Oor die bytjies en… worsies

2012-12-16 00:04

Praatjies oor die bytjies en blommetjies was tot onlangs net ’n vae toekomsgedagte. Dít het baie vinnig verander toe ons ná ’n naweek weg die twee woelige worshonde op die stoep gewaar dat hulle vassit. Ja, vassit. Van jy-weet-wat.

Met oë wit van verontwaardiging maal hulle krom voorpote op die stoep se non-slip teëls om verlos te word van die agterlywe se skande.

“Mááá, kom kyk hier!” skreeu Mieke voor ek die stoepgordyne paniekerig toepluk teen dié grafiese toneel. Te laat. Klaar gesien.

“Sy pienk… ” begin Mieke voor ek haar doodpraat: “Mieke, gaan pak jou kamer reg en tap sommer vir julle badwater in.”

“Maar Pappa, wat gaan aan met die honde? Is hulle oukei? Ek wil net seker maak. Wat is fout met hulle? Hulle kry seer, Pappa.”

“Maak oop die gordyne,” sê Lana.

Ek dog ek sterf tien dode en skud my kop woordeloos totdat ek voel hoe klap my ken teen my sleutelbene, net soos daardie hondjie in die agterruit van Koos Das se Pulsar.

“Dit is sommer nou die regte tyd om met hulle te praat.”

“Hulle is te jonk,” protesteer ek floutjies en blosend toe die gordyne weer oopgaan.

“Wat gaan aan met sy piepie?” vra Lila. “Hoe het dit gebeur?” wil Mieke weet. “Ek gaan brood koop,” roep ek oor my skouer.

Ná byna ’n uur sluip ek terug.

“Hoe’t dit gegaan?” vra ek benoud.

“Hulle het vinnig belangstelling verloor, maar darem die algemene strekking verstaan.” Lana is gelate en ek verslae.

“Ek het mooi verduidelik dat dié goed privaat is en dat ’n mens nie daaroor praat nie,” paai Lana my.

Die Maandag toe Lila by haar juffrou kom, kondig sy uitasem aan: “Ons gaan baba-hondjies hê, want ons worshonde het vasgesit!”

Jacques Theunissen is ’n leser, oud-joernalis en sakeman.

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 17-20°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 9-18°C Sunny. Mild. Bfn: 4-22°C Sunny. Mild.
Dbn: 14-28°C Sunny. Warm. PE: 14-22°C Afternoon clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.