Leermeester: Theodore Yach

2012-07-14 16:02

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Vir ’n verstommende 64 keer het die Kaapse sakeman en langafstand-swemmer Theodore Yach al Robben-eiland toe en terug geswem. Nou verskyn sy inspirerende outobiografie.

Jy’s al sedert die jare tagtig ’n langafstand-swemmer. Hoekom dit begin doen?
Ek het ’n agtergrond van swem- en waterpolokompetisies en ek wou aanhou swem terwyl ek my loopbaan ontwikkel het. My broer, Derek, het ’n paar keer tussen Robbeneiland en Kaapstad geswem en sy sukses het my lus gemaak.

Jy het in 2009 die eerste mens geword om van Drieankerbaai om Robbeneiland en terug te swem, in ’n tyd van 11 uur. Hoe’t dit gevoel?  
Dit was epies omdat niemand dit ooit probeer het nie en talle mense voorspel het ek gaan misluk. Ek was regtig bly dat ek dit kon regkry, en só een van my belangrikste swemuitdagings kon voltooi.

Hoekom geniet jy dit om langafstande in die see te swem?
Daar’s geen grense nie en dis ’n pragtige, natuurlike omgewing met seegediertetjies inkluis.

Wat wil jy vir mense vertel in jou boek In My Element wat volgende week bekend gestel word?
Die doel van die boek is om kennis te deel. Hopelik sal swemmers én mense wat nie swem nie die boek geniet. Swemmers sal leer hoe om ’n loopbaan in oopwaterswem te begin en nie-swemmers sal leer om altyd die see te respekteer.

Jy’s ook ’n direkteur by Zenprop, een van Suid-Afrika se top-eiendomsontwikkelings- en beleggingsmaatskappye. Wat is jou belangrikste sake-beginsels?
Deursettingsvermoë en integriteit.

Wat is jou benadering tot sukses?

Sukses is nooit ’n gegewe nie. Daar’s altyd haakplekke. Ek probeer daarom op die einddoel fokus en om deur te druk totdat ek my doelwitte bereik. En daarna stel ek nuwe doelwitte. Só motiveer ek ook ander mense.

Wat’s jou beste raad aan jongmense?
Kry die beste kwalifikasie moontlik. Bou dan strategies ’n loopbaan en raadpleeg gereeld jou mentors.
 
Wat was jou grootste sakemislukking?
Om “vriende” te vertrou.

En het jy iets daaruit geleer?
Wees ontsettend versigtig met wie jy sake doen en probeer om perspektief te behou. Dis nooit maklik nie.

Jy kan tog nie net swem nie…
Ek’s dol oor geskiedenis en het oor die jare ’n redelike biblio-teek opgebou. Die Renaissance-tydperk is ook fassinerend, veral die Katolieke pouse van dié era.

Wat is die hoogtepunt van jou loopbaan tot dusver?
Daar was al baie. Waarskynlik die fantastiese mense wat ek ontmoet het en saam met wie ek gewerk het. Baie van hulle is uitsonderlik talentvol en ding mee met die wêreld se bestes.

Wat wil jy nog bereik?
Dis my geheim… 

Jy’t al by verskillende plekke wêreldwyd geswem, soos die Engelse Kanaal.
Watter een is jou gunsteling?
Dis maklik. Dit móét Robbeneiland wees. Oor die 30 jaar wat ek al Robbeneiland toe en terug swem, het dit van ’n verguisde tronk vol wagtende Suid-Afrikaanse leiers verander in ’n ikoniese plek van herinneringe vir mense van oor die wêreld heen. Dis baie emosioneel vir my.

In My Element is beskikbaar by The Book Lounge (021 462 2425) teen R275.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 14-19°C More sun than clouds. Mild. Pta: 9-22°C Sunny. Mild.
Jhb: 9-18°C Sunny. Mild. Bfn: 4-21°C Sunny. Mild.
Dbn: 13-26°C Sunny. Mild. PE: 16-21°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.