Nuwe skoene, nuwe mens

2012-09-21 11:19

Ek noem hulle my jongmens-skoentjies, dié kleurryke steweltekkies waarin ek kan slaap, kerk toe, gimnasium toe, oorlog toe…

As kind het ek vreemd gelyk in hulle, my enkels was te dun en die skoene te groot en lank, kompleet hanswors. Nou is die enkels dik genoeg (nie dat ek trots is daarop nie).
En die skoene? Hulle is goed vir die gemoed en laat my jonk voel.

Dat ’n vrou van my ouderdom moet kan pronk in mooi, vroulike skoene soos stewels of hakke, dít weet ek. Ek lees oor die nuutste modeneigings in glanstydskrifte en sien hierdie skoen pas by daardie rok, en kyk net, enkelstewels is weer in die kol. Ek blaas geld op sulke skoene en dra dit na troues of spoggeleenthede, en probeer my bes om daarin te dans.

My ma sê iemand wat 40 word, moet  “ordentlike” skoene hê – dit pas mos immers by die ouderdom. Ek hét rooi hakke, perses, swartes, noem maar op – hulle is daar. Hulle is bitter mooi om na te kyk, maar tog so swaar om te dra.

Ek bewonder mense soos ’n sekere kollega wat selfs met spykerhakke kan hardloop. Ek verwonder my aan die hakkies aan die Kardashians se voete en verkyk my aan Kimora Simmons se skoenvertrek – nie net ’n kas nie, hoor. Ek wil graag meer gereeld sulke skoene dra, maar my voete raak dom in hakke.

Ja, ek staan op die rand van 40, maar hierdie jongmens-skoene maak my meer opgewonde as enige hoë hak. My nuwe paar tekkies – perses nogal – het nou die dag al die pad uit Abu Dhabi gekom, en ek dra hulle pal.

Die tekkies is déél van my, sommige mense kyk eerste na my voete as hulle my sien. Dis wie ek is.

En dit het niks met my ouderdom te doen nie.  

* Haidee Muller is senior verslaggewer by Huisgenoot en een van die beoordelaars in die werklikheids-reeks Saktyd op kykNET.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 17-22°C Sunny. Mild. Pta: 9-21°C Morning clouds. Mild.
Jhb: 8-16°C Morning clouds. Cool. Bfn: 7-20°C More sun than clouds. Mild.
Dbn: 15-26°C Morning clouds. Mild. PE: 13-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Drama- & liefdes-DVD’s – 2 vir R99

Moenie ons spesiale aanbiedinge van liefdes- en drama-DVD’s, wat jou ure voor jou skerm vasgenael sal hou, misloop nie. Die aanbod is geldig vir solank daar voorraad is. Koop nou.

Eksklusiewe spesiale aanbod op Wii U

Spaar R999 op hierdie wonderlike aanbod: Wii U 8GB-konsole, basiese pakket, + ’n bykomende stel + Nintendo Land. Nou net R4399.95. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Opruimingsuitverkoping! Spaar tot 60%

Besoek ons opruimingsuitverkopingwinkel vir asemrowende aanbiedinge en spaar tot 60%. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Witwarm winskopie van die week! Bespaar R2000 op die Samsung Galaxy SIII

Kry die Samsung Galaxy SIII vir slegs R4999.95. Dit is ontwerp vir die mens, maar geïnspireer deur die natuur. Word binne 24 uur versend. Terwyl voorraad hou. Koop nou!

Dan Brown’s se jongste roman, Inferno

In Dan Brown se nuwe roman, Inferno, is die Harvard-simboolkenner Robert Langdon weer aan die stuur van sake. Dit speel af in die hartjie van Europa, waar Langdon ingetrek word in ’n raaisel rondom een van die geskiedenis se oudste en geheimsinnigste literêre meesterwerke. Die langverwagte roman word vandeesweek uitgereik. Plaas jou bestelling nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.