Resep: JENNY & ELINOR SE GEBAKTE VIS

2012-07-07 14:35

Lesersfoto’s Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

In hulle nuwe boek, Japtrap-aandetes, spreek Jenny Kay en Elinor Storkey elke huishouding se behoefte aan vinnige, gesonde, en bowenal lekker etes aan.

Elinor meen: “Mense dink dikwels dis moeilik om vis gaar te maak, maar dié gereg is super-maklik en maak ’n heerlike aandete. Jy kan die kerriepasta na jou smaak aanpas en ook bietjie koljander bysit pleks van pietersielie.

“Wat so lekker is van dié gereg is dat dit heeljaar lank werk – in die winter met geroosterde groente en in die somer met knoffelbrood en slaai.” – Uit Japtrap-aandetes (Struik, R160)

BOEKBONUS  Vyf My Tyd-lesers kan elk ’n eksemplaar van Japtrap-aandetes gratis kry. E-pos* die woord JAPTRAP in die onderwerpveld, jou naam, kontaknommer en pos-adres vóór 16 Julie na mytyd@newmediapub.co.za.
(*Net een inskrywing per persoon.)

VIS MET ’N SPESERY-BOLAAG


4 dik stokvisfilette, ongeveer 100 g elk
10 ml (2 t) seesout
1 ui, grofweg gekap
5 ml (1 t) gekapte
vars knoffel
5 ml (1 t) gerasperde
vars gemmer
30 ml (2 e) Griekse jogurt
30 ml (2 e) kerriepasta
15 ml (1 e) blatjang
125 ml (½ koppie) vars broodkrummels
30 ml (2 e) gekapte
vars koljander
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

1 Verhit die oond tot 180?°C.
Voer ’n bakplaat met foelie en smeer dit liggies met botter.
2 Strooi ’n bietjie seesout oor die visfilette en hou eenkant.
3 Kap die ui, knoffel en gemmer in ’n voedselverwerker fyn. Voeg die jogurt, kerriepasta en blatjang by en pols tot ’n dik pasta. Voeg die broodkrummels, koljander, sout
en peper by en meng goed.
4 Pak die visfilette op die bakplaat en smeer die pasta eweredig daaroor. Bak vir 12-15 minute
of tot die vis deurgaar is.
5 Sit dit voor met geroosterde groente of ’n slaai.  


Wyn-idee
’n Geurige viognier sal perfek pas by dié visgereg se gemmer- en kerriegeure. Probeer De Grendel of Creation s’n. – Elona Hesseling

Lees Rapport se kommentaar beleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 19-24°C Sunny. Mild. Pta: 12-24°C Afternoon clouds. Mild.
Jhb: 10-20°C Afternoon clouds. Mild. Bfn: 8-23°C Morning clouds. Mild.
Dbn: 15-25°C Sunny. Mild. PE: 14-26°C Morning clouds. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Escape winter, head to Mauritius

Escape winter by spending 7 nights in Mauritius' tropical bliss from R13 215 per person sharing. Includes return flights, airport transfers and accommodation.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Gewilde nuwe flieks

Frozen, The Hobbit: The Desolation of Smaug, Thor: The Dark World, Leon Schuster: Schuks! Your Country Needs You en nog baie meer. Koop nou!

25% afslag op topverkoperboeke!

The Real Meal Revolution van Tim Noakes, Jeffrey Archer se Be Careful What You Wish For, Man’s Search for Meaning van Victor E. Frankl en nog baie meer titels. Koop nou!

Baie eiers in een mandjie!

Speletjie-pakkette: 2 Super Hits-speletjies vir R99, 3 Disney-speletjies vir R99 en nog meer + eksklusiewe pakkette vir toebehore – slegs beskikbaar op kalahari.com. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 30% afslag op toestelle & huisware

Bespaar tot 30% op toestelle en huisware dié Paasfees. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Storieman Omnibus 6

Storieman 6 van Leon Rousseau. Beskikbaar 30 April. Plaas jou voorafbestelling nou!

gobii se 7” Kleur LCD e-leser nou R399

Kry kalahari.com se topverkoperproduk vir slegs R399 en kry gratis e-boekkoopbewyse ter waarde van R120. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!