker om verhoudings met oorsese kollegas te ontwikkel en pasiënte voel meer ontspanne as ek hulle taal praat.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 17-23°C Sunny. Mild. Pta: 9-21°C Sunny. Mild.
Jhb: 8-16°C Morning clouds. Cool. Bfn: 7-20°C Morning clouds. Mild.
Dbn: 15-25°C Sunny. Mild. PE: 14-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Drama- & liefdes-DVD’s – 2 vir R99

Moenie ons spesiale aanbiedinge van liefdes- en drama-DVD’s, wat jou ure voor jou skerm vasgenael sal hou, misloop nie. Die aanbod is geldig vir solank daar voorraad is. Koop nou.

Eksklusiewe spesiale aanbod op Wii U

Spaar R999 op hierdie wonderlike aanbod: Wii U 8GB-konsole, basiese pakket, + ’n bykomende stel + Nintendo Land. Nou net R4399.95. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Opruimingsuitverkoping! Spaar tot 60%

Besoek ons opruimingsuitverkopingwinkel vir asemrowende aanbiedinge en spaar tot 60%. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Witwarm winskopie van die week! Bespaar R2000 op die Samsung Galaxy SIII

Kry die Samsung Galaxy SIII vir slegs R4999.95. Dit is ontwerp vir die mens, maar geïnspireer deur die natuur. Word binne 24 uur versend. Terwyl voorraad hou. Koop nou!

Dan Brown’s se jongste roman, Inferno

In Dan Brown se nuwe roman, Inferno, is die Harvard-simboolkenner Robert Langdon weer aan die stuur van sake. Dit speel af in die hartjie van Europa, waar Langdon ingetrek word in ’n raaisel rondom een van die geskiedenis se oudste en geheimsinnigste literêre meesterwerke. Die langverwagte roman word vandeesweek uitgereik. Plaas jou bestelling nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.