Resep: Koljander-hoendervlerkies

2012-09-21 11:19

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

GENOEG VIR 6 – 8
BEREIDINGSTYD 15 minute
GAARMAAKTYD 65 minute

Dié gereg is die perfekte voorbeeld van die bymekaarkom van kulture, sê Shanaaz. “Ek kom uit ’n Indiese familie en my kosstyl is deeglik vermeng met Suid-Afrikaanse tradisies. In dié gereg kom Suid-Afrika se Portugese erfenis in die vorm van die peri-peri-speserye goed saam met die Indiese tradisie van komyn, gemmer en koljander.”
– Uit Shanaaz’s Real Food: Aromatic Fusion (Human & Rousseau, R220)

* Boekbonus Vyf My Tyd-lesers kan elk ’n eksemplaar van dié kookboek wen. E-pos* die woord SHANAAZ in die onderwerpveld, jou naam, kontaknommer en posadres voor 24 September na mytyd@newmediapub.co.za.
* Net een inskrywing per persoon

Koljander-hoendervlerkies


20 hoendervlerkies
1 kg baba-aartappels
15 ml Cajun-speserye
5 ml peri-peri-poeier
10 ml fyn komyn
15 ml koljandersaadjies, gekneus
10 ml gemmerpasta
15 ml balsemasyn
sout na smaak
45 ml olyfolie
150 ml vrugteblatjang
60 ml bruinsuiker
varsgemaalde swartpeper
150 ml koljanderblare, grofweg gekap

1 Verhit die oond tot 180 oC en spuit ’n oondbak met kleefvrye kossproei.
2 Sit die hoender, aartappels, speserye, gemmerpasta, asyn en sout in ’n groot bak en meng goed.
3 Pak die hoender en aartappels in die oondbak en gooi die olyfolie, blatjang, bruinsuiker en peper daaroor. Strooi die koljander oor en bedek die bak met foelie.
4 Bak in die oond vir 50-60 minute. Verwyder die foelie en sit vir ’n paar minute terug in die oond om te verbruin.
5 Sit voor met geurige rys en ’n slaai van jou keuse.  

WynWenk
Hannes Meyer, witwyn-maker by Simonsig, sê hulle aromatiese Gewürztraminer 2012 (R62) sal perfek wees by dié gereg.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 14-19°C More sun than clouds. Mild. Pta: 9-22°C Sunny. Mild.
Jhb: 9-18°C Sunny. Mild. Bfn: 4-21°C Sunny. Mild.
Dbn: 13-26°C Sunny. Mild. PE: 16-21°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Accountant

Sandton
Communicate Cape Town IT
Market Related

Accountant

Sandton
Communicate Cape Town IT
Market Related

Cost Accountant

Sandton
Communicate Cape Town IT
Market Related

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.