Maklike feeskos

2012-12-16 00:04

Brie-kaas met pruim-en-pienk-peperkorrel-compote

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

In ’n warm land soos Suid-Afrika wil ’n mens nie op Kersdag voor die stoof staan nie. Volg dié twee resepte deur Abigail Donnelly, kosredakteur van Taste, vir ’n moeitevrye maar heerlike feesmaal.

Koop die Desember-uitgawe van Taste vir nog vakansiekos-resepte (R31,95).

Gerookte ham met Oosterse slaai

GENOEG VIR 4
BEREIDINGSTYD 15 MINUTE


Bestanddele

200 g gerookte ham, soos Woolworths se boekenhout- (beech) gerookte ham
Slaai
10 g vars ment
10 g vars basilie
10 g vars koljander
’n halwe komkommer,
  in linte gesny
70 g mangetout, geblansjeer
30 g geroosterde kasjoeneute
15 ml olyfolie

Slaaisous
¼ koppie ryswynasyn
¾ koppie soetrissiesous

Aanwysings
1 Meng al die bestanddele vir die slaai in ’n groot mengbak.
2 Rangskik die slaaibestanddele op ’n opdienbord en sit die skywe gerookte ham bo-op. Meng die slaaisous-bestanddele goed en drup oor die slaai.

WYNWENK
Delheim se Shiraz 2009 (R94) met sy sagte bessie- en speserygeure sal goed hierby pas.

Brie-kaas met pruim-en-pienk-peperkorrel-compote

GENOEG VIR 4 - 6
GAARMAAKTYD 30 MINUTE
BEREIDINGSTYD 5 MINUTE

Bestanddele
1 Grande Brie-kaas van   Woolworths, of ’n paar  gewone brie-kase

Compote
120 g suiker
625 ml water
¼ koppie rooiwynasyn
5 ml pienk peperkorrels
1 steranys
5 ml kardemom
6 pruime, middeldeur gesny

Aanwysings
1 Sit al die compote-bestanddele behalwe die pruime in ’n kastrol. Roer tot die suiker opgelos het en verhit dan die mengsel tot kookpunt. Voeg die helfte van die pruime by en kook vir 15 minute terwyl jy nou en dan roer.
2 Voeg die res van die pruime by en kook vir nog 10 tot 15 minute tot die vloeistof dik en taai raak.
3 Sny die kaas in ’n stervorm en skep die compote bo-oor.

WYNWENK

Die aarbeigeure en droë palet van Bergsig se Shiraz Rosé (R45) is die ideale pasmaat by dié stylvolle nagereg.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 15-23°C Sunny. Mild. Pta: 10-18°C Morning clouds. Mild.
Jhb: 8-14°C Morning clouds. Cool. Bfn: 9-19°C More sun than clouds. Mild.
Dbn: 14-22°C Morning clouds. Mild. PE: 12-24°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Drama- & liefdes-DVD’s – 2 vir R99

Moenie ons spesiale aanbiedinge van liefdes- en drama-DVD’s, wat jou ure voor jou skerm vasgenael sal hou, misloop nie. Die aanbod is geldig vir solank daar voorraad is. Koop nou.

Eksklusiewe spesiale aanbod op Wii U

Spaar R999 op hierdie wonderlike aanbod: Wii U 8GB-konsole, basiese pakket, + ’n bykomende stel + Nintendo Land. Nou net R4399.95. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Opruimingsuitverkoping! Spaar tot 60%

Besoek ons opruimingsuitverkopingwinkel vir asemrowende aanbiedinge en spaar tot 60%. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Witwarm winskopie van die week! Bespaar R2000 op die Samsung Galaxy SIII

Kry die Samsung Galaxy SIII vir slegs R4999.95. Dit is ontwerp vir die mens, maar geïnspireer deur die natuur. Word binne 24 uur versend. Terwyl voorraad hou. Koop nou!

Dan Brown’s se jongste roman, Inferno

In Dan Brown se nuwe roman, Inferno, is die Harvard-simboolkenner Robert Langdon weer aan die stuur van sake. Dit speel af in die hartjie van Europa, waar Langdon ingetrek word in ’n raaisel rondom een van die geskiedenis se oudste en geheimsinnigste literêre meesterwerke. Die langverwagte roman word vandeesweek uitgereik. Plaas jou bestelling nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.