Moderne maniere: Die reëls van die gholfbaan

2012-07-14 16:02

Wie’s die mense wat so gereeld agter ’n wit balletjie op ’n groen grasperk aanloop? Wel, daar is drie soorte gholfspelers – en daar is reëls.

Daar is drie soorte gholfspelers, sê ’n omie wat homself as ’n kenner beskou, eendag vir my.

“Ek kén my gholf,” verseker hy. En wie is ek  om te stry? Hy jaag al vier dekades lank die wit balletjie aan na  ’n gaatjie iewers op ’n gemanikuurde setperk. En sy drie soorte spelers is: Die Uitverkorene, Die Waaghals en Die Onderdanige.

Die Uitverkorenes is bo-aan die voedsel-ketting. Beroepspelers. Dis nou die Louis Oosthuizens en Ernie Else van die lewe, wat met gholf brood en botter op die tafel van meer as een herehuis plaas, of egte Franse sjampanje van Champagne kan bekostig, meestal verkil in die yskas van ’n private straler. Beslis ’n lonende beroep.

Net onder hulle is Die Waaghalse – hoogs talentvolle amateurs wat graag saam met dié beroepshonde wil blaf. Sommige slaag daarin en behaal sukses, maar die grootste gros verdwyn in gholf se eie Bermuda-driehoek saam met ander beroepspelers wat goed is, maar net nie goed genóég nie.

Die Onderdaniges is die laaste groep, en die grootste.

“Dis amateurs soos ek en jy, wat week ná week aanmeld met die brandende begeerte om net één keer die baan op sy plek te sit, te wys wie is baas,” verduidelik die omie.

Dít gebeur wel soms. Maar selde. Meestal nooit. Tog gaan Die Onderdaniges altyd terug om wéér te probeer. As die gholfgogga gebyt het, bly jy in sy mag tot die dag dat jy jou stokke op Gumtree verruil vir iets soos ’n Ford Granada se remligte of ’n elektriese mengbak van Moulinex.

Ondanks verskillende vaardigheidsvlakke is daar een ding wat alle gholfspelers op gelyke voet plaas. Dis die groot gemene deler en dis so belangrik dat dit vervat is in die amptelike reëlboek van gholf, soos opgestel deur die Royal & Ancient Golf Course of St. Andrews, in samewerking met die Amerikaanse PGA.

Etiket is die heilige graal van die spel. Dit het als te doen met jou optrede, jou maniere en jou voorkoms op die baan. Of, soos die omie dit stel: “Lýk minstens soos Bobby Locke, al speel jy soos ’n bobbejaan.”

Sedert die eerste gholfreëls in sewentien-voertsek aangeteken is, word van deel--nemers verwag om die baan, jou toerusting en bowen-al jou medespelers te respekteer.

Dis die kernbeginsel van gholf-etiket.

Voor in die R&A-reëlboek staan: “Play the ball as it lies, play the course as you find it, and if you cannot do either, do what is fair.”

Oor etiket spesifiek, sê die R&A: Dis ’n stel reëls en gebruike wat ontwikkel is om gholf ’n veiliger, meer genotvolle spel te maak en die moontlikheid van skade aan die baan en toerusting te verminder.

“Die grondbeginsel is om ander spelers te alle tye in ag te neem.”

Benewens die beginjare, toe gholf as ’n eksklusiewe sport  vir mans beskou is (daar is selfs – verkeerdelik! – aangeneem  die Engelse woord “golf” is ’n akroniem vir Gentleman Only,  Ladies Forbidden), geld dieselfde etiket vir mans en vroue.

 Vandag bestaan ’n stel (grootliks ongeskrewe) gebruike en  (vasgestelde) reëls wat op die speler se voorkoms en gedrag op die baan van toepassing is. En dit geld op feitlik elke gholfbaan reg oor die wêreld, ampertjies asof iemand ’n globale Emsie Schoeman aangestel het om ’n ogie oor spelers te hou… 

Pieter Redelinghuys probeer al 30 jaar lank gholf speel, sonder veel sukses, maar blink uit op die 19de putjie…




