Lyftaal: Siek van tres

2012-05-05 15:20

Lesersfoto’s Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Wanneer laas het jy iemand in die verkeer geskel of ’n deur toegeklap? Is jy soms tranerig sonder rede, ongeduldig met die kinders of eenvoudig net te moeg vir seks? Dit kan ’n teken wees dat jy aan chroniese stres ly. Langtermyn-stres is baie sleg vir jou gesondheid. Maak daarom ’n draai by ’n deskundige sodat jy alledaagse druk en spanning onder beheer kan kry!

DR. YESHEEN SINGH
Voedingkundige

“Stres word misverstaan – mense dink dit hou verband met sekere situasies of verhoudings. Maar stres is ’n simptoom van wanbalanse in die liggaam weens ons moderne leefstyl – interpersoonlike druk is hoog, mense eet ongesond en oefen te min. Kos speel ’n belangrike rol, want dis iets wat ons kan beheer. Goeie gesondheid is ’n balanstoer¬tjie tussen jou emosies, die kos wat jy eet en fisieke oefening. Wanneer een van die drie uit balans is, moet die ander harder werk om die balans te herstel. Om stres op die liggaam te verminder moet jy alle “pro-inflammatoriese” kosse, soos kitskos, verfynde suiker en graan, uitsny.

MAKLIKE WENKE

Vermy kosse wat inflammasie veroorsaak soos kitskos en verfynde suikers.
Eet minder kosse wat baie transvette en suiker bevat, soos diepgebraaide kos of fyngebak.
Eet minder vleis en meer kosse wat van plante afkomstig is.
Moenie kos te veel verwerk nie en eet dit so na as moontlik aan die natuurlike vorm. Kies byvoorbeeld hawermout bo graanvlokkies. Hawermout is nog in sy natuurlike vorm, maar graanvlokkies is verpulpde graan en byprodukte wat in ’n ander vorm gegiet is. 

KONTAK www.healthnation.co.za of 076 229 4662


MARIANNE PARSONS
Fisioterapeut

“Mense kom dikwels na my toe met klassieke simptome, soos spannings¬hoofpyne en spierpyne in die borug-, nek- en skouerarea. Stres sit maar altyd agter daardie pyn.
“Pasiënte ervaar pyn erger wanneer hulle gestres is, want die streshormone beïnvloed die senuvesels wat pyn begelei.
“Nog ’n fisiologiese reaksie op stres is meganiese veranderings in die liggaam, wat dan pyn veroorsaak. Meganiese oorlading in die spierweefsel, byvoorbeeld, kan pynlike plekke of ‘knoppe’ veroorsaak. Dis gewoonlik weens lang sessies voor die lessenaar in ’n swak sittende posisie.
“Ek behandel die oorlaaide areas met die hand, met droënaald-terapie of deur die areas op te bind.
“Behandeling help, maar is van
korte duur as die pyn/stres-siklus nie verbreek word nie.”

MAKLIKE WENKE

Korrigeer jou kantoor se ergonomie. Sit met die middel van jou rug teen die rugleuning van ’n goeie stoel.
Staan gereeld op en beweeg. Loop rond in die kantoor en strek elke nou en dan ’n bietjie.
Wees pro-aktief. As die pyn nie verminder nie of erger word, gaan sien
’n fisioterapeut.
KONTAK www.physiosandton.co.za of 011 884 5302


ELISE FOURIE
Voorligtingsielkundige

“Daar is verskeie faktore wat bydra tot mense se hoë stresvlakke. Eerstens is daar die ‘normale’ stressors soos werk, kinders grootmaak en verhoudings.
“En dan word die res bygevoeg: Die gebruik van selfone en e-pos-kommunikasie skep by ’n mens die indruk dat enige probleem onmiddellik aangespreek moet word, wat op sy beurt bydra tot stres.
“Finansiële kommer dra baie by – veral onder die middelklas-salaris¬trekkers wat sien hoe hulle salaris al hoe minder kan koop.
“Die politieke klimaat dra verder by tot stres, want mense is bekommerd oor die volhoubaarheid van die land.
“Lewensbedreigende siektes, soos kanker, is aan die toeneem, en misdaad dra ook by.
“Mense voel al hoe minder in beheer en dit op sigself verhoog stresvlakke.”

