Motorfietsry 101

2010-06-05 10:46

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

 Toe ek ’n laitie was, het ek ’n held gehad. Charlie Tissen, onbetwiste Suid-Afri­kaan­se veldfietskampioen. As hulle daar by Syringa Spa net buite Johannesburg gejaag het, was ek daar. Elke keer het hy die res van die hoopvolles in hulle kas in gery.

Eenkeer het hulle almal weer so weggespring en toe die stof sak, sit Charlie ewe rustig nog net daar en wag, hande gevou op die tenk. Toe al die jaers al klaar deur die eerste draai doer voor is, skop hy rustig sy rooi Honda 250CR aan die brand en wheelie daar weg. Drie rondtes later toe’s hy weer voor.

Ja, Charlie was my held. Ek wou ook soos hy kon ry. Ag, om te leer om net effe so goed soos hy te kon ry was my begeerte, maar motorfietse was nou nie juis hoog op die waarderingslys van die res van my huismense nie.

Ek kry toe nog ’n held die volgende jaar toe ek koshuis toe is in Lichtenburg. In my klas was so ’n lang, maer rooikop genaamd Annies. Nee, Annies was nie my nuwe held nie; hy was net my beste pel, maar sy ouboet Cobus was my nuwe held. Want hy het ’n Suzuki TS250 gehad. ’n Egte, regte scrambler. En hy het my op hom laat ry.

Vandag, 35 jaar later, het ek nog nooit opgehou ry nie. En vandag, 35 jaar later, sit ek in ’n klaskamer saam met 21 ander studente. ’n Klaskamer in Klipbokkop Mountain Resort net buite Worcester waar ek deur Country Trax se instrukteurs geleer gaan word om motorfiets te ry. Gmf, dink ek. Is ek nie steeds in een stuk nie? Het ek nie net laas jaar 20 000 km altesame getoer nie? Gmf, dink ek, ek kan mos.

Langs my in die klaskamer sit Mandi Engelbrecht. Mandi-meerkat; bol senuwees en babbelbek. Sy het twee jaar gelede ’n motorfiets gekoop. Dadelik die bekendstellingskursus gedoen. Sy is ’n Jan Staal-dissipel. Sy doen alles wat hulle sê. As die teer ophou en die grond begin, spring sy regop. Ek weer, ek sit op daai saal. Hoekom is hy dan daar? Ek het hom mos saam met die motorfiets gekoop. Gmf…

Leon Kroukamp bied die kursus aan. Jan Staal (eintlik Du Toit) is ook daar.

Aanvanklik het ek oor als verskil. Vat nou maar toe ons noodstoppe moes doen. Hulle leer jou om eers jou agterrem vas te skop en daai wiel te sleep. Onmiddellik stry ek. ’n Fiets se stopvermoë lê tog in die voorwiel, dan nie? Ek bedoel, kyk net, daar’s twee reuseremskywe voor teenoor een kleintjie aan die agterwiel.

Rustig laat Jan my my saak stel. Dan verduidelik hy: “Jy’s reg, ja, 80% van jou stopvermoë is jou voorwiel. Jy sleep jou agterwiel nie om te stop nie, maar om te stabiliseer.” Hy tel ’n kort stokkie op en gooi dit na my toe. Die dingetjie woer-woer gatoorkop onbeheerbaar deur die lug. Hy vat toe weer die stokkie, bind ’n toutjie daaraan vas en gooi hom weer. Hy trek pylreguit vorentoe. Sleurkrag, noem die slimmes dit. Slim mense, dié lot.

Toe verduidelik hy verder van regopstaan. Nie regopstaan-bekruiper nie, regopstaan-aanval. Eerstens, in jou voete is daar balanspunte, in jou sterre is daar niks. Tweedens, as jy nou ’n kort stokkie vat, is dit moeilik om hom op jou vinger te balanseer. Maar vat nou ’n lang stokkie dan raak dit al hoe makliker. Maar dan kom daar nou ook ’n verdere wet ter sprake. Om daai lang stokkie te kan balanseer, moet jy vir sy verste, boonste punt kyk. As jy vir die basis kyk, val hy. So, as jy motorfiets ry, kyk jy nie hier vlak voor jou waar jy ry nie; jy kyk doer ver waar jy gáán ry. Dis die drie goue reëls van veldfietsry: “Stand up, look up, open up.”

Kort daarna ry ons die kegels, o, die ewige kegels. Hulle pak hulle so ’n paar meter uitmekaar en jy moet tussen hulle deurvleg. Sulke helder oranje uiters sigbare kegels. Ek vleg en vleg en vloek. Ek ry kegels pap. Hoekom? Ek kyk nie waar ek moet ry nie, ek kyk vir die kegels. Agter my kom Mandi-meerkat aan. Senubol, babbelbek. Sy wat nie stry nie. Sy wat ’n dissipel is. Seksie gatjie links, handvatsel regs. Swiep-swiep om die kegels. Volpunte.

Hoe ook al, dié kursus leer jou die wetenskap van jou ysterperd verstaan. Logies, sinvol, maklik. Jy weet skielik hoekom al daai goed werk. Maar dit leer jou meer as net motorfietsry. Dit leer jou oor die lewe. Kameraderie. Dié manne kan ’n army oorlog toe vat met dit wat hulle in drie dae regkry.

Een van die eerste oefeninge is hoe om jou motorfiets op te tel as hy plat is. (Let wel, jy val nie om nie, jy het net ’n platlê-voorval.) Dis die laaste keer wat jy hom alleen hoef op te tel; as jy daarna so ’n voorval tref, is jou kamerade by om jou op te help. Ego speel nie ’n rol nie. Nou-nou lê jy plat. Nè, Jan? (Maar niemand het jou gesê daai grondwal is so sag nie…)

Desnieteenstaande, die week ná die kursus ry ek weer die Karoo plat. By Boontjieskraal swiep ek af slap links, Greyton se kant toe. Drie draaie verder lê daar ’n lang, reguit pad. KTM se stofstreep wys wat gebeur. Die volgende oomblik hop daar ’n rondebol-sokkerbol-Wêreldbekerbol reg voor my in. En ’n klein asgat-aspatat kroontjie-oppie-voorkop-Jantjie agterna. Sonder om twee keer te dink gaan staan en trap ek die agterrem plat. Die agterwiel sleep. Ek het sleurkrag. Ek vat daai voorrem vas. Ek stop drie tree van Jantjie af. Grootoog kyk hy my aan, sokkerbol veilig onder die arm.

“Askies, Oom.”

Ek kyk net vir hom. Dan verby hom. Verder noord in die rigting van Klipbokkop en Amersfoort. Dankie, Leon. Dankie, Jan. Ná 35 jaar het ek uiteindelik iets begin leer van motorfietsry.

Gmf…

Wie | Wat

Om te leer wat is bo en onder en voor en agter van jou motorfiets, kontak Celia le Roux van Country Trax vir kursusse by info@bikebookings.co.za en 082 895 5009 of besoek www.bikebookings.co.za.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLVO

S40 2.0 MY06
2007
R 185,000.00

TOYOTA

Corolla 1.3 Professional MY10
2011
R 149,950.00

VOLKSWAGEN

Polo Sedan 1.4 Comfortline
2011
R 176,999.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.