Resepte: Gesonde kitskos

2012-12-09 00:25

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Skyfies, hamburgers en aartappelslaai… daar is maniere om hierdie vakansie-kosse te geniet sonder dat jy dié somer lyf hoef weg te steek. Hannah Lewry deel ’n paar resepte.

1 Groenteskyfies met tzatziki
Groenteskyfies is nie net mooi kleurryk nie, dit sal ook jou skyfie-lus op ’n gesonde manier bevredig.

Bestanddele
Skyfies
1 groot patat, geskil
2 wortels, skoongemaak
1 klein botterskorsie, geskil
4 bete, skoongemaak en geskil
olyfolie

Tzatziki

’n halwe komkommer, gerasper
250 ml gewone laevet-jogurt
½ knoffelhuisie, gerasper
sap van ’n halwe lemoen

Aanwysings
Skyfies
Gebruik ’n groenteskiller en sny linte langs die lengte van die patat, wortels en botter-skorsie. Sny die beet met ’n skerp mes in dun snye. Pak die groente op ’n bakplaat, drup olyfolie oor, geur met seesout en rooster vir 30 minute tot bros.
Tzatziki
Druk die komkommer liggies in kombuispapier om van oortollige vloeistof ontslae te raak. Meng die komkommer goed met die res van die bestanddele en voeg sout en peper na smaak by. Gebruik as doopsous vir die groente.
Genoeg vir vier, as versnapering.

2 Tuisgemaakte kaasburgers
Gebruik maer maalvleis om die kalorieë te sny, en ’n eiergeel om die vleis te bind eerder as broodkrummels.

Bestanddele
500 g ekstra-maer beesmaalvleis
30 ml vars koljander, fyngekap
½ ui, fyngekap
15 ml Dijon-mosterd
1 eiergeel
15 ml olyfolie
gerasperde Gruyere-kaas
  na smaak
1 rooi-ui, in dun skywe gesny
4 volgraan-hamburgerrolletjies
vars roket
tuisgemaakte hamburgersous
  (resep hieronder)

Aanwysings
Meng die maalvleis, koljander, ui, mosterd en eiergeel in ’n bak en geur met sout en peper. Meng goed, verdeel en vorm in vier vleiskoekies. Sit die vleiskoekies vir 30 minute in die yskas sodat hulle nie uitmekaar val nie. Braai oor ’n matige tot hoë hitte vir agt minute aan ’n kant. Strooi kaas oor en sit in ’n warm oond tot die kaas begin smelt. Maak nou die hamburgers met die rolletjies, vleiskoekies, rooi-uie, hamburger-sous en roket. Genoeg vir vier.

Hamburgersous

Meng 30 ml elk tamatiesous, blatjang en mayonnaise.

WYNWENK
Two Oceans se Quay 5-wyne (daar’s ’n rosé, wit- en rooi-versnit, teen R28 by winkels soos Pick n Pay) het aansienlik minder kalorieë as gemiddelde plaaslike wyne
en ’n alkohol-inhoud van net 5,5%.

3 ‘Maerder’ aartappelslaai
Jy kan dié slaai met ’n eet-lepel mayonnaise maak, maar probeer dit eers net met die jogurt en kyk hoe lekker is dit!

Bestanddele
500 g baba-aartappels,
  skoongemaak
125 ml gewone laevet-jogurt
½ knoffelhuisie, gerasper
15 ml suurlemoensap
2,5 ml Dijon-mosterd
½ rooi-ui, fyngekap
4 sprietuie, fyngesny

Aanwysings
Sit die aartappels in ’n pot met koue soutwater, verhit tot kook-punt en kook vir 8 tot 10 minute tot jy ’n mes maklik deur die aartappels kan druk. Dreineer, sny middeldeur en laat effens afkoel. Meng die jogurt, knoffel, suurlemoensap en mosterd en geur na smaak. Gooi die mengsel oor die aartappels, meng deur, strooi die uie oor en sit voor met varsgemaalde swartpeper.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 11-17°C High level clouds. Cool. Pta: 7-20°C Sunny. Mild.
Jhb: 5-17°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 4-18°C Sunny. Mild.
Dbn: 11-24°C Sunny. Mild. PE: 11-18°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Aquarius Suites - Blouberg Strand, Cape Town

Spend 2 nights for R2 710 per person sharing at Aquarius Suites - Blouberg. The special includes accommodation, return flights, airport taxes, car rental and local travel insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Winskopie van die week – kry tot 60% afslag!!

Kry tot 60% afslag op DVD’s, Blu-rays, speletjies en musiek dié week by kalahari.com. Aanbod geldig tot 23 Junie solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Leapster GS Explorer + gratis speletjie

Ervaar al die vinnige aksie, nou met ’n nuwe opwindende ontwerp, wat volgepak is met opvoedkundige elemente vir kinders en kry ’n gratis speletjie. Koop nou!

Asus VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm

Bespaar R1000 op Asus se VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm, dubbelkernverwerker, Windows 8, 2GB RAM en 500GB se bergingsruimte. Afgelewer binne 24 uur + gratis aflewering. Koop nou!

Ashes-krieket 2013

Kry die amptelike video-speletjie van die 2013 Ashes-krieketreeks. Beskikbaar vir Wii U, PS3, Xbox & PC. Vandeesweek beskikbaar. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.