Modern maniere: My tantriese hart

2012-12-08 14:25

Shakti Mari Malan het, nadat sy seksueel ontwaak het, haar naam verander na Shakti, ’n Sanskrit-woord wat onder meer vroulike kreatiwiteit/seksuele mag beteken. | Foto Rob Perica

Lesersfoto’s Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Haar naam is dalk ongewoon, maar sy’t ’n stoere Afrikaanse van: Malan. Shakti Mari Malan. Dr. Malan.

Sy het ’n doktorsgraad in sosiale antropologie, maar haar jongste titel is dakini.

“Dis ’n vrou wat die wysheid van tantra bemeester het en dit onderrig,” verduidelik Shakti (44). “Ek gebruik die term dakini omdat my kennis en vermoëns kom uit die eeue oue tradisie van tantra.” (Shakti is ’n Sanskrit-woord wat onder meer vroulike kreatiwiteit/seksuele mag beteken.)

En met haar nuwe boek, Sexual Awakening for Women: A Tantric Workbook* wil Shakti vroue leer om hulle seksualiteit as ’t ware in eie hande te neem en daardeur ’n dieper band te skep tussen hulle seksualiteit en hulle hart.

Dis ’n gids vir vroue wat belang-stel in die verband tussen seksua-liteit en spiritualiteit, “en braaf genoeg is om dit te verken”.

Baie jare gelede was dit die wyse ouer vroue se taak om die jong mans en vroue bymekaar te kry wanneer hulle seksueel begin ontwikkel, verduidelik sy.

“Voordat hulle mekaar seksueel ontmoet, sou hulle eers tyd kry om hulleself te leer ken.

“Ek speel nou die rol van daardie wyse ouer vrou wat ander vroue die unieke aard van hulle seksualiteit leer.”

Shakti vertel sy het ’n ver pad gestap op haar spirituele reis van “oorwerkte, oorpresterende antropoloog” tot seksuele leermeester.

“Toe ek in my laat twintigs was, het ek chroniese moegheid ontwikkel. Ek het begin wonder oor die doel van die lewe. En dit was duidelik soos daglig: Dit gaan oor die reis na binne.”

Deesdae bied Shakti wêreldwyd klasse aan om haar kennis te deel, waarvoor haar antropologie-agtergrond nuttig te pas kom.

“Dit het my geleer om mense te benader met nuuskierigheid en belangstelling. Wanneer ek met mense werk, gaan ek van die standpunt uit dat ek niks weet nie. Ek luister en luister en luister, en geleidelik word die prentjie van die ander persoon duidelik.”

Haar boek bevat raad en prak-tiese oefeninge wat jy alleen of saam met ’n groep vriendinne kan doen. Benewens tantriese asem-halings-oefeninge is die fokus sterk op balans en selfliefde om jou seksuele energie wakker te maak.

“Dié energie word kundalini genoem, en gewoonlik uitgebeeld as ’n slang wat drie en ’n half keer opgerol lê by die basis van jou ruggraat,” verduidelik Shakti. “Die slang bly net daar lê en slaap tot jou seksuele energie magtig genoeg is om jou te laat ontwaak.”

Dan beweeg jou seksuele energie opwaarts deur jou liggaam sodat jy een kan word met jou hele wese. Wanneer jy daardie punt bereik, kan jy uitkom by die groot beloning van tantriese seks: sogenaamde vallei-orgasmes wat vir ure kan aanhou. Dit beteken ’n stadige opbou van energie (ontspan – opbou – ontspan – opbou), wat ’n ontspanne, deurdringende en langdurige orgasme tot gevolg het.

Nee, verseker Shakti, dis nie harde werk nie en binne enigeen se bereik. “Ek sê altyd jy moet fiks en soepel wees vir tantra, anders gaan jy wel swaarkry.”

Die “werk” lê eintlik in ’n kop-skuif, nie in jou lyf nie: “Die probleem is ons wêreld moedig manlike kenmerke soos prestasie aan, en daarom is baie vroue nie werklik geïnteresseerd in hulle vroulikheid nie. Dus is die boek vir die brawe vroue wat weet daar is meer aan vrouwees as wat hulle deur kondisionering geleer is.”

Shakti meen vroue is al vir lank “seksueel aan die slaap”, vandaar die nodigheid om te “ontwaak”.

“Ons seksuele onderrig kom van ons kêrels en mans wat nie eens mánlike seksualiteit verstaan nie, wat nog te sê vroulike seksualiteit. Ons seksualiteit is ’n kragtige bron van selfaktualisering.”

