Lyftaal: Slaaploos in Sandton, Soweto of Seepunt

2012-07-14 16:02

Slaap is die nuwe seks. Hoeveel jy kry, hoe goed dit is, hoe lank dit hou. By die werk, aanlyn, by dinees – mense praat verlangend van daar-die salige toestand wat Shakespeare – wat ook aan insomnie gely het – eens beskryf het as die “natuur se sagte verpleegster”.

Die gespanne bestuurshoof wat bekommerd is oor die jaar se oudit, die skoonma-ker wat vroeg moet opstaan om tou te staan vir ’n taxi, die ouer met ’n pasgebore baba: Slaap-ontneemde mense is oral, wandelend soos zombies en moontlik net so gevaarlik.


Gesondheidsrisiko’s

In ’n wêreld van hartsiektes, beroertes en kanker was slaap nog altyd laag op die lys van gesondheidsprioriteite. Maar daar is toenemende bewyse dat slaapontneming ’n ernstige probleem is.

“Slaap beïnvloed alles – jou immuunstelsel, hormone, beengroei, geheue en gemoed,” sê dr. Kevin Rosman van die Slaapsentrum in Morningside, Johannesburg.

Om en by 15% van mense ly aan slaapstoornisse. Te min slaap verhoog jou risiko vir diabetes met 2,5%, ’n hartaanval met 45% en jou kanse om dood te gaan van enige rede met 12%. Daar is ook ’n verwantskap tussen gebrek aan slaap en vetsug, sê dr. Karine Scheuermeir van Wits Universiteit se Slaap-laboratorium. Gebrek aan slaap maak jou letterlik dom: ’n Volwassene wat vir 19 uur wakker is, presteer net so goed in ’n bestuurs-toets as iemand wat wettiglik dronk is.


Tipes slaapstoornisse


Die algemeenste slaapversteurings is:

Insomnie Jy sukkel om aan die slaap te raak of om aan die slaap te bly.

Slaap-apnee Jy hou tydelik op asemhaal terwyl jy slaap.

Snork Dit word veroorsaak deur ’n versperring van die lugweë terwyl jy slaap.

Rustelose bene-sindroom Tinteling, gejeuk of pynlike sensasies in die bene wat keer dat jy aan die slaap raak.

Behandeling

Kognitiewe gedragsterapie Dit behels die verandering van jou roetine voor jy bed toe gaan en is in die algemeen die beste langtermyn-oplossing vir insomnie.

Voorskrifmedikasie Verskeie is doeltreffend en kan deur jou dokter voorgeskryf word. Maar wees versigtig – dis verslawend en kan jou die volgende oggend deurmekaar laat voel. Beslis nie ’n langtermyn-oplossing nie.

Antihistamiene soos Allergex kan jou lomerig maak en is beskikbaar oor die toonbank.

Rescue Remedy en ander kruie-behandelings wat oor die toonbank beskikbaar is, kan help in matige gevalle.

Melatonien ’n Hormoon wat jou interne klok beheer en natuurlike slaappatrone beïnvloed.

Dieet Kos wat hoog is in triptofaan, soos suiwelprodukte, kan help met slaap. Dieselfde geld vir koolhidrate.

Maar oppas dat jy nie ’n midder-nagtelike yskas-rower word nie – dis die skakel tussen  insomnie en vetsug.  

Slegte slaapgewoontes


Nagsopie Hoewel alkohol jou slaperig maak, meng dit in met jou normale slaappatrone, wat beteken dat jy minder verfris wakker word.

TV-kyk en iPad-lees
Kunsmatige ligbronne truuk die brein om te dink dat jy nog moet wakker bly. Dis die beste om alle ligbronne uit jou kamer te verwyder (selfs die wekker).

Werk in die bed Kenners meen jou slaapkamer is net vir slaap en seks bedoel, nié vir e-pos stuur nie.

Swaar maaltye As jy vier ure voor slaaptyd ’n groot maaltyd eet, gaan dit inmeng met jou slaap.

Laatnag-oefening
Joga of strekoefeninge is goed, nie oefening wat jou hartklop versnel nie.

’n Glas water Hou twee ure voor slaaptyd op vloeistof drink. Hoe meer jy moet opstaan om toilet toe te gaan, hoe minder slaap jy.

Skakel die verwarmer af
Slaap word geaktiveer wanneer jou liggaams-temperatuur daal, so hou jou kamer koel.

Slaap laat
Te veel slaap kan jou net so moeg maak as te min slaap.

Te vroeg in die bed Dit gaan jou nie help slaap nie – jy gaan net wakker lê tot jou gewone slapenstyd.

Middagslapies Dit laat jou sukkel om saans aan die slaap te raak.



Slaapsentrums:

Morningside 011 784 0278
Kaapstad 021 633 2215

Lees Rapport se kommentaar beleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 13-20°C Sunny. Mild. Pta: 10-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 8-17°C Sunny. Mild. Bfn: 7-16°C Sunny. Cool.
Dbn: 17-24°C Rain late. Morning clouds. Mild. PE: 12-19°C Heavy rain. Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Escape winter, head to Mauritius

Escape winter by spending 7 nights in Mauritius' tropical bliss from R13 215 per person sharing. Includes return flights, airport transfers and accommodation.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Spesiale aanbiedinge vir Moedersdag!

Bederf Ma met dié ongelooflike spesiale aanbiedinge wat haar hart sal laat vermurwe. Koop nou!

Parfuumwinskopies vir Moedersdag!

Bederf Ma met spesiale parfuumwinskopies en geskenkpakke vir Moedersdag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Oefen sonder dat dit ’n plaas se prys kos

Tot 30% afslag op alle toerusting vir joga, om jou fiksheid te verbeter en jou spiere sterker te maak. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

RYOBI-gereedskap

Gee uiting aan jou innerlike DDS-geesdrif met RYOBI-gereedskap. Koop nou!

Spesiale aanbiedinge vir Moedersdag!

Bederf Ma met dié ongelooflike spesiale aanbiedinge wat haar hart sal laat vermurwe. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!