Lyftaal: Moesie na die maan

2012-09-20 14:08

Lesersfoto’s Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

My vrou vertel van haar kleintyd in die vroeë 1960’s, hoe sy en haar sussies eers glase water met opgeloste Engelse sout moes afsluk voor die plaasvakansie by Ouma en Oupa kon begin – om die stadsjapies se bloed te suiwer. Elkeen is beloon met ’n malvalekker om die smaak van die tong te vee.

Met Erfenisdag om die draai verlang ons terug na dae toe medici ver was en welmenende boeremense jou enige ding kon injaag om jou reg te dokter van enige kwaal.
Was dit alles net goedgelowigheid, die oorwinning van die placebo-effek? Enigiets waarin jy jou geloof giet, kon opsluit wondere verrig. Blaas jou moesie na die volmaan.

Boere-voodoo?

Vir jig kon jy ’n mooi bandjie van ’n likkewaanvel afsny en dra waar die pyn is. Bloekomolie, veldperdemis en Brasso het glo ook verligting gebring. 

Bygelowe, ouvroustories, die daaglikse stryd om den brode, beperkte kennis van vooruitgang op mediese gebied kan ter versagting aangevoer word.

Die webwerf peterjasie.co.za, waarop ’n lys boererate voorkom, waarsku pertinent: “Moet ASSEBLIEF nie die rate gebruik alvorens jy dit met ’n dokter of ten minste ’n apteker bespreek het nie. Party van die konkoksies kan gevaarlik wees!!”

(Hoeveel van ons gawe grootouers het die dokter of “ten minste” die apteker geraadpleeg voor die bloedjies met konkoksies mishandel is?) 

Peterjasie beveel kamilletee, hawermoutpap en liquorice vir hiperaktiewe kinders aan, sekerlik sagter op die magie as Engelse sout!

Vir hik: “Sit yssak agter op nek of bruinpapiersak oor mond – haal diep in en uit asem en vra ’n BAIE moeilike vraag – soos wanneer laas het die ou ’n wit perd gesien – die diep denke stop hik heeltemal.”

Ek was verbaas hoeveel van my ingeligte pêlle – almal baby boomers wat hou van rockmusiek, kunsflieks en tegnologie – boererate gebruik.

Hullette Pretorius van Linden, Johannesburg, glo onwrikbaar in ’n mengsel van Vaseline, gliserien en babapoeier as ’n kuur vir skurwe voete.

“Die babapoeier laat dit so bietjie dikker word, anders sit jy met ’n pappery. Smeer aan, trek sokkies aan en gaan slaap – môre het jy gladde voete!”

“Vicks onder die voete is goed vir ’n toe neus. Gooi asyn in die afspoelwater om donker hare te laat blink. ’n Skeut gemmer-brandewyn help vir griep en verkoue – dalk maak dit die kieme dronk?

“My kinders is op Scotch Emulsion grootgemaak – dis visolie in ’n lekkerder formaat – en hulle het nooit siek geword nie. Vis-olie (vandag ook in omega 3) verrig wondere om jou bloed gesond te hou...”

Cor Bester, ’n veeartstegnoloog aan die Universiteit van die Noorde, Potchefstroom, smeer gereeld kerswas gemeng met paraffien aan sy gebarste hakskene. “Dit werk. My asmaborsie kry gereeld Vicks op. Vir oorpyn het ek al ’n gekneusde malvablaar in my oor gedruk. Kappertjieblare op brood is ook goed; kappertjies het natuurlike antibiotika... ”

Joernalis Tim Sandham van Johannesburg vertel sy ma gebruik wynruitblare (rue of herb of grace) om haar longe oop te kry. Kneus die blare in ’n sakdoek en adem in; dit gee blykbaar net aanvanklike verligting.

’n Pretbron van boererate en ’n prutpot van taalvondse is Oupa en Ouma se Boererate (Tafelberg, 1962). Slaan enige plek oop en lag jouself gesond.

Vir slegte spysvertering: “Dra ’n geskroeide neut by jou. Eet kort-kort ’n stukkie daarvan, en as hy wegraak, moet jy eers soek.”