10 etiket-gebooie van gholf

1  Daag betyds op, minstens ’n halfuur voor jy moet afslaan, en, soos die omie sê: “Lyk respektabel.”
Die algemene norm vir kleredrag is ’n hemp met ’n kraag, ingesteek by ’n langbroek of Bermuda-kniebroek met
’n gordel. Vergeet maar van daai snow-wash denim. Gholf-skoene (nie tekkies, sandale of Crocs nie) is ’n vereiste.
2  Die aanvaarde gebruik is die persoon met die laagste voorgee slaan eerste af. Ná almal afgeslaan het, kry die persoon wie se bal die verste van die vlaggie lê eerste speelkans. Op die volgende putjie geniet die een met die beste telling voorrang. Moenie uit jou beurt speel nie!
3  Moet onder geen omstandighede praat of lawaai as iemand anders gaan speel nie. Staan botstil. Moet ook nie direk agter iemand staan wat gaan slaan nie. Skuins agter die slaner is ideaal. As jy voor ’n speelmaat is, probeer om buite sy gesigsveld te kom.
4  Beteuel jou humeur, al wil die spel jou laat slange vang. Om te vloek, ’n gholfstok te gooi, te kla oor jou vrotsige geluk of jou sak te wil skepskop uit frustrasie is gewoon goor maniere en onaangenaam vir jou medespelers.
5  Moenie na jou bal toe drentel nie. Stap doelgerig en speel sonder om onnodig tyd te mors. As jy ’n bal in die bosse gemoker het, laat die reëls jou maksimum vyf minute soektyd toe. Hou daarby. As jy moet speel, maak seker die ander span voor jou is buite trefafstand.
6  Respekteer die baan. As jy ’n sooi gras uit die skoonveld geploeg het, vul die gat met sand. As jou bal ’n merk op die setperk gelaat het met die landslag, herstel dit. Ná jy uit ’n sandkuil gespeel het, maak die oppervlak weer gelyk met ’n hark (nie jou gholfstok of skoene nie!).
7  Moenie op ’n medespeler se setlyn op die setperk loop nie – dis die denkbeeldige pad waarop die bal gaatjie toe gaan rol. Sorg ook dat jou skaduwee nie oor dié lyn val nie. Staan ’n ent weg – nóóit agter nie – van iemand wat moet set en staan stil tot hy klaar gespeel het.
8  As jy ’n gholfkarretjie gebruik, hou op die pad wat daarvoor uitgelê is. Bly op die pad tot jy parallel is met waar jou bal lê. Parkeer dan en stap na jou bal. Moet onder geen omstandighede op of naby ’n setperk of bof ry nie.
9  Skakel jou selfoon áf vir die duur van jou ronde.
10  Dis goeie etiket om ná ’n ronde ’n drankie te drink saam met jou speelmaats. As jy weet jy kan dit nie maak nie, sê hulle voor die tyd.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 17-23°C Sunny. Mild. Pta: 9-21°C Sunny. Mild.
Jhb: 8-16°C Morning clouds. Cool. Bfn: 7-20°C Morning clouds. Mild.
Dbn: 15-25°C Sunny. Mild. PE: 14-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Senior Actuarial Specialist

Cape Town Northern Suburbs
Communicate Cape Town IT
Market Related

Senior Management Accountant

Gauteng
Communicate Cape Town IT
R550000 - R600000

Cost Accountant

Gauteng
Communicate Cape Town IT
R380000 - R400000

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Drama- & liefdes-DVD’s – 2 vir R99

Moenie ons spesiale aanbiedinge van liefdes- en drama-DVD’s, wat jou ure voor jou skerm vasgenael sal hou, misloop nie. Die aanbod is geldig vir solank daar voorraad is. Koop nou.

Eksklusiewe spesiale aanbod op Wii U

Spaar R999 op hierdie wonderlike aanbod: Wii U 8GB-konsole, basiese pakket, + ’n bykomende stel + Nintendo Land. Nou net R4399.95. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Opruimingsuitverkoping! Spaar tot 60%

Besoek ons opruimingsuitverkopingwinkel vir asemrowende aanbiedinge en spaar tot 60%. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Witwarm winskopie van die week! Bespaar R2000 op die Samsung Galaxy SIII

Kry die Samsung Galaxy SIII vir slegs R4999.95. Dit is ontwerp vir die mens, maar geïnspireer deur die natuur. Word binne 24 uur versend. Terwyl voorraad hou. Koop nou!

Dan Brown’s se jongste roman, Inferno

In Dan Brown se nuwe roman, Inferno, is die Harvard-simboolkenner Robert Langdon weer aan die stuur van sake. Dit speel af in die hartjie van Europa, waar Langdon ingetrek word in ’n raaisel rondom een van die geskiedenis se oudste en geheimsinnigste literêre meesterwerke. Die langverwagte roman word vandeesweek uitgereik. Plaas jou bestelling nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.