MAKLIKE WENKE
Lewe in die nou
Fokus op daaglikse aktiwiteite, soos om tyd saam met jou kinders deur te bring.
Beoefen stresbestuurtegnieke
Meditasie en joga kan help.
Hou ’n gesonde werk/lewe-balans
Behou dinge in jou lewe wat vervullend en herstellend is.
KONTAK 012 348 1342

REGARDT HOFFMAN
Persoonlike instrukteur

“Wanneer jy stres ervaar, stel jou liggaam die streshormoon kortisol vry, wat die ‘veg-of-vlug’-reaksie veroorsaak sodat jy doeltreffend kan optree. Maar langdurige blootstelling daaraan kan lei tot onder meer hartsiektes, spysverteringsprobleme, depressie en vetsug.
“Wanneer jy oefen, breek jou liggaam dié hormone af en dit stel endorfiene vry, daardie goedvoel-hormone wat soos natuurlike pynstillers werk.
“Ander chemikalië wat help om stres en angstigheid te verminder, soos dopamien en serotonien, word ook afgeskei wanneer jy oefen.
“Deur die spiere moeg te maak, te sweet en diep asem te haal om meer suurstof deur jou stelsel te kry versterk jy jou metaboliese tempo en laat jy jou liggaam optimaal funksioneer.
“Dis maklik, kostedoeltreffend en die resultate is tasbaar.”

MAKLIKE WENKE

Beweeg
Oefen gereeld en maak dit pret.
Hou jou dieet dop
Bly weg van verfynde suiker en ander verwerkte kosse.
Praat dit uit
Moenie dinge opkrop of impulsiewe besluite neem as jy kwaad is nie.
KONTAK 082 828 5023


WAT IS DIE VERSKIL TUSSEN STRES EN ANGS?

Mense ervaar stres elke dag en dit word gewoonlik veroorsaak deur ’n situasie of gedagtes wat jou gefrustreerd, kwaad of angstig laat voel. Angs is dus ’n newe-effek van stres. Angs gaan gewoonlik gepaard met gevoelens van vrees en bekommernis.


Oor-die-toonbank
Daar is verskeie produkte wat jy sonder voorskrif kan kry om jou stresvlakke onder beheer te help bring. Twee algemenes is Rescue Remedy en Biral, maar bespreek eerder eers jou simptome met die apteker sodat hy die beste produk vir jou toestand kan voorstel. Vitamien B-aanvullings werk ook stres teë.

Voorskrif

Daar is baie voorskrif-medikasies vir stres¬behan¬deling, maar dié opsies moet met ’n dokter of psigiater bespreek word en onder toesig van ’n deskundige geneem word.

Simptome van stres

• Droë mond: Stres kan veroorsaak dat jy minder speeksel vervaardig en kan ’n slegte asem of selfs tandbederf tot gevolg hê.
• Vergeetagtig: ’n Onvermoë om te konsentreer en vergeetagtigheid kan ook tekens wees van stres.
• Seer spiere: Wanneer jy stres ervaar, span jou spiere, wat op sy beurt veroorsaak dat jy uitgeput voel. Veral rugspiere is geneig om styf te word of in spasma te gaan.
• Sweet: ’n Hormonale reaksie tot stres is om te sweet en daarom kan mense onder druk soms baie sweet – veral onder die arms.   
• Rustelose bene: Stres kan ’n chemiese wanbalans in die liggaam veroorsaak wat die spiere in jou bene rukkings laat kry.
• Toename in gewig: Die streshormoon kortisol laat vet om jou middellyf versamel.
• Gaap: As jy baie gaap maar glad nie moeg is nie, beteken dit dalk dat jy vlak asemhaal, wat maak dat jy gaap sodat die liggaam meer suurstof kan kry.

VERTAAL EN BYGEWERK WILMA STASSEN  BRONNE WEBMD, HEALTH24

Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 11-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 14-28°C Showery. More sun than clouds. Pleasantly warm.
Jhb: 10-21°C Passing showers. More sun than clouds. Mild. Bfn: 6-17°C Sunny. Mild.
Dbn: 14-25°C Passing showers. More sun than clouds. Mild. PE: 13-15°C Heavy rain. Mostly cloudy. Cool.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Kamptoerusting!

Ons het al die kamptoerusting wat jy nodig het teen pryse wat jou kop sal wegblaas. Gaan loer nou daarna!

Wees voorbereid vir Nasionale Braaidag!

Dit is nooit te vroeg om te begin voorberei vir Braaidag nie. Tref voorbereidings met al ons ongelooflike braai-gereedskap. Koop nou!

Koop 3 boeke & betaal vir 2

Die goedkoopste van die 3 boeke sal gratis wees. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Bepalings en voorwaardes geld. Koop nou!

Winskopie van die week!

Hisense se 40” ten volle HD LED-televisie nou R3999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry tot 25% afslag op die 25 gewildste media-produkte!

Bespaar tot 25% op die jongste topverkopers van boeke, flieks, speletjies en musiek. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

The Real Meal Revolution (boek & e-boek)

Die doel van The Real Meal Revolution is om jou lewe te verander deur jou eetgewoontes te leer wat jou in beheer plaas van jou gewig en jou gesondheid. Bestel nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!