SKA-terrein-bodbestuurder Adrian Tiplady

2013-02-02 23:25

Adrian Tiplady | FOTO: INGA HENDRICKS

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Hy is een van die groot rolspelers in Suid-Afrika se suksesvolle bod om die grootste deel van die SKA-teleskoop te huisves, maar dit was so byna-byna of hy’t eerder voor ’n simfonie-orkes gestaan.

Wat was jou toekomsdrome as kind?
Ek wou met alle geweld ’n akteur word, maar my pa het my eendag voor hom sitgemaak en verduidelik dat 95% van akteurs werkloos is. Toe besluit ek om maar eerder ’n regisseur te word. Ek is ook baie lief vir musiek en op hoër skool wou ek ’n dirigent word. Ek is universiteit toe met planne vir ’n loopbaan in musiek en het eers net fisika as addisionele vak gekies, maar toe besluit om aan te bly en my PhD te voltooi.

Het jou veelsydigheid dit moeilik gemaak om uiteindelik ’n loopbaan te kies?

Ja, dit was moeilik, maar sedert ek genader is om deel van die SKA-projek te wees het alles eintlik vanself gebeur. Dit is so interessant om aan ’n projek te werk wat nasionale en internasionale impak het. Ek weet nie hoe ek dit sou doen as ek vir ’n werk moes aansoek doen nie, want ek kan myself nie in ’n stereotipiese werk-profiel klassifiseer nie.

Wat behels jou werk op ’n daaglikse basis?
Ek is al van die begin af nóú betrokke by Suid-Afrika se bod vanweë my gekombineerde agtergrond in wetenskap en ingenieurswese. Voor die bod--aankon-diging was ek meestal besig met die bod-voorlegging, wat alles behels het van die teleskoop se ontwerp tot die regs-prosedures in ander lande wat ook by die projek betrokke is. Deesdae moet ek die SKA in Suid-Afrika ’n werklikheid maak. Ek werk ook daaraan om ’n bewaringsgebied in die Noord-Kaap tot stand te bring vir radio-astronomie.

Wat is die grootste uitdaging wat voorlê noudat die bod aan Suid-Afrika toegestaan is?
Die feit dat dit ’n internasio-nale projek is waarby soveel lande betrokke is, bring interessante uitdagings. Verder is die loutere kompleksiteit van die projek soms angswekkend: Die tegnologie wat nodig is om die teleskoop te bou word nog ontwikkel en sal waarskynlik eers teen 2019 beskikbaar wees. En dan moet dit nog gebou word…

Waarom is hierdie projek so belangrik vir Suid-Afrika?

Die projek is van universele belang omdat dit fundamentele vrae oor die natuurwette kan help beantwoord, maar vir Suid-Afrika is daar ooglopende geleenthede soos die infrastruktuur wat gebou moet word. Die indirekte impak sal egter nog groter wees: om op dié manier deel te neem aan die globale kennismark is op die lang duur belangrik vir ons ekono-mie. Hulpbronne soos goud en minerale gaan opraak, en ons sal intellektuele kapitaal moet begin uitvoer. ’n Projek soos dié sal jongmense opgewonde maak oor wetenskap en tegnologie – só belangrik in ’n land wat uitgehonger is vir gekwalifi-seer-de wetenskaplikes en ingenieurs. Dit sal die land posisioneer as ’n lewensvatbare bestemming vir belegging en tegnologie.

Hoe hanteer jy die druk wat met jou posisie gepaard gaan?

Ek probeer om vol selfvertroue te wees – maar nie arrogant nie. Ek het al geleer dat ek selfs in situasies waar ek nie veel weet nie op my instink kan vertrou. Maar ek huiwer nie om te vra as daar iets is wat ek nie verstaan nie. My motto is: Bly kalm en stres wanneer jy by die huis kom!  

Wie sou kon raai?

Adrian (34) speel die saxofoon. Hy het sy graad in musikologie en komposisionele tegniek met lof geslaag en het al jazz en klassieke musiek by internasionale musiekfeeste gespeel.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 13-21°C Sunny. Mild. Pta: 12-24°C Mostly sunny. Mild.
Jhb: 11-19°C Mostly sunny. Mild. Bfn: 5-22°C More sun than clouds. Mild.
Dbn: 17-24°C Haze. Mild. PE: 12-20°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.