Operasanger Runette Botha

2013-02-23 23:01

FOTO: ADAM MCCONNACHIE

Lesersfoto’s Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

 Vanjaar se Standard Bank Jong Kunstenaar het al op driejarige ouderdom in ’n Oosrandse kerk op die dominee se arm gesit en vir die gemeente gesing. Dis 28 jaar later en sy sing steeds, maar nou is dit opera – en op die wêreldverhoog.

Alle Duitsers is dalk nie diewe nie, maar Duitsland het ’n groot talent by ons gesteel. Die 31-jarige Runette Botha, onlangs in die musiekkategorie aangewys as Suid-Afrika se Standard Bank Jong Kunstenaar vir 2013, woon permanent in Kassel, Duitsland. Daar ervaar sy ’n luukse wat min klassieke musikante in Suid-Afrika beskore is: ’n heeltydse betrekking wat haar betaal om te doen wat sy die heel beste doen.

“In Duitsland is ons baie bevoorreg om heeltyds as sangers te kan werk by ’n teater. Dit is ’n wonderlike geleentheid om doodeenvoudig skouer aan die wiel te sit, jou repertoire te leer, ervaring op te doen, en by en saam met ander kollegas te leer.”

En skouer aan die wiel sit sy: Sedert haar aanstelling by die Staatstheater Kassel se operastudio het sy al Musetta in Puccini se La Boheme vertolk, Marzelline in Beethoven se Fidelio, Costanza in La Griselda van Scarlatti en die marmeladeverkoper in Das tapfere Schneiderlein, ’n kinder-opera deur Mitterer. Dis harde werk, dié gesingery.

“Soos atlete daagliks moet oefen, moet ons ook. Ek glo dat ’n stem natuurlik moet ontwikkel en nie gedruk moet word om te veel, te vinnig te sing nie.”

Runette sing al van kleins af – in die kerk op Brakpan, in die Oosrandse kinderkoor en sommer op haar eie by die huis saam met opnames van musiek. Sy onthou spesifiek hoe lekker sy saam met die Empire of the Sun-klankbaan gesing het toe die fliek destyds uitgereik is.

“Die temalied was so mooi, ek het dit oor en oor gesing. My ouers het gedink dis die klankbaan wat speel. Ek dink dit is hoe hulle besef het ek kan sing.”

Sy het eers nie aan sang as ’n loopbaan gedink nie en is na die destydse RAU om rekeningkunde te studeer. Hier het sy in die universiteitskoor en in die koshuis se sêrgroep gesing, en toe besluit om ná haar studies ’n diploma in opera aan die Universiteit van Kaapstad te kry.

“Ek het in ’n konsert in die Baxter-teater in Kaapstad gesing en daar was toevallig ’n vrou in die gehoor wat gevra het of ek daarin sou belang stel om oudisies by die Royal Academy of Music en die Royal College of Music in Londen te gaan doen. Natuurlik het ek ‘ja’ gesê en toe ’n meestersgraad in opera aan die Royal Academy gaan volg.”

’n Dirigent (dief!) van die operastudio in Kassel het haar tydens ’n meestersklas raakgesien en gevra om die volgende jaar by die studio aan te sluit. Die res is opera-geskiedenis en deesdae praat Runette net so vlot Duits soos sy dit sing.

Tog is Runette nie heeltemal vir Suid-Afrikaanse gehore verlore nie. As deel van die Standerd Bank-toekenning gaan sy verskeie uitvoerings en ’n konsert hou by die Nasionale Kunstefees wat later vanjaar in Grahamstad gehou word.

Daarna is dit terug Duitsland toe, waar sy die rol van Governess in Turn of the Screw gaan vertolk.

Maar wag maar, ons sal haar nog terugsteel. Sy’s lief genoeg vir die Wes-Kaap se berge (“My berge!”), ’n goeie Hoëveldse donderstorm en ’n lekker glas rooiwyn om Suid-Afrika op die lange duur die oorhand, of dan die langer vingers, te gee. 

3 VRAE:

Wat is jou droomrol?   
Sophie in Der Rosenkavalier van Richard Strauss.

Wat was tot dusver die hoogtepunt van jou loopbaan?
Toe ek in die Royal Albert Hall tydens ’n galakonsert die verhoog met José Carreras  en Kiri Te Kanawa gedeel het.

Was dit moeilik om Duits aan te leer?
Ek het aanvanklik ’n baie basiese kennis van Duits gehad, maar omdat ons slegs in Duits werk, het ek die taal vinnig aangeleer.

Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 13-17°C Showers late. Afternoon clouds. Cool. Pta: 3-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 6-19°C Sunny. Mild. Bfn: 2-22°C Sunny. Mild.
Dbn: 8-24°C Sunny. Mild. PE: 9-26°C Morning clouds. Pleasantly warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Insurance + Beauty Internal Sales

Centurion
New East Consulting Services (Pty) Ltd
R5 000 - R28 000 Per Month

Sales

Johannesburg CBD
New East Consulting Services (Pty) Ltd
R10 000 Per Month

Cashier

Soweto
Employment Link
R2 500 - R7 500 Per Month

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Tablet Asus Nexus 7'' 3G met 32GB nou R1 999

Kry die Nexus 7”-tablet met Wifi & 3G vir slegs R1 999 en bespaar R500! Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Plaas ’n voorafbestelling vir die Xbox One

Die vermaaksentrum wat jou alles-in-een bied – regstreekse TV, flieks, sosiale netwerke en speletjies. Plaas jou voorafbestelling nou!

Tot 50% afslag op haarsorgprodukte!

Bespaar tot 50% op professionele haarsorgprodukte by kalahari.com. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Nuwe e-boeke beskikbaar!

Maak jou gereed vir ’n lekker leeservaring wat e-boeke insluit soos Good Morning, Mr Mandela; Laaste dans, Drienie; Die brug na Haven en nog baie meer. Koop nou!

Hisense Infinity Prime-slimfoon

Bespaar R1 000 op die Hisense Infinity Prime 1-slimfoon. Nou R1 999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!