Leermeester: Flip Buys

2012-10-10 13:11

Foto: Inga Hendricks

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Hy is die spreekwoordelike man met ’n plan. Sedert Flip uitvoerende hoof van Solidariteit geword het, het dié vakbond van krag tot krag gegaan en verskeie belange bygekry.

Waar het als vir jou begin? Ek het ná 1990 besef Afrikaans-sprekendes gaan sterk organisasies nodig hê om hulle te beskerm. Daarom het ek beplan om eerstens hulle werk met ’n sterk vakbond te beskerm en met dit as grondslag ’n netwerk van beskermingsorganisasies op te rig.

Wat was jou eerste groot sukses?
Die verandering en uitbouing van die ou Mynwerkersunie tot Solidariteit. Dit was ’n opdraande stryd om ’n ou organisasie te moderniseer. Maar uiteindelik is dit uitgebou tot die Solidariteit-beweging van 18 hoofstroom-organisasies. Ek kon dit regkry omdat ek my met ’n groep sterk leiers omring het pleks van blote volgelinge.

Hoe sien jy Solidariteit se rol? Ons is pro-land en anti-ANC omdat ons glo hulle regeer die land swak. Ons het ’n waghondfunksie en doen dinge om die regering op sy verantwoordelikhede te wys, maar belangriker is die stig van selfdoen-instellings, soos AfriForum, Helpende Hand, Solidariteit se opleidingsinstansies, Kraal-uitgewers en Maroela Media.

Hoe skei jy werk en huis? Ja, dié rattewisseling is nogal moeilik. Ek probeer maar afskakel en ek en my vrou praat so min moontlik oor werk by die huis. Melanie is provinsiale bestuurder vir die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas). Ons het vier kinders, waarvan twee op universiteit en twee op skool is. Ek is mal oor kinders en wens ek het meer gehad!

Hoe ontspan jy?
Ek het so vier jaar terug op ’n totale leefstyl-verandering besluit. Ek oefen nou my stres uit en voel baie gesonder. Andersins is daar skaak, vriende en lees – ek’s pas klaar met Niall Ferguson se Civilization: The West and the Rest. En dan hou ons gereeld vakansie aan die Natalse suidkus.

Hoe sien jy die Suid-Afrikaanse hoëronderwysstelsel en waar pas julle Afrikaanse instansie, Akademia, in? Suid-Afrika het nog top-universiteite vir die 20% studente wat daar studeer, maar Afrikaanse wit en bruin jongmense word prakties van bykans alle opleiding uitgesluit, veral dié onder universiteitsvlak. Met Akademia wil ons bekostigbare gehalte-onderrig gee wat deur middel van ’n telematiese onderrigmodel landwyd toeganklik is. Só wil ons werkende Afrikaanse jongmense verdere opleiding gee. Akademia het vanjaar met 50 studente begin en bied tans 30 vakke in vier studierigtings. Daar is ses studiesentrums landwyd en volgende jaar wil ons 500 studente inneem. Akademia is een van die vier bene van ons opleidingsfokus. Die ander is Sol-Tech, waar ons jongmense met tegniese vaardighede toerus en volgende jaar begin ons aan ons opleidingskampus bou. Ons ander fokus is ’n opleidingsfonds in samewerking met Virseker en bydraes van ons lede. Ons wil ’n duisend beurse gee vir behoeftige studente wat wil studeer.

Hoe loop jy die spanningsdraad in jou missie om vir Afrikaans en Afrikaanse mense te veg?
Ons het ’n insluitingstrategie en ek glo in die veelvuldigheid van identiteite. Ek is ’n Afrikaner, ’n Afrikaanssprekende en ’n Suid-Afrikaner en meen dis moontlik om al die identiteite 100% uit te leef.

En wat van Fred de Vries wat jou in sy boek Rigtingbedonnerd as die “pragmatis” tipeer het? Pragmatis het vir my ’n negatiewe konnotasie van iemand wat hom skik na die omstandighede. Ek verkies om eerder aan myself as strateeg te dink wat by omstandighede aanpas om bepaalde doelwitte te kan bereik.  


Wat waardeer jy in mense?
 
Mense wat self dinge doen. Hier is gereeld mense wat bel en sê: “Julle moet”, of “hulle (die regering) moet”. Daar is maar min “Ons moet”-mense. Ek verkies om met “ons moet”-mense te werk.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 15-24°C More sun than clouds. Mild. Pta: 10-22°C Sunny. Mild.
Jhb: 8-18°C Sunny. Mild. Bfn: 6-21°C Sunny. Mild.
Dbn: 14-26°C Sunny. Mild. PE: 13-22°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Robo Fish – die troeteldier wat jy moet hê

Robo Fish is die nuutste witwarm speelding! Dit is ongelooflik hoe dit aanskakel sodra dit onderwater is en begin swem. Kry joune nou en kyk hoe jou vis lewendig word. So lewensgetrou die kat sal nie eens die verskil kan sien nie. Plaas jou voorafbestelling nou!

Sylvia Day’s Entwined with You - beskikbaar 31 Mei 2013

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Disney-versameling beskikbaar op DVD - 2 vir R99

Is jou kinders gek oor Disney? Hierdie is die aanbod net vir jou – kies enige 2 van jou gunstelingtitels vir net R99. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.