Moderne maniere: WAT GAAN IN MY KIND SE KOP AAN?

2012-07-07 14:35

Lesersfoto’s Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Dit is maar net een van die 100 vrae waarop Suzette Truter in haar boek, Hoe gemaak met my dikmond kind?, probeer antwoorde gee. Hier’s ’n voorsmaak.


Toe my laatlam-seuntjie laerskool toe gaan, letterlik meer as ’n dekade ná sy twee ouer susters, het ek agtergekom ma’s en pa’s kwel hulle oor baie dieselfde goed as toe ek die vorige keer my kinders daar afgelaai het.

My boek – met 100 uiteenlopende vrae (klein en groot) – probeer om enersyds kenners se professionele perspektief hierop te gee, en andersyds ouers se prakties-beproefde raad.

VRAAG: Ek wil so graag hoor hoe my negejarige se skooldag verloop het, maar hy reageer so bot. Sy juffrou sê dit gaan goed op skool.

ANTWOORD: Daar’s ’n magdom redes hoekom party kinders ’n hond uit ’n bos gesels en ander nie. Van persoonlikheid (hy hou dalk nie daarvan om oor homself
te praat nie) tot sensoriese oorlading (hy “skakel af”, omdat hy nie te veel impulse van buite, soos klanke, reuke of kleure, kan hanteer nie…)

Maar die kruks van die saak: Doen dit anders. Kies ’n beter geselstyd. Hy wil dalk ná ’n besige dag eers ontspan. As jy hom nie druk nie, sal hy waarskynlik later uit sy eie dinge deel. Leer om te “lees” wanneer hy ontvanklik is. Skep gemoedelike geselstye saam – soos as julle saam krieket kyk of skaak speel.

DOENLYSIE
• Vermy vrae wat hy net met ja of nee kan antwoord. Vra byvoorbeeld: “Wat was die lekkerste ding wat vandag gebeur het?” Vrae wat met “hoekom” begin, kan hom weer negatief en op die verdediging maak.
• Moenie dat hy voel dat jy hom druk of bymotiewe het nie. Al is daar net ’n persepsie van kritiek (waar of nie), soos dat jy eintlik op sy huiswerk ingestel is, kan hy steeks raak.
• As hy wel praat, moenie hom peper met vrae om alles uit hom te kry nie. Hy gaan toeslaan. Praat minder, luister meer.

VRAAG: My twaalfjarige dogter is pure kind, maar baie van haar maats het reeds ontwikkel, dra grimering en het kêrels. Sy voel uitgesluit, want hulle praat nou oor onderwerpe en doen dinge waarin sy nie belangstel nie.

ANTWOORD: Dis pynlik as jou portuurgroep jou verwerp – en op dié ouderdom dalk nog meer so.

Ria de Villiers, voorligtingsielkundige, sê twaalfjariges is dikwels verstrengel in emosionele, sosiale en fisiologiese veranderinge. Jou dogter is nie meer ’n afhanklike jong kind nie, maar nog nie ’n volbloedtiener nie. Sy is steeds baie afhanklik van jou. Ondersteun haar en gee leiding. Sy luister nog na jou mening, maar dis ook vir haar belangrik dat haar portuurgroep haar aanvaar.

Luister empaties. Sy moet veilig voel by jou en wéét dat jy haar emosies verstaan en dit nie veroordeel of afmaak as onbenullig nie.

Help haar om oor haar persepsies na te dink. Soos: Stoot almal in die groep my regtig uit?

Verduidelik dat kinders teen ver¬skillende tempo’s ontwikkel en persoonlikhede verskil. Jy moet ander se andersheid respekteer, al stem jy nie noodwendig saam nie.

Praat gereeld met haar oor haar fisieke ontwikkeling wat nog kom, sodat sy kan saamgesels met hulle. Bespreek situasies wat kan opduik en hoe sy kan optree. Dan kan sy in ’n situasie ’n deurdagte besluit neem, eerder as om skielik daarmee gekonfronteer te word.

DOENLYSIE
Bedink saam planne, soos:
• Sy doen steeds dinge saam met haar maats wat sy ook geniet.
• Sy nooi een of twee meisies in die groepie oor wat meer soos sy dink.
• Sy hoef nie deel te neem aan aktiwiteite/gesprekke waarin sy nie belangstel nie.
• Oorweeg ’n nuwe stokperdjie of sport. Sy ontmoet dalk nuwe maats.
 
VRAAG: Aan hoeveel aktiwiteite moet my seun deelneem? Dis deesdae perdry, wiskunde, rugbykliniek, gholf… En hy’s net agt! Wat het geword van speel? Of selfs ’n
bietjie verveeld wees?


