My ma ís in anys...

2012-01-28 13:36

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

My ouma is in kaneel. Daar’s iemand in anys...

Ek het grootgeword met dié woorde van D.J. Opperman, maar as kind het ek dit as ’n liedjie van Jan de Wet geken. Eers later in my lewe, toe die wêreld van die letterkunde vir my oopgegaan het, het ek besef dit is ’n getoonsette gedig.

Die konsep van “My nooi is in ’n nartjie” was vir my heel vreemd. Ek het met kinderlike onskuld gewonder hoe op aarde ’n mens dan op ’n nartjie verlief kan raak. Die kaneel-deel kon ek nog verstaan, want my ouma het die lekkerste pannekoek met baie kaneelsuiker gebak. Ek het nooit uitgevind wie die “iemand in anys” is nie, maar was altyd mal daaroor as my ma anysbeskuit of skuinskoek bak.

Noudat die wêreld van geure en die assosiasies wat ’n mens daarmee maak vir my meer sin het, kan ek met sekerheid sê die “iemand in anys” is my ma.

Wanneer ek die geur van anys kry, neem dit my terug na ons plaaskombuis. Ek sien haar weer voor die ou geel-en-groen Jewel-stoof staan. Die aand voordat sy beskuit bak, is die groot, wit emaljeskottel uitgehaal en is daar ingesuur en geknie. Die deeg is geknie totdat dit perfek elasties was. Daarna is die deeg en emaljeskottel lekker warm in die grys deegkombers en warmwatersak toegemaak om oornag te rys. En môreoggend staan die deeg uitgedy soos ’n Karoo-koppie, byna reg om gebak te word.

Met die eerste sonstrale wat nuuskierig in die kombuis rondsnuffel, het Ma weer vir oulaas die deeg geknie en laat rys. Die stoof – wat die vorige aand al perfek gepak is met koerantpapier, fyn stukkies hout en uiteindelik die dikker stukke hout vir die kole bo-op?–?is dan vinnig aangesteek. Daar was nie elektrisiteit op die plaas nie.

Met die ketel kokend op die stoofplaat het sy haar eerste koppie tee gedrink. Teen daardie tyd het die vuur lustig in die Jewel gebrand en het die oond ook al warm geraak. Ma het dan weer die beskuitdeeg afknie en die anysbolletjies netjies in die met vet gesmeerde beskuitpanne gepak. Die panne is naby die stoof neergesit om vir die laaste keer uit te rys. ’n Stukkie deeg is altyd eenkant gehou om later skuins-koek daarvan te bak, ’n lekkerny waarmee ek grootgeword het.

Ma het met haar hand die temperatuur van die oond getoets en kon presies sê wanneer die oond reg is om die beskuit daarin te bak. Die panne is dan in die oond gedruk en só, met die geur van varsgebakte anysbeskuit die hele huis vol, is ons een vir een wakker gemaak vir ontbyt by die groen Panelite-tafel. Die beskuit is lekker dik gesmeer met plaasbotter en vyekonfyt, en as Ma ons rêrig verder wou bederf, was daar ook gekerfde biltong op die tafel. Dit was koningskos... en nou is dit onthoukos, met die anysgeur wat haar vir ’n oomblik weer in my kombuis laat vertoef.

Van my vriende kyk my skuins aan as ek aankondig ek gaan skuinskoek bak. “Wat is dit?” wil hulle nuuskierig weet. Dan verduidelik ek geduldig dit is soos anysbeskuit, behalwe dat stukke deeg in ’n wors op ’n meelbestrooide oppervlak opgerol word. Die meelworse word dan met ’n skerp mes in skuinskoekies gesny. Daarna word dit in warm olie gebraai tot mooi goudbruin. Wanneer jy skuinskoek bak, is dit lekker om te sien hoe party sommer vanself omdop dat die wit magies, wat so pas na bo gewys het, ook aan die ander kant lekker bruin kan braai. Behoorlik asof hulle haastig is om geëet te word!

Skuinskoek met aartappelsuurdeeg

Alta le Roux het haar skuinskoekresep met my gedeel. Dit lyk dalk tydsaam, maar dit is absoluut die moeite werd.

Aartappelsuurdeeg:
1 aartappel
15 ml elk sout en suiker
5 ml droë gis

Metode:
Die aand voordat jy skuinskoek bak, moet jy eers die aartappelsuurdeeg maak. Rasper die aartappel in ’n Consol-glasbottel.
Voeg die sout, suiker en gis by. Vul halfpad met louwarm water en laat oornag op ’n warm plek gis. Dit moet erg skuim en skerp ruik as jy die bottel oopskroef.

Deeg:
250 g botter
500 ml suiker
750 ml melk
3 eiers van ’n vrylopende hen
75 ml anyssaad
2,5 kg koekmeel
olie

Metode:
Die volgende oggend bring jy die botter, suiker en melk tot kookpunt. Haal die mengsel van die stoof af sodra dit begin kook en laat afkoel tot louwarm. Giet die melkmengsel in ’n skottel en voeg dan die aartappelgis deur ’n sif by die melkmengsel. (Die aartappels word nie by die mengsel gevoeg nie. Dié kan jy weggooi.)
Klits dan die eiers en anyssaad by die melkmengsel in.
Skep die koekmeel in ’n ander mengbak. Maak ’n gaatjie in die middel van die meel en begin die melkmengsel stadig by die meel in knie totdat dit ’n sagte, hanteerbare deeg vorm. Plaas die deeg in ’n emaljeskottel en maak warm toe met ’n kombers. Laat die skottel vol rys met die deeg.
Knie die deeg af en rol dit dan uit sodat dit soos ’n lang wors lyk. Sny dit skuins in 3?cm-stukke. Diepbraai die skuinskoeke in genoeg olie tot goudbruin.
Skuinskoek is heerlik terwyl dit nog warm is, maar kan ook gevries word om later warm te maak as ’n lekkerny saam met ’n beker koffie of tee.

Maklike anysbeskuit

Jy benodig:
2,5 kg koekmeel
15 ml sout
3 x 10 g-pakkies kitsgis
250 ml anyssaad (jy kan minder gebruik)
250 g gesmelte botter
1 blik (397 g) kondensmelk
louwarm water

Metode:
Meng die meel, sout, gis en anys. Meng die botter en kondensmelk saam en voeg by die droë bestanddele. Begin knie en voeg louwarm water bietjies-bietjies by om ’n sagte, kniebare deeg te vorm. Dit neem nogal ’n tydjie, maar moenie haastig wees nie.
Sit die skottel op ’n warm plek neer en bedek die deeg. As die deeg tot dubbel sy volume gerys het, knie dit af tot sy oorspronklike grootte.
Voorverhit die oond tot 200°C. Vorm klein bolletjies met die deeg en pak dit in vooraf bereide broodpanne. Bedek die panne en laat dit weer uitrys voordat jy die beskuit bak.
Bak vir 10minute teen 200°C en dan vir sowat 35 minute teen 180°C. Keer die beskuit uit die panne en laat afkoel. Die beskuit is baie lekker om net so vars te eet, of droog dit uit in ’n lou oond.



Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 13-19°C High level clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 15-25°C Sunny. Mild. PE: 14-26°C Sunny. Warm.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Database Administrator

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R500000 - R550000

DBA

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R500000 - R550000

SQL Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R400000 - R420000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.4 Trendline MY05
2007
R 109,995.00

FORD

Bantam 1.3i XL AC PU MY09
2010
R 104,990.00

NISSAN

Hardbody 2400i D-Cab 4x4 PU
2005
R 135,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.