Seeroë (sic): “Neem die vel van ’n slang wat vervel het, maak dit nat en lê dit op die oë vir ’n paar minute, herhaal drie keer per dag.”

Kroep: “Stamp ’n skilpad fyn – hydjie en meitjie – en druk die sop daarvan uit en gee die kind wat kroep het so veel as hy kan drink en sy keel sal gou oopgaan.”

Kouekoors: “Drink warm suikerwater en sit ’n emmer koue water onder die bed.”

Sproete: “Melk ’n perd en was die gesig daarmee, laat droog word, en dan kan dit weer afgewas word.”

Haargroei: “Vryf growwe sout in die kaalplekke en u sal verbaas wees om te sien dat u hare na ’n paar weke weer daar begin groei.”

Rugmurgontsteking: “Meng menswater (urine) en kalk. Doop ’n stukkie ongebleikte linne daarin en lê dit kort-kort op die hoof. Hou so aan tot goeie beterskap ingetree het.”

Hoë bloeddruk: “Trek dagga en drink soos tee.”

Skilfers: “Vrywe vars varkvet in die kopvel.”

Hik: “Neem ’n swart hoenderveer en stop dit in papier. Rook dit, sluk bietjie van die rook, en die hik sal weg wees.”

Antoinette Pienaar, kruievrou van Beaufort-Wes en skrywer van Kruidjie roer my (Umuzi, 2008), bevestig: “Geloof en toe-wyding laat die boereraat werk.”

Sy deel twee rate wat sy self beproef het: “As ’n keffertjie jou byt – ’n chihuahua het my hand op ’n keer oopgeruk – moet jy van die hond se maanhaar afsny. Dan draai jy dit met gifbolblaar en lap teen die wond toe. ’n Hond byt mos uit aggressie; sy maanhaar trek daai aggressie uit.”    

Sy glo in die krag van ’n kasterolie-pak: “Drup kasterolie sigsag op ’n flennie-lap en bind dit van onder die bors tot by die skaambeen. Dis goed vir die liggaam en verlig pyn.

“Ek het geval en my rib seergemaak, die pak opgesit en op ’n warm-watersak gaan lê. Dis mos Palma Christi – die Palm van Christus – en dit werk.”

Mense het ’n nostalgie vir boererate, meen sy. “Jy moet jou liggaam koester en dit sal gedy. Destyds het die mense pasgebore babatjies met kasterolie blink gesmeer, die hele lyfie, pensie en boudjies. Jy lag as jy hoor jy moet ’n kat se vel aftrek vir ’n kind met kroep – maar vir ’n siek kind sal jy mos jou eie vel aftrek!” 

 “Vryf growwe sout in die kaalplekke en u sal verbaas wees om te sien dat u hare na ’n paar weke weer daar begin groei.”

Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 9-19°C Mostly sunny. Mild.
Jhb: 6-15°C Sunny. Cool. Bfn: 2-18°C Sunny. Mild.
Dbn: 10-22°C Sunny. Mild. PE: 10-22°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Tablet Asus Nexus 7'' 3G met 32GB nou R1 999

Kry die Nexus 7”-tablet met Wifi & 3G vir slegs R1 999 en bespaar R500! Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Plaas ’n voorafbestelling vir die Xbox One

Die vermaaksentrum wat jou alles-in-een bied – regstreekse TV, flieks, sosiale netwerke en speletjies. Plaas jou voorafbestelling nou!

Tot 50% afslag op haarsorgprodukte!

Bespaar tot 50% op professionele haarsorgprodukte by kalahari.com. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Nuwe e-boeke beskikbaar!

Maak jou gereed vir ’n lekker leeservaring wat e-boeke insluit soos Good Morning, Mr Mandela; Laaste dans, Drienie; Die brug na Haven en nog baie meer. Koop nou!

Hisense Infinity Prime-slimfoon

Bespaar R1 000 op die Hisense Infinity Prime 1-slimfoon. Nou R1 999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!