Maklike eiervrug- en-tamatiegebak

2012-10-21 14:52

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

GENOEG VIR 4
BEREIDINGSTYD 10 minute
GAARMAAKTYD 30 minute

Wie het nou tyd om ure in die kombuis deur te bring? Hannah Lewry het ’n vinnige maaltyd vir vleisvrye-Maandag ontwikkel.

“Dié gebak is heerlik, veral danksy die rokerige geure van die geroosterde eiervrug. Jy kan die tamatiesous in minder as 30 minute maak, maar as jy tyd het, laat dit bietjie langer prut, dit sal die wag werd wees.”

Eiervrug-en-tamatiegebak
1 ui, fyngekap
60 ml (4 e) olyfolie
3 knoffelhuisies, fyngedruk
2 400 g-blikke gekapte tamaties
3 takkies vars origanum
growwesout en varsgemaalde swartpeper
15 ml (1 e) tamatiepasta
10 ml (2 t) suiker
5 ml (1 t) rooiwynasyn
2 groot eiervrugte, in dun skywe gesny
200 g parmesaankaas, gerasper
vars groenslaai en warm brood om voor te sit

1 Verhit die oond tot 200 °C.
2 Vir die tamatiesous, verhit 30 ml (2 e) olyfolie oor ’n lae hitte en braai die ui vir so vyf minute tot sag. Voeg die knoffel vir die laaste minuut by.
3 Voeg die tamaties, twee takkies origanum en sout en peper na smaak by. Laat prut vir 15 minute.
4 Voeg nou die tamatiepasta en suiker by en laat prut vir nog 15 minute. Haal dit dan van die stoof af en roer die asyn by.
5 Terwyl jy die sous maak, verhit die res van die olyfolie en braai die eiervrug oor ’n medium hitte vir so drie minute aan ’n kant tot dit liggies geskroei is. Geur met sout en peper na smaak.
6 Pak die skywe eiervrug op ’n groot oondbestande opdienbord en bedek met lae van die tamatiesous en parmesaan. Hou van die kaas uit en strooi dit saam met die res van die origanum bo-oor.
7 Bak tot die gereg begin borrel en die kaas goudbruin is. Sit warm voor met ’n vars groenslaai en warm brood.  




Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 14-16°C Showers early. More sun than clouds. Cool. Pta: 3-17°C Sunny. Mild.
Jhb: 3-14°C Sunny. Cool. Bfn: 1-15°C Sunny. Cool.
Dbn: 9-25°C Sunny. Mild. PE: 12-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Aquarius Suites - Blouberg Strand, Cape Town

Spend 2 nights for R2 710 per person sharing at Aquarius Suites - Blouberg. The special includes accommodation, return flights, airport taxes, car rental and local travel insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Winskopie van die week – kry tot 60% afslag!!

Kry tot 60% afslag op DVD’s, Blu-rays, speletjies en musiek dié week by kalahari.com. Aanbod geldig tot 23 Junie solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Leapster GS Explorer + gratis speletjie

Ervaar al die vinnige aksie, nou met ’n nuwe opwindende ontwerp, wat volgepak is met opvoedkundige elemente vir kinders en kry ’n gratis speletjie. Koop nou!

Asus VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm

Bespaar R1000 op Asus se VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm, dubbelkernverwerker, Windows 8, 2GB RAM en 500GB se bergingsruimte. Afgelewer binne 24 uur + gratis aflewering. Koop nou!

Ashes-krieket 2013

Kry die amptelike video-speletjie van die 2013 Ashes-krieketreeks. Beskikbaar vir Wii U, PS3, Xbox & PC. Vandeesweek beskikbaar. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.