ANTWOORD: Jy’s nie al ouer wat met dié vraag worstel nie. Daar is deesdae ’n internasionale Slow Parenting-beweging, ’n soort reaksie teen ouers wat hulle kinders se skedules volprop. Carl Honoré, die voorperd, raak skoon driftig oor ouers se “beheptheid met mededinging” en geneigdheid om jong kinders te “mikrobestuur”, soos hy dit stel.

Hy reken ons moet ontspan en die balans kry tussen te veel en te min vir ons kinders doen.

Baie ouers is deesdae geneig om hulle kinders se programme te oorlaai, sê dr. Erika van der Wateren, kliniese sielkundige. “Natuurlik is dit goeie blootstelling en jou kind leer wonderlike vaardighede. Party kinders is dol op besig wees, maar nie almal nie. Onthou dat ’n kind sy hoogtepunt teen universiteitsouderdom behoort te bereik. Dit is dus sinloos as hy dan moeg is en sonder lus vir nuwe uitdagings. Jong kinders het ’n voltydse werk – speel.”

Kenners verskil hieroor, maar ’n goeie maatstaf is twee of drie aktiwiteite. Dit hang van hom af. As hy dit geniet (hy hoef nie briljant te vaar nie), is jy op die regte pad.

DOENLYSIE
• Moenie hom altyd “vermaak’’ nie. Laat soms jou verveelde kind aan homself oor sonder om in te spring met gestruk¬tureerde spel. Hy bedink dalk ’n verbeeldingryke speletjie.
• Laat hy eers ’n klompie toets en dan kies waarvan hy hou en daarop fokus.
 
VRAAG: ’n Vriendin se dogter kraak myne af. Ek nooi haar nie meer nie, want my kind is altyd ontsteld daarna. My vriendin vra nou of iets skort.

ANTWOORD: Dis ’n moeilike ene… maar ’n effe onwetenskaplike steekproef onder ’n groep laerskoolma’s lewer ’n verbasend homogene uitslag: Dink twee keer voor jy jou uitlaat oor ander mense se kinders. (Selfs al hét sy jou gevra.) Dit kan terugkom na jou toe.

Neem ook in ag hoe heg julle vriendskap is. Verstaan julle mekaar? Kan jy haar met vrymoedigheid vertel?

Anne Cawood, ’n maatskaplike werker, sê ’n ware vriendin sal sulke openlikheid waardeer. Stel dit net taktvol.

As sy verdedigend raak, luister empaties, maar erken dat jy wou eerlik wees. As sy steeds aanstoot neem, moet jy dalk julle vriendskap heroorweeg. Of gee haar tyd om dit te verwerk.  

Die vrae en antwoorde is verkort vir die artikel.
Die boek verskyn by Tafelberg (R185).

BOEKBONUS
Tien My Tyd-lesers kan elk ’n eksemplaar gratis kry. E-pos* die woord DIKMOND, jou naam, kontaknommer en posadres vóór 16 Julie 2012 aan mytyd@newmediapub.co.za. (*Net een inskrywing per persoon.)

Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 12-16°C Showers early. More sun than clouds. Cool. Pta: 8-20°C Sunny. Mild.
Jhb: 5-14°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 0-13°C Sunny. Cool.
Dbn: 11-21°C More sun than clouds. Cool. PE: 11-17°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Financial Systems Administrator

Sandton
Network IT Bruma
R250 000 - R300 000 Per Year

Senior Internal Auditor

East Rand
Network Finance Corporate
R400 000 - R450 000 Per Year

Financial Manager

Sandton
Communicate Midrand Finance
R1 300 000 - R1 400 000 Per Year

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Kry tot 25% afslag op die 25 gewildste media-produkte!

Bespaar tot 25% op die jongste topverkopers van boeke, flieks, speletjies en musiek. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar R700 op die Hisense LED TV

Kry die Hisense 32” HD LED TV vir slegs R2499. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Nuwe musiek-CD’s & DVD’s teen R99 elk

Kry gewilde nuwe musiek-CD’s en DVD’s teen R99 elk. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Soos gesien op TV – Nuwe boeke teen slegs R199 elk

Kry besparings wat jou kop sal wegblaas op nuwe boektitels. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar tot 40% op modetoebehore

Bespaar tot 40% op uitgesoekte handsakke, beursies, horlosies, juwele en nog baie meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar tot R2000 op die gewildste elektroniese ware

Kry elke dag besparings wat jou kop sal wegblaas op die gewildste elektroniese ware. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!