En wat kry mans daaruit?

Shakti se antwoord is kort en kragtig: “Beter – en meer – seks!”

Wanneer ’n man meer bewustelik liefde maak, verander sy verhouding met seks van iets kortstondigs na ’n lang, lang liefdespel en dus verdiepende seks, verduidelik sy. Vir die vrou is seks dan nie meer ’n taak nie, maar ’n ekstatiese oopmaak van haar volle potensiaal.

“Sonder ’n verdieping van die vroulike vermoë om die lewe ryk en diep te voel, te proe, te ruik, raak die lewe vervelig en uitputtend.

’n Vol lewe vereis die ontwikkeling van ons manlike én vroulike aspekte. As ’n vrou haar seksualiteit uitleef deur haar manlike sy, gaan sy seks nie geniet nie, of dit net oppervlakkig ervaar.”

Dis waar tantriese seks die prentjie verander… 

Shakti meen vroue is al vir lank “seksueel aan die slaap”, vandaar die nodigheid om te “ontwaak”.


LEGENDARIESE TANTRA

Dis eintlik Bob Geldof se skuld dat die wêreld glo Sting is ’n heeldag-tantra-man, het sy vrou, Trudie Styler, verlede jaar aan The Telegraph verduidelik.

Bob se onderhoud met Sting het in ’n kroeg plaasgevind en ná ’n hele paar drankies het die gesprek na seks verskuif. Bob het Sting gespot dat hy waarskynlik heeldag lank kan seks hê omdat hy joga doen.

Sting het volgens Trudie vir Bob verduidelik dit gaan eintlik oor die intieme band met jou seksmaat, wat ’n goeie opsomming van tantra is, en daar word Sting se dronkpraatjies, wat hy volgens haar nie eens die volgende dag kon onthou nie, toe sommer ’n legende. Dis nogal jammer dié een is nie waar nie.

Ander beroemdes wat na bewering aanhangers is van tantra, is Diddy, Heather Graham en Chelsea Clinton.

Plaaslike bekendes is minder uit-gesproke oor hulle bedsake, maar daar is baie van hulle wat joga doen!

* Sexual Awakening for Women: A Tantric Workbook deur dr. Shakti Mari Malan (Shakti, R250). Dis beskikbaar by Exclusive Books, of bestel by bianca.bodysoul@gmail.com.

KORTLIKS TANTRA


Die doel van tantra is om seksuele energie te gebruik om seksueel te ontwaak. Die vloei van energie word gestimuleer deur te werk met die seksuele onbewuste (byvoorbeeld fantasie en onderdrukking) en die verfyning van seksuele energie sodat dit letterlik die hele liggaam vul, verduidelik Shakti. Konvensionele seks gaan oor die uitwerp van spanning deur die sametrekking van spiere om ’n orgasme te kry. In tantra gaan dit oor die verbintenis tussen hart en seks, en om die goddelike in jou te ervaar deur jou oop te maak vir diep en subtiele seksuele ekstase.

Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 15-23°C High level clouds. Mild. Pta: 11-26°C Sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 9-22°C Sunny. Mild. Bfn: 9-28°C Sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 12-26°C Morning clouds. Mild. PE: 12-22°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Sales Reps

Rosebank
Weebee Rewards
R4 000 - R8 500 Per Month

Afrikaans Sales Call Centre Consultant, Kempton Park

East Rand
DAV Professional Placement Group
R5 000 Per Month

Internal Sales Consultant

Rosebank
New East Consulting Services (Pty) Ltd
R5 500 - R20 000 Per Month

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Kamptoerusting!

Ons het al die kamptoerusting wat jy nodig het teen pryse wat jou kop sal wegblaas. Gaan loer nou daarna!

Wees voorbereid vir Nasionale Braaidag!

Dit is nooit te vroeg om te begin voorberei vir Braaidag nie. Tref voorbereidings met al ons ongelooflike braai-gereedskap. Koop nou!

Koop 3 boeke & betaal vir 2

Die goedkoopste van die 3 boeke sal gratis wees. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Bepalings en voorwaardes geld. Koop nou!

Winskopie van die week!

Hisense se 40” ten volle HD LED-televisie nou R3999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry tot 25% afslag op die 25 gewildste media-produkte!

Bespaar tot 25% op die jongste topverkopers van boeke, flieks, speletjies en musiek. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Winskopie van die week!

Hisense se 40” ten volle HD LED-televisie nou R3999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!