SO IS DIE LEWE: Is jy ’n inbeller?

2012-07-07 14:35

Ek is nie ’n inbeller nie.

Nie onder my eie naam óf as Anoniem van Kaapstad nie.

Ek is bang ek reageer net so emosioneel soos die inbellers, wat my frustreer of soms eenvoudig woedend laat. Dus is my strategie om liefs af te skakel: die radio of myself. Maar iets moet af.

As ek daarom op ’n dag hierdie selfopgelegde roetine om een of ander rede ophef, sit ek met ’n dubbele frustrasie: Met een of ander welluidende inbeller én met myself, dat ek wél so emosioneel reageer soos wat ek my voorgeneem het om nie te doen nie.

Want natuurlik sou ek die dag wanneer ek die foon optel en inbel my punt duidelik en onemosioneel stel. Die program sou trouens net daar kon eindig. Speel musiek vir die oorblywende deel van die uur, want in my bondige, weldeurdagte, onemosionele reaksie het ek immers die kwessie ter tafel ontleed, die feite puntsgewys blootgelê en die korrekte gevolgtrekking gemaak.

Beelde van Die Anatomie-les van Dr. Nicolaes Tulp van Rembrandt kom by my op. Of Quincy (gespeel deur Jack Klugman) of Benjamin Black (eintlik John Banville) se Dr. Quinn.

Ek is dalk iesegrimmig, of eksentriek, of ’n warkop. Maar kom dit by die ontleed van feite? So skerp soos al drie genoemde karakters se skalpels.

Daarom dan dat ek dié betrokke oggend ook, soos die program se deelnemers op die lug kom, hulle hard en duidelik met die feite antwoord. Selfs die kat het beïndruk gelyk. En toe my bloed digby die 100oC draai, was daar geen keer meer nie. Dit was my oomblik.

Met die selfoon in my hand wag ek vir iemand aan die ander kant om op te tel.

“Praat saam, môre?” klink die goed gemoduleerde stem.

Stilte.

Toe: “E... uh... ah.” Die skalpel rol onder die koffietafel in… 

Frieda le Roux is ’n vryskutjoernalis en toekomskundige.





Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 10-17°C Partly cloudy. Mild. Pta: 5-19°C Sunny. Mild.
Jhb: 3-16°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 1-17°C Sunny. Mild.
Dbn: 12-23°C Sunny. Mild. PE: 11-18°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Aquarius Suites - Blouberg Strand, Cape Town

Spend 2 nights for R2 710 per person sharing at Aquarius Suites - Blouberg. The special includes accommodation, return flights, airport taxes, car rental and local travel insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Winskopie van die week – kry tot 60% afslag!!

Kry tot 60% afslag op DVD’s, Blu-rays, speletjies en musiek dié week by kalahari.com. Aanbod geldig tot 23 Junie solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Leapster GS Explorer + gratis speletjie

Ervaar al die vinnige aksie, nou met ’n nuwe opwindende ontwerp, wat volgepak is met opvoedkundige elemente vir kinders en kry ’n gratis speletjie. Koop nou!

Asus VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm

Bespaar R1000 op Asus se VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm, dubbelkernverwerker, Windows 8, 2GB RAM en 500GB se bergingsruimte. Afgelewer binne 24 uur + gratis aflewering. Koop nou!

Ashes-krieket 2013

Kry die amptelike video-speletjie van die 2013 Ashes-krieketreeks. Beskikbaar vir Wii U, PS3, Xbox & PC. Vandeesweek beskikbaar. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.