Resep: Herman se rooi fluweel-'whoopie pies'

2012-07-14 16:02

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die koswêreld gons op die oomblik oor rooi fluweelkoek – die bloedrooi sjokoladekoek met sy sagte roomkaas-versiersel. My eerste kennismaking daarmee was in Steel Magnolias, die 1989-fliek met Julia Roberts. Die troukoek in dié prent – ’n rooi fluweelkoek – het ’n blywende indruk op my gemaak. Toe dié koek onlangs op ál wat ’n spyskaart is begin verskyn, het ek meer daaroor begin uitvind.

Dit het vier basiese bestanddele: karringmelk, kakao, roomkaas en ’n kleurmiddel. Sommige bakkers verkies om dit met beet te kleur en ander vat die kortpad met koskleursel (ek verkies die kleursel omdat dit ’n baie mooier kleur gee en dit maak niks aan die smaak van die koek nie.) Maar moenie dink rooi fluweel is net vir koek bedoel nie! Gebruik die basisbestanddele om ou gunste-linge vlerke te gee, soos ek hier maak met die whoopie pies. Die resultaat sal jou gaste laat vra vir nog!

• Koop die Augustus 2012-uitgawe van Sarie, wat môre op straat is, vir nog rooi fluweel-resepte, asook ’n tradisionele resep vir rooi fluweelkoek. Besoek www.sarie.com vir nog resepte uit Sarie.

Rooi fluweel-whoopie pies met boks-koek

Jy kan dié resep met ’n koek uit ’n boks maak!

1 x Ina Paarman-sjokoladekoekmengsel
250 ml karringmelk
250 ml sonneblomolie
3 groot eiers
1 x 30 ml-flessie rooi koskleursel
Roomkaasvulsel
120 g sagte botter
240 g versiersuiker, gesif
230 g roomkaas

1 Verhit die oond tot 180?°C. Gooi die inhoud van die boks, die karringmelk, sonne-blom-
olie, eiers en kleursel in ’n groot mengbak. Roer met ’n draadklitser tot glad.
2 Gooi die beslag in ’n spuitsak met ’n 1 cm-tuit. Vul whoopie-panholtes met die beslag of spuit 2,5 cm-sirkels op ’n bakplaat wat met kossproei gespuit is.
3 Bak vir agt tot 12 minute of tot gaar. Laat afkoel. Gooi botter in ’n elektriese menger en klits tot romerig – so vyf tot agt minute. Voeg die versiersuiker en roomkaas by. Meng goed. Skep ’n bietjie versiersel op die helfte van die gaar koekies. Plak elkeen toe met een sonder versiersel.
Sif versiersuiker oor.  


Wyn-idee

Die wyn by nagereg moet netso soet  of selfs soeter wees, soos ’n edel laat-- oes. Probeer een van Fleur du Cap  of Nederburg. – Elona Hesseling

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 14-17°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 3-17°C Sunny. Mild.
Jhb: 2-13°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 1-15°C Sunny. Cool.
Dbn: 9-25°C Sunny. Mild. PE: 12-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Aquarius Suites - Blouberg Strand, Cape Town

Spend 2 nights for R2 710 per person sharing at Aquarius Suites - Blouberg. The special includes accommodation, return flights, airport taxes, car rental and local travel insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Winskopie van die week – kry tot 60% afslag!!

Kry tot 60% afslag op DVD’s, Blu-rays, speletjies en musiek dié week by kalahari.com. Aanbod geldig tot 23 Junie solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Leapster GS Explorer + gratis speletjie

Ervaar al die vinnige aksie, nou met ’n nuwe opwindende ontwerp, wat volgepak is met opvoedkundige elemente vir kinders en kry ’n gratis speletjie. Koop nou!

Asus VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm

Bespaar R1000 op Asus se VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm, dubbelkernverwerker, Windows 8, 2GB RAM en 500GB se bergingsruimte. Afgelewer binne 24 uur + gratis aflewering. Koop nou!

Ashes-krieket 2013

Kry die amptelike video-speletjie van die 2013 Ashes-krieketreeks. Beskikbaar vir Wii U, PS3, Xbox & PC. Vandeesweek beskikbaar. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.