Resep: Heleen se groentedis

2012-08-08 15:29

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Maklik, eenvoudig en heerlik: Dié resep van kosskrywer Heleen Meyer is die veelsydigheid self.

Die lekkerste kos is dikwels die eenvoudigste kos. Goeie bestanddele en die regte kombinasie van smake bly die beste resep. Ek het vroeg in my koslewe geleer groente hoef nie altyd net as bygereg op tafel te verskyn nie. Soms kan dit die fokus van die ete wees en die vleis dáárby gekies word.

Hierdie bakplaat vol groente is so ’n gereg. Ek maak dit enige tyd van die jaar. Ons eet ook graag vegetaries en dan is dit ideaal om dit as basis van die ete te berei.

Dis ’n maklike en wonderlik geurige bygereg of maaltyd op sy eie. Sit voor met geroosterde vleis of hoender of roer by gaar pasta en sprinkel parmesaan oor.

Uit Onthoukos (Lapa, R195)

Tamaties, sampioene en uie op  ’n bakplaat

75-100 g dennepitte of gevlokte amandels
2 uie, in wiggies gesny
500-750 g bruin sampioene, in kwarte gesny
250 g kersietamaties
30-45 ml balsamiese asyn
50 ml olyfolie
30-45 ml sagte bruinsuiker
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
’n hand vol vars basilieblare

1 Verhit die oond tot 200°C. Sit die dennepitte of neute op ’n bakplaatjie en rooster vir 5-8 minute of tot net goudbruin; oppas dat dit nie brand nie. Laat afkoel.
2 Pak die uie en sampioene in ’n enkellaag op ’n groot bakplaat. Gooi die asyn en olie oor, strooi die suiker oor en geur na smaak.
3 Meng liggies deur en rooster vir 15-20 minute of tot die groente net sag en goudbruin is. Voeg die tamaties by en rooster nog 10 minute of tot skilletjies net oopbars en die tamaties deurwarm is.
4 Skep op ’n opdienbord, strooi die pitte of neute oor en garneer met basilieblare. Sit warm of teen kamer-temperatuur voor.  

Wyn-idee
Christopher van Dieren, wynmaker van die wynplaas Cloof op Darling, beveel hulle The Dark Side Cabernet Sauvignon/Shiraz 2008 (R45) aan by dié gereg. “Die bessiegeure sal goed werk saam met die gekarameliseerde suiker en uie, en die geroosterde neute sal die spesery-karakter uitlig.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 14-20°C Sunny. Mild. Pta: 12-23°C Mostly sunny. Mild.
Jhb: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Bfn: 4-22°C Sunny. Mild.
Dbn: 17-24°C Haze. Mild. PE: 13-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Management Accountant

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town IT
Market Related

Management Accountant

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town IT
Market Related

Internal Auditor

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town IT
Market Related

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.