Leermeester: Koorleier André van der Merwe

2012-10-21 14:52

Foto: Jan Ras

Lesersfoto’s Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Sy drie kore het vanjaar pryse by die dosyne ingeryg, maar dis toe die Universiteit Stellenbosch se koor, waarvan hy leier en dirigent is, deur die kultuurorganisasie Interkultur as nommer een onder die duisend bestes ter wêreld aangewys is, dat hy moes weet hy doen iets reg!

Kan iemand geleer word om te sing?

Ek glo nie daar is werklik iets soos “toondoof” nie – enige waar--neming en bewussyn van klank diskwalifiseer dié term. As koor-leier kan ek ’n groot verskil maak aan klankproduksie en intonasie. Maar daardie kombinasie van ’n werklike mooi stem en goeie ore is iets waarmee net bevoorregte individue gebore word.

Daar is ’n fantastiese toneel in Woody Allen se nuwe fliek. ’n Musiekvervaardiger ontdek die ongelooflike opera-talent van ’n begrafnisondernemer wanneer hy die ou in die stort hoor sing. Die enigste probleem is hy kan net sing wanneer hy in die stort is. Dan beleef die vervaar-diger ’n gloeilamp-oomblik: Hy rig ’n stort op die operaverhoog in! Dink jy daar is ’n emosionele of spirituele plek waarvandaan mense op hulle beste sing?
Ek ervaar gereeld so ’n “stort-toneel” wanneer ek landwyd oudisies aflê vir die Suid-Afrikaanse Jeugkoor – so ’n asem-wegslaan-oomblik wanneer jy in ’n afgeleë township ’n ongeslypte stem ontdek wat eendag dalk op ’n wêreldverhoog kan staan. Sang is die mees organiese vorm van musiekmaak – jou liggaam is jou instrument en dis die enigste musiekinstrument wat klank en teks kombineer. As koorleier werk ek doelbewus aan die ontsluiting van dié woord-klank-verhouding, sodat die musiek vanuit ’n eerlike emosionele dimensie ontsluit word.

Die tradisie van koormusiek het binne die kerk ontstaan. Hoe verklaar jy die besondere aantrekkingskrag wat spirituele koormusiek ook vir ongelowige mense het?
Koorsang bied baie mense die geleentheid om die magiese aspek van groepsang te ervaar. Godsdienstige tekste spreek universele temas aan: hoop, versugting, lyding, jubeling. Dit ontsluit die
sanger se interpretatiewe en emosionele kragtoevoer. Dis ’n paradoks – vir ’n paar oomblike ervaar die sanger die ewigheid.
Deur die musiek uit te voer word elke sanger deel van daardie menslike uiting oor die eeue heen.

Wat beskou jy as jou grootste prestasie in jou lewe tot dusver?

Om met ’n groep sangers die regte balans tussen dissipline en vryheid te bewerkstellig.

Het jy skuldige pop-plesiere waarvan niemand weet nie?

Ek was nooit ’n puris nie! Ek dink dit sal dom wees. Ons leef in ’n tyd van kruisbestuiwing en fusion, waar komponiste eklekties werk. Goed, daar word deesdae soms gemors gekom-poneer, maar daar is ook opwindende voorbeelde van oorbrugging van genres. Of dit nou popmusiek is of kunsmusiek – ek moet respek hê vir die werk as sodanig. Queen se musiek, byvoorbeeld, fassineer my – dit vertaal ook wonderlik in die koormedium.

Wat onderskei ’n goeie koorleier van ’n briljante een?
’n Koorleier moet die vaardigheid hê om te kan interpreteer.
Die musiek moet vir so baie individue in die groep betekenisvol ontsluit word. Wanneer elke koorlid se oë straal met die essensie van die musiek, dan het jy meer as die gemiddelde bereik.

* André van der Merwe rig drie kore af: die Stellenbosch Univer-siteitskoor, wat onlangs tydens ’n optrede adj. pres. Kgalema Motlanthe tot trane gedryf het, die Stellenberg Meisiekoor (tweede beste jeugkoor in die wêreld) en die Suid-Afrikaanse Jeugkoor.



Wat is jou gunsteling-sportsoort?
Ek respekteer en bewonder veral spansport. Ek self gym gereeld – mense besef nie hoe fiks ’n koorleier moet wees nie. ’n Mens deel baie energie met ’n koor!


Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 15-18°C Showers late. More sun than clouds. Mild. Pta: 11-31°C Sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 12-26°C Sunny. Pleasantly warm. Bfn: 16-28°C High level clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 16-29°C More sun than clouds. Warm. PE: 16-24°C Scattered showers. More clouds than sun. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Kamptoerusting!

Ons het al die kamptoerusting wat jy nodig het teen pryse wat jou kop sal wegblaas. Gaan loer nou daarna!

Wees voorbereid vir Nasionale Braaidag!

Dit is nooit te vroeg om te begin voorberei vir Braaidag nie. Tref voorbereidings met al ons ongelooflike braai-gereedskap. Koop nou!

Koop 3 boeke & betaal vir 2

Die goedkoopste van die 3 boeke sal gratis wees. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Bepalings en voorwaardes geld. Koop nou!

Winskopie van die week!

Hisense se 40” ten volle HD LED-televisie nou R3999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry tot 25% afslag op die 25 gewildste media-produkte!

Bespaar tot 25% op die jongste topverkopers van boeke, flieks, speletjies en musiek. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Winskopie van die week!

Hisense se 40” ten volle HD LED-televisie nou R